Page 1 of 1

So werk die Zero Stop op n Zeiss Conquest HD 5 -25 x 50

Posted: Sun Aug 17, 2014 9:35 pm
by Piet Breedt
Ek sien n klomp van my vriende, sowel as n hele paar manne hier op die forum het al gesukkel met die Zero Stop funksie van Die Zeiss scopes. Ek weet van manne wat al hul scopes ge "shim" het hom laer te laat skiet, veral as hulle n 20 MOA rail op gesit het.

Hy werk eintlik baie eenvoudig en hier is so paar fotos om dit te demonstreer.

Stap 1:

Haal die turret af

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/ZeissZeroStop012_zps172b3a85.jpg


Lig ringetjie wat Zero stop skroefie bevat uit. Party het so bietjie hulp van n klein skroewedraaiertjie nodig om los te kom, ander lig weer sommer met die vingers uit.

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/ZeissZeroStop003_zps0f3f76c8.jpg

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/ZeissZeroStop002_zpsafdad423.jpg

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/ZeissZeroStop005_zps72595128.jpg

Re: So werk die Zero Stop op n Zeiss Conquest HD 5 -25 x 50

Posted: Sun Aug 17, 2014 9:52 pm
by Piet Breedt
Plaas ringetjie terug sodat die splines weer in mekaar skakel met die zero skroefie verder weg van die stop skroef af. Stel die zero totdat jy tevrede is jou scope skiet op die verlangde hoogte, en lig dan weer die ringetjie uit, en druk hom weer in die splines in, met die zero skroefie teenaan die stop skroef bo op die turret ring.

So lyk die ringetjie aan die onderkant:

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/ZeissZeroStop010_zpsc6f2d82e.jpg

En so lyk die ringetjie aan die bokant

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/ZeissZeroStop006_zpsf7e0d1ca.jpg

As die ringetjie op sy plek is met die zero stop teenaan die stop skroef, kan die turret weer op sy plek gesit word, en die turret skroef vasgemaak word.


http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/ZeissZeroStop004_zps35934cb5.jpg

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/ZeissZeroStop001_zpsddab5f6a.jpg

http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/ZeissZeroStop012_zps172b3a85.jpg


Indien jy baie lang afstande wil skiet wat meer as een omwenteling van jou turret verg, kan die zero stop skroefie heeltemal verwyder word. Dit sal jou meer as genoeg verstelling gee vir daai lang skote.

Hoop dit help

Re: So werk die Zero Stop op n Zeiss Conquest HD 5 -25 x 50

Posted: Mon Aug 18, 2014 7:37 pm
by acssa
Dankie Piet (Oom Piet)
Ek het n baie mooi 20 MOA rail verkoop hieroor. Die boek wat jy saam kry se niks van die goed nie. Wil ook nie dinge doen en my waarborg verloor nie.

Dankie weereens vir die mooi photos!
Jacques

Re: So werk die Zero Stop op n Zeiss Conquest HD 5 -25 x 50

Posted: Mon Aug 18, 2014 7:50 pm
by JPS
Daarshy Acsa,

Daar is daai Zeiss van jou gesort.

Geniet hom is baie lekker scope. Goeie verduideliking met foto's oom Piet.

Re: So werk die Zero Stop op n Zeiss Conquest HD 5 -25 x 50

Posted: Tue Aug 19, 2014 8:56 am
by Piet Breedt
Jacques, koop maar weer n 20MOA rail en geniet jou Zeiss op die lang afstande

Re: So werk die Zero Stop op n Zeiss Conquest HD 5 -25 x 50

Posted: Mon Aug 25, 2014 1:07 pm
by OupaZA
Baie dankie,

Wag vir my geweer, maar het kla 'n HD gekoop.. gewonder waar ek gaan uitvind om dit te doen!

as mens hom op 100m zero, en jy skiet dan op 300m kyk jy op wat se nomer jou turret zero en plak dan ma 'n sticker of ietsi om die nomers te onthou vir die verskilende afstande?

Groete

Re: So werk die Zero Stop op n Zeiss Conquest HD 5 -25 x 50

Posted: Sun Jan 25, 2015 9:17 pm
by Pappabeer
maxboostsa1 wrote:
Hier is die Howa 6.5x55 met Zeiss HD5 5-25x50 Varmint scope en n Huntbuddy Silencer.

Image
Image
Image


Dagse,

Hoop jy kan my dalk help... weet jou hoe stel mens die Zero Stop op die HD5 5x25x50? Het scope van vriend help instel, turrets gezero (Scroefie net los gemaak en als op 0 gesit). Wou die naweek bietjie geweer se bene strek ma kon net 5moa stel dan steek die turrets (kon wel 11.5moa die scope afraai ??? ) vas en kon ok net 3 moa Links op windage verstel in een rigting en omtren 12 moa regs...

Die handelaar in Welkom waar hy die scope gekoop het het nie die boekie saam gegee nie...

Groete,
Petrie

Hier is die Link. Dit behoort vir jou te verduidelik hoe hy werk.