Page 1 of 1
Watter 243 doppe
Posted: Sat Aug 16, 2014 6:51 pm
by Blackie Swart
Naand almal Ek is van plan om al my 243 doppe te vervang wat ek het. Ek het al die jare net PMP dope gebruik en het net goeie diens gekry uit hulle. Wat stel julle voor is die beste doppe om aan te koop. Gesien dat S/O in stellenboch net Norma en PMP doppe nog het.Is vandag se PMP dope nog van sulke goeie gehalte ?
Groete
Blackie
Re: Watter 243 doppe
Posted: Sat Aug 16, 2014 6:58 pm
by Rudie
Blackie al doppe wat hou in my geweer is Lapua, as jy kyk hoeveel keer jy hulle laai voor die primer pockets begin Los raak sal jy sien hulle betaal hulself baie gou terug.
Ek laai n Nosler en Hornady dop 5 keer dan begin die pockets los raak. My Lapua is nou al op hulle 7de herlaai en nog nie een doughnut of los pocket nie.
Re: Watter 243 doppe
Posted: Sat Aug 16, 2014 7:42 pm
by Johan Reyneke
Blackie
As dit enigsins moontlik is, kry lapua. Jy sal nie spyt wees nie.
Re: Watter 243 doppe
Posted: Sat Aug 16, 2014 8:31 pm
by vbd
Ek stem saam Blackie, Lapua is by verre die beste doppe. As jy 'n goedkoper alternatief soek sal ek persoonlik dan eerder kyk na Winchester. Met 'n bietjie goeie voorbereiding doen hulle nie sleg nie.
Re: Watter 243 doppe
Posted: Sat Aug 16, 2014 9:07 pm
by Marc
Koop Lapua doppe en spaar jouself ure en ure se dop voorbereiding en kopseer. Dis die ekstra geld deur en deur werd !
Re: Watter 243 doppe
Posted: Sat Aug 16, 2014 10:09 pm
by JTM
Norma is self goeie doppe. Ek skiet beide Norma en Lapua.
Re: Watter 243 doppe
Posted: Sun Aug 17, 2014 10:00 am
by alecjohnson
My 243 kry niks anders as Lapua nie.
Re: Watter 243 doppe
Posted: Sun Aug 17, 2014 12:27 pm
by Blackie Swart
Dankie vir die advise. So Lapau dope gaan dit wees. Ek is in die noord Kaap. Enige plek waar ek dit kan koop.
Dankie
Blackie
Re: Watter 243 doppe
Posted: Sun Aug 17, 2014 12:41 pm
by Rudie
Hoor dalk of outdoorguru het. Sy pryse is goed op Lapua doppe.
Re: Watter 243 doppe
Posted: Sun Aug 17, 2014 1:20 pm
by Johan JvR
Camdix het in voorraad
Re: Watter 243 doppe
Posted: Thu Aug 28, 2014 7:34 pm
by tgg
Teiken skiet of jag, as jy teiken skiet is dit lapua , anders maak dit nie eintlik saak nie.
Die ander skiet almal ok , kos net baie werk en extra tools om hulle ook n dop te maak.
Onthou die donut uit sny voor resize en sny nekke buite na resize, anders kom jy n Jk oor en daag op by n veldskiet met patrone wat n isuzu op jou trek, vassit
Re: Watter 243 doppe
Posted: Thu Aug 28, 2014 8:33 pm
by Blackie Swart
Naand Tgg. Ek gebruik my 243 net vir jag doeleindes. Die PMP dope werk goed maar is nou al so baie keer herlaai dat ek dink dat dit tyd is dat dit vervang moet word. Ek weet nie van jou nie maar my ISUZU het nog net ander voertuie uitgesleep en sit nie vas nie. Miskien is die drywer nie so goed nie Ha ha haa.
Re: Watter 243 doppe
Posted: Thu Aug 28, 2014 10:24 pm
by tripodmvr
Blackie, jou geweer hou blykbaar van PMP se doppe - my Musgrave het nie!!!!. Nou dat ek hom ge- AI het lyk die PMP doppe nogal spoggerig. Ek het egter 'n klomp Remington wat ek nou wil gebruik.
As jy die PMP's so nou en dan sag maak gaan hulle jou moontlik nog baie diens kan gee. As hulle akkuraatheid gee soveel te beter. Hou by dit wat werk - die verandering kan moontlik nie altyd die gewenste resultaat hĂȘ nie.