Page 1 of 1

Grootbek Gele eerste vir seisoen en eerste vir nuwe stok

Posted: Mon Aug 25, 2014 2:19 pm
by jaracal
Ek was gelukkig genoeg om die naweek wat verby is my nuwe stok te gaan uit toets. Die St Croix - Bank Robber - wat gebou is om groot "streamers" te hanteer het baie goeie "backbone" en het die 15lbs gele my nie te veel laat "worry" nie. Ek kon egter voel dit was 'n grote met die wegtrek maar het die stok die vis baie goed hanteer. Dan moet ek ook byse^ dat die "drag system" op die 3-Tand T50 katrol baie dit maklik maak om sulke visse te hanteer. Die kombinasie van die stok en katrol is iets besonders. Die stok gooi baie gemaklik en die katrol is van die beste waarde vir geld wat ek nog gesien het.



Groetnis

Heinrich

Re: Grootbek Gele eerste vir seisoen en eerste vir nuwe stok

Posted: Mon Aug 25, 2014 2:41 pm
by Sarel
Baie mooi vis !!

Re: Grootbek Gele eerste vir seisoen en eerste vir nuwe stok

Posted: Mon Aug 25, 2014 2:47 pm
by henried
Besonders!!!!
Baie geluk.

Re: Grootbek Gele eerste vir seisoen en eerste vir nuwe stok

Posted: Mon Aug 25, 2014 2:50 pm
by FCLoretz
Baie mooi Oom Hein. Wanneer kan ek en Henrie kom visvang?

Re: Grootbek Gele eerste vir seisoen en eerste vir nuwe stok

Posted: Mon Aug 25, 2014 4:34 pm
by Proudprado
Sjoe dis 'n mooi vis.

Re: Grootbek Gele eerste vir seisoen en eerste vir nuwe stok

Posted: Mon Aug 25, 2014 5:35 pm
by jaracal
Dankie, sal later bietjie meer skryf oor die vliee" en metodes wat ek gebruik.
groete
Heinrich

Re: Grootbek Gele eerste vir seisoen en eerste vir nuwe stok

Posted: Tue Aug 26, 2014 8:19 am
by Carl
Heinrich,
Ek het gisteraand gekyk, prag vis daardie. Dit is verblydend om te sien hulle oorleef steeds. Ek hoop almal sien hoe goed jy die vis hanteer, nie minute buite die water en gevat met hande en en.
(Ek hou van die klamte in jou stem as jy vra vir die net ;) ek sou bietjie meer dringend en aanhoudend wees! )
Dankie vir die deel met ons.

Re: Grootbek Gele eerste vir seisoen en eerste vir nuwe stok

Posted: Tue Aug 26, 2014 8:29 am
by G-force
Baie mooi vis daai Oom H,baie geluk!

Re: Grootbek Gele eerste vir seisoen en eerste vir nuwe stok

Posted: Tue Aug 26, 2014 8:32 am
by Boskamper
Daai manne is maar skaars, baie mooi, "my tone krul vir jou part"