Page 1 of 1

Skopecam

Posted: Tue Aug 19, 2014 10:54 am
by Hugo
Het iemand al hierna gekyk,

http://skopecam.com/

Ek dink dit is nogal cool, eks net ongemaklik dat mens op jou iphone moet kyk om te mik, maar dalk is dit goeie ding vir seker skuts.

Re: Skopecam

Posted: Tue Aug 19, 2014 11:04 am
by Beer (Christo)
Ek dink ook dis 'n cool gadget. Sien S&O adverteer die:
http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... r_for_ts82

Ek hou daarvan om die impak skote op wild te sien - nie omdat ek wreedagtig is nie. Net om die diere se gedrag dop te hou as jy 'n goeie skoot skiet vs minder goeie skoot.

Re: Skopecam

Posted: Tue Aug 19, 2014 11:06 am
by Hugo
Maar dan moet hulle die ding bietjie inbring vir ons.

Of waars is Dolph van Rudolh optics, hy kan mos n local version bou vir ons?

Dolph, Stefaans?

Re: Skopecam

Posted: Tue Aug 19, 2014 11:25 am
by Beer (Christo)
Het nou die dag soortgelyke gesprek op Facebook gesien

Www.iscope.com was ook een van die sites wat hulle genoem het. Ek het dit op YouTube gesoek. Daar was 'n video van iemand wat dit gebruik het om sy 7mm rem mag- die kamera het los gekom met die recoil. Sal seker beter werk op die gunne wat minder skop

Re: Skopecam

Posted: Tue Aug 19, 2014 11:39 am
by Piet Pille
Hoe hou jy die geweer vas met die scopecam gemonteer?
"gewone" skietposisie/cheekweld sal seker nie werk nie...... sit jy die kolf nogsteeds in jou skouer maar hou jou kop "regop" weg van die kolf af sodat jy op die screen kan kyk?
Indien wel wonder ek hoe akkuraat mens so sal kan skiet?

Re: Skopecam

Posted: Tue Aug 19, 2014 11:41 am
by Hugo
Ja check die videos, jy tel jou kop op, hulle kap hase op redelike ver afstande so.

Re: Skopecam

Posted: Tue Aug 19, 2014 1:32 pm
by Capt. Yoda
Meeste ouens gebruik daai scope cam op n spotting scope en dan record hulle die jag/skiet so deur die spotting scope en nie deur die geweer se scope nie.Met n PCP lug geweer werk hy nogals mooi op die geweer veral as jou foon in die aand kan video's neem en jy soek n rot of 2.