Page 1 of 1

VIXEN Optics

Posted: Wed Aug 20, 2014 9:08 am
by Sangoma (IAN)
Het julle manne al met hierdie scopes gewerk?

Ek sien Camdix verkoop hulle teen goeie pryse.

Lyk nie te sleg nie. Die 2.5-15x50 laat my baie aan n Lynx LX2 dink. Eks amper seker hulle kom uit dieselfde fabriek uit...?

Re: VIXEN Optics

Posted: Wed Aug 20, 2014 9:11 am
by gs23139
Ek het gaan kyk na hulle, ek het self die 2.5-15x50 lynx en hulle kyk baie dieselfde.

Re: VIXEN Optics

Posted: Wed Aug 20, 2014 9:25 am
by Capt. Yoda
Ja ek het ook na die 2.5-15 gekyk en het ook dadelik aan Lynx gedink.

Re: VIXEN Optics

Posted: Wed Aug 20, 2014 6:07 pm
by Steppenwolf
Het Vrydag gaan inloer en ek moet se die scopes is baie smart. As ek nou in die mark was vir n scope, is die Vixon my keuse.

Re: VIXEN Optics

Posted: Wed Aug 20, 2014 7:45 pm
by Spanner
Ek sien daar word beweer dat die scopes in dieselfde klas is as Swarovski, Zeiss en Nightforce ! Dis nogal 'n windgat stelling om te maak. Ek het geen ervaring van die scopes nie, in teendeel, ek het nog nie van hulle gehoor nie, so ek sal waardeer as iemand met ervaring of kennis 'n opinie kan gee. Die prys lyk baie goed, maar ek weet nie wat jou geld vir jou gaan koop nie ...

Re: VIXEN Optics

Posted: Wed Aug 20, 2014 8:05 pm
by Alwin
Kom ek gee maar my mening. Maar dis presies net dit, my mening.

Die ouens in Japan wat die lense vervaardig, maak lense vir baie fabrikate. Dit sluit ook die beter europese fabrikate in. Maar dit beteken nie al die lense is dieselfde kwaliteit nie! Jy kry waarvoor jy betaal. Jy kan nie 'n R1000 teleskoop maak, met R5000 se lense in nie. En die lense is die duurste komponent in goeie teleskope.

Maar dit betaal om soms twee teleskope te vergelyk, deur na 'n voorwerp deur beide te kyk. En as hulle dieselfde duidelike beeld kan gee in die dag, toets maar ook in swak lig.

Dit is heel moontlik, dat 2 (of meer) verskillende handelsmerke, uit dieselfde fabriek kom. Die persoon wat die bestelling plaas, kies die spesifikasie, wat die prys bepaal. Al lyk hulle eenders, is dit nie noodwendig presies dieselfde binnegoed nie. Maar die verspreider, wat sy naam op die produk laat sit, kan soveel wins bylas, as wat hy dink sy kliënte wil betaal. Sommige van die ekstra winste, gaan in naverkoopdiens in. Iemand moet seker vir daardie goeie diens ook betaal?

Daarom, kyk mooi en kies versigtig. Maar met Camdix se reputasie (ek ken die mense al vir meer as 20 jaar), sal ek nie huiwer om so 'n teleskoop daar te koop nie. As daar probleme kom, en goeie teleskope kan ook soms probleme gee, sal hulle jou met 'n glimlag uitsorteer.

Re: VIXEN Optics

Posted: Thu Aug 21, 2014 7:30 am
by J le Roux
Ek sein dis 'm Japanese maatskappy wat al 60 jaar in bedryf is. Hulle fokus meestal op optiese glas, teleskope, mikrosope ens. Ek vertrou hulle sal kwaliteit vervaardig.

Re: VIXEN Optics

Posted: Thu Aug 21, 2014 8:22 am
by andre007
Het nou op hulle webtuiste geloer, hulle lyk heel goed, kan iemand vir ons n paar pryse kry?

Re: VIXEN Optics

Posted: Thu Aug 21, 2014 8:52 am
by J le Roux
Het vir jou gestuur:

Van R4000 vir Vixen ® VI 4-16x44 Mil-Dot / Duplex to R8800 vir Vixen ® VII 6-24x58 Mil-Dot / Duplex, by ons vriende in Krugersdorp.

Re: VIXEN Optics

Posted: Thu Aug 21, 2014 9:29 am
by Capt. Yoda
Vixen is al baie jare in die "sterre kyker scope" besigheid en wat ek al gehoor het is die mense baie gelukkig met hul.

Re: VIXEN Optics

Posted: Thu Aug 21, 2014 9:42 am
by andre007
Johan. E pos ontvang, baie dankie.

Re: VIXEN Optics

Posted: Sun Aug 31, 2014 10:34 pm
by acssa
Snaaks hoe die lewe werk... my pa het jare terug n S&B op sy geweer gesit... toe hy gekoop het was die scope meer as 2x die prys van die geweer... na baie gesukkel het on die scope afgehaal en in gevat... toe moes die scope oorsee... 4+ maande later was die scope terug. n Plaas boer kan mos nie sonder n geweer wees vir 4 maande nie... sit toe n goed koop Made in JAPAN scope op.
Daai scope is nog steeds op na al die jare... vir my is die belangrikste op n scope hy moet sy zero kan hou. Die glass is seker 3 of 4 trappe onder toe...

Re: VIXEN Optics

Posted: Fri Sep 19, 2014 11:56 pm
by BenG
Ek was nog altyd 'n Lynx gebruiker. Het nou die dag die Vixen bekyk en is vreeslik beindruk.

Re: VIXEN Optics

Posted: Sat Sep 20, 2014 9:32 pm
by tgg
klink goed