Boland Ope 2014
Posted: Tue Aug 19, 2014 9:56 pm
Hallo skiet vriende
Ek wil namens Boland JSV vir julle net herinner aan die Boland Ope 2014 wat die 13 September 2014 in Robertson plaasvind. Boland JSV in samewerking met Kaapjag Wynland, gaan vir julle weer 'n uitstekende skiet aanbied in die hartjie van die Boland en nooi alle skuts van Oos, Wes, Noord en Sentraal om te kom deelneem. Ons vriende daar uit Namibia moet ook sommer in daardie cruizers spring en die wyn kom oplaai op pad terug van die skiet.
Daar is beperkte veld en julle sal moet gou skarrel om in te skryf voor dit vol skryf is. Laas toe hulle gekyk het was daar reeds 107 inskrywings en maar nog nie veel ouens van buite.
Robertson is bekend vir sy uitstekende wynplase en bied jaarliks die groot Wacky Wine fees aan met 30,000+ besoekers. So daar is baie uitstekende gastehuise en verskeie ander tiepe akkommodasie. Kontak maar net die Robertson se toeriste buro deur http://www.robertsonr62.com/ of skakel by Tel: (023) 626 4437 of epos hulle by info@robertson.org.za.
Ons sien regtig uit daarna om weer lekker skiet stories te deel en natuurlik vir julle opdraande te gee op die skietbaan. Die Kaapse manne gaan nie maklik vir julle besgee nie so julle sal julle beste ladings moet saambring en daardie lope blink poets.
Groete
Conrad de Does
WP en Boland JSV
Sekretaris