Page 1 of 1

.308 subsoniese lading

Posted: Sun Aug 17, 2014 6:58 pm
by Danie Nortje
Goeie naand. Kan iemand asb bietjie raad gee vir n subsiniese lading vir .308 Winchester? Dit is bedoel om met n knaldemper gebruik te word. As dit die moeite werd is gee asb bietjie iedees.

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Sun Aug 17, 2014 8:10 pm
by tripodmvr
Die onderwerp is al baie bespreek. gebruik die "search" funksie.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... subsoniese

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Sun Aug 17, 2014 8:21 pm
by Pvdw
Danie begin op so 13gr S221. Laai af in 0.3gr inkrimenye en crony elke skoot. Ek vermoed dat jy so rondom 9-10gr gaan regkom.

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Sun Aug 17, 2014 9:56 pm
by wlm
Ek het Lapua subsoniese ladings. Hulle is gelaai met 220 gr. koeels. Ek aanvaar dat swaarder koeels makliker subsonies gelaai word.

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Sun Aug 17, 2014 11:54 pm
by Francoisv
Hailstormza.co.za verkoop subsonics/308

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Mon Aug 18, 2014 7:04 am
by BRNO (Pierre)
Danie Nortje wrote:Goeie naand. Kan iemand asb bietjie raad gee vir n subsiniese lading vir .308 Winchester? Dit is bedoel om met n knaldemper gebruik te word. As dit die moeite werd is gee asb bietjie iedees.
Kan jy asb se wat jy bedoel met die feit dat dit met n knaldemper gebruik gaan word? Hoekom wil jy dit enigsins doen m.a.w.?

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Mon Aug 18, 2014 7:56 am
by vriell
BRNO (Pierre) wrote:
Danie Nortje wrote:Goeie naand. Kan iemand asb bietjie raad gee vir n subsiniese lading vir .308 Winchester? Dit is bedoel om met n knaldemper gebruik te word. As dit die moeite werd is gee asb bietjie iedees.
Kan jy asb se wat jy bedoel met die feit dat dit met n knaldemper gebruik gaan word? Hoekom wil jy dit enigsins doen m.a.w.?
Pierrie,As ek mag antwoord.Subsonies beteken nie dat daar geen hoorbare geluid uitkom nie.Dit beteken net dat die spoed onder die klank spoed is en dat daar tog 'n hoorbare knal waargeneem kan word en as so 'n lading"spoed" dan deur 'n knaldemper geskiet word sal die hoorbaarheid baie meer afneem as sonder knaldemper.

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Mon Aug 18, 2014 8:14 am
by BRNO (Pierre)
vriell wrote:
BRNO (Pierre) wrote:
Danie Nortje wrote:Goeie naand. Kan iemand asb bietjie raad gee vir n subsiniese lading vir .308 Winchester? Dit is bedoel om met n knaldemper gebruik te word. As dit die moeite werd is gee asb bietjie iedees.
Kan jy asb se wat jy bedoel met die feit dat dit met n knaldemper gebruik gaan word? Hoekom wil jy dit enigsins doen m.a.w.?
Pierre,As ek mag antwoord.Subsonies beteken nie dat daar geen hoorbare geluid uitkom nie.Dit beteken net dat die spoed onder die klank spoed is en dat daar tog 'n hoorbare knal waargeneem kan word en as so 'n lading"spoed" dan deur 'n knaldemper geskiet word sal die hoorbaarheid baie meer afneem as sonder knaldemper.
Vriel, dit verstaan ek so, maar hoekom sou jy dit wil doen? As ek reg is gaan jy nou n koeel teen minder as 1125fps skiet. Gaan jy die koeel gebruik vir jag? Oes? Indian minas in jou agterplaas? Indien wel vir jag, watse koeel gaan jy teen die spoed skiet? Nosler byv., begin eers werklik mushroom teen 1900fps?

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Mon Aug 18, 2014 8:57 am
by vriell
Pierre , ek is nie seker wat hy beoog met die subsoniese lading nie maar sal seker kom verduidelik.Dalk bedoel hy maar net "sagter" stadiger ladings wat steeds effektief kan doodmaak op 100m . Ek skiet bv 'n 165gr teen 1284fps en is dodelik op 100m wat doodmaak vermoeens betref op kleiner wild en dan is die knal deur knaldemper sagter as .22 en die recoil ook omtrent niks.Ek laai die soort ladings spesifiek om my kleinkind met 'n "groot" geweer te laat skiet sodat hy gewoond kan raak daaraan en skiet met gemak my 30-06 met bogenoemde .Dis nie altyd te sê dat 'n koeel moet "mushroom" om dood te maak nie. Ek praat hier maar net uit my ondervinding met "subsoniese" ladings en het al heelwat ge-eksperimenteer met "subsoniese " ladings op my 30-06 en is nou besig met my 308 "subsonies" of dan stadiger ladings.Soos jy genoem het dalk wil hy bietjie in die agterplaas "plink" Hihhi

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Tue Aug 19, 2014 8:38 pm
by Thermal
10gr .MP200 vir n 220gr.
As jy onder 10gr gaan kan hy in die loop vassit.
Jy moet n dacron of watte of rys ens. gebruik vir n pluisie. Dit hou die kruit teen die slagdoppie wat help met ontbranding en akkuraatheid.

Bly by die vinniger kruite.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=105&t=17730

Groete

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Wed Aug 20, 2014 10:23 am
by ZKK
Sal n 220 grein koeel stabiliseer teen so n lae spoed?

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Wed Aug 20, 2014 12:16 pm
by tripodmvr
ZKK wrote:Sal n 220 grein koeel stabiliseer teen so n lae spoed?
Selfs uit 300WM kry mens die 220 greiners om subsonies "redelik" akkuraat te skiet. Op die kort afstande wat die' aanwending voor gebruik word sal dit voldoende wees. Die koeëls werk soos soliede en maak nie oop nie. Veral met 220 gr is die penetrasie nogal verstommend.

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Wed Aug 20, 2014 12:18 pm
by Geno
Hulle maak mooi dood.
Ek hoor 'n 180gr Hornady Interlock teen 850fps uit 'n .300 AAC Blackout skiet 'n rondloperhond sommer mooi vrek.

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Wed Aug 20, 2014 1:24 pm
by Flip Nel
Ek het baie jare gelede 2 Eland bulle geskiet met subsoniese ladings in my 30-06, eerste was 'n groot bul, hom met gewone PMP 220 gr agter die blad geskiet, hy het so 30m geloop gaan staan weer proebeer loop en omgedop, het 396 kg uitgeslag, ander jonger bul se nek afgeskiet het +- 250 kg uitgeslag. Skiet afstand vir altwee was so 70 m.

Re: .308 subsoniese lading

Posted: Wed Aug 20, 2014 1:28 pm
by alecjohnson
Ek het my 300wm subsonies gelaai met 155gr nosler CC met 8.6gr MP200 en stewige blokkie dacron vir die lang dop. Het net so 30 gelaai en toe dit nie meer pret nie.