Page 1 of 1

Naand sê

Posted: Tue Aug 26, 2014 2:59 am
by Albert84
Naand sê almal,

Lyk my ek het nou die regte forum gekry, dinge lyk lekker besig hier en n oorvloed van kennis.

In die maande met n "r" in skiet ek meestal vis, jag so veel as moontlik in die Winter en tussen deur is dit baan en klei skiet.

Groete uit die Tsitsikamma,
Albert

Re: Naand sê

Posted: Tue Aug 26, 2014 3:32 am
by Heinz Petersen
Welkom Albert.
Ja hier hou die manne en vroue mekaar op hul tone. Net sodra jy dink jy weet baie van n ding dan is daar weer iemand
wat iets bylas.
Waarmee jag jy?

Re: Naand sê

Posted: Tue Aug 26, 2014 7:04 am
by tripodmvr
Jy kies toe laataand om ons te bekruip. Welkom. Kom gesels en vertel watter grootte gate in pype is jou voorkeur en waar jag jy.

Re: Naand sê

Posted: Tue Aug 26, 2014 1:17 pm
by Albert84
Middag,

Ja, ek was net klaar gewerk gewees daai tyd.

Op land skiet ek met: Ruger M77 223; Tikka T3 30-06; Remington700 375 en Franchi O/U 12br
Onder die water met Rob Allen pyl gewere van 90cm tot 140cm
Een mal n jaar vat ek die lang pad Alldays toe en verder jag ek maar naby die huis.

Dankie vir die belangstelling in nuwe lede, dit laat mens sommer tuis voel.

Lekker dag.
Albert

Re: Naand sê

Posted: Wed Aug 27, 2014 10:58 am
by jamalley
Welkom Albert, hoop jy geniet dit baie

Re: Naand sê

Posted: Wed Aug 27, 2014 9:30 pm
by Jacquesb
Welkom Albert
Jy gaan die forum geniet.

Groete

Re: Naand sê

Posted: Thu Aug 28, 2014 11:04 pm
by Karoo Klong
Welkom Albert

Ook maar nuut en geniet dit alreeds.

Groete