Page 1 of 5

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Sat Aug 16, 2014 8:53 pm
by Karooklong
Hi Dolph, ek het een van die huidige modelle ook met die T3 reticle. Kan Andre Volschenk nie vir ons 'n gebruikshandleiding skryf vir die T3 nie.

Ons sal dit graag meer optimaal wil gebruik vir algemene jag. Ek dink die ander Rudolph eienaars sal dit ook waardeer !

Uitstekende produk!

Groete

PJ

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Sat Aug 16, 2014 9:36 pm
by KalahariKlong
Dit gaan 'n ordentlike stukkie glas wees...
Goed gedoen oom Dolph

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Sat Aug 16, 2014 9:49 pm
by Nickvn
Ek sal ook graag die inligting wil he. Kan jy dit vir my stuur na nick by fins dot co dot za. Dankie

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Mon Aug 18, 2014 10:17 am
by Capt. Yoda
Rudolph ek sal ook graag die inligting wil he as jy nie om gee nie of sal een van die manne wat dit het dalk vir my kan email?
Wanner sal die scope beskikbaar wees?

Groete

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Tue Aug 19, 2014 7:21 am
by Arnold
Hallo Rudolph

Wat is die afstande tussen die strepies van die kruishaar in MOA en op watter vergroting is die kruishaar gekalibreer?

Die afstande tussen strepies laat my aan n NP-R1 kruishaar dink maar dit sal nice wees as jy dit kan bevestig.

groete

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Tue Aug 19, 2014 9:19 am
by JTM
Ek het so tyd teruf die diagram van die T3 kruishaar gekry:
T3reticlefullpage-2012small-1.jpeg

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Tue Aug 19, 2014 9:48 am
by Arnold
Dankie, dit help al maar daar is geen dimensie van hoe vêr die vertikale lyne uit mekaar is nie.

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Tue Aug 19, 2014 9:53 am
by Hein22
Arnold wrote:Dankie, dit help al maar daar is geen dimensie van hoe vêr die vertikale lyne uit mekaar is nie.
Daar is.. dit is 1moa..

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Tue Aug 19, 2014 10:17 am
by Arnold
Skuus ek het dit gemis. Dankie Hein.

So dit is amper soos die NP-R1 van Nightforce met die kerfeesboom bygesit ;)

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Tue Aug 19, 2014 5:39 pm
by Piet Breedt
http://i746.photobucket.com/albums/xx105/PietSkiet/RudolphTReticle001_zpsb9e02640.jpg

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Thu Aug 28, 2014 2:04 pm
by Capt. Yoda
So as die gaps tussen die lyne 1moa is kan mens dan die scope gebruik soos wat Lynx in hul Mildot ret scope verduidelik dat jy die hoogte van n dier se skouer vat (se maar 1200mm vir Gemsbok) tot op sy hoef en dan jou hoeveelheid "strepies" in die geval vat en dan dit deel om jou rowwe afstand te kry?
So kom ons se deur die scope sien jy die hoogte van die dier se skouer tot onder sy hoef is rof weg 4 MOA kan jy dan die 1200mm vat en deel met 4 dan behoort jou afstand rofweg 300m te wees of is ek weeg deur mekaar nou want Mil is mos bq "grooter" as MOA

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Fri Aug 29, 2014 9:30 pm
by Wilhelm Schultz
Oom Dolph ek het die ouer model van hierdie teleskoop. Ek wil graag weet of mens dan van daardie tactical turrets sal laat kan opsit op die ouer modelle? Baie dankie.

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Sun Aug 31, 2014 10:57 am
by Capt. Yoda
Ek sal ook n stel wil he as mens hul kan koop.

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Thu Sep 04, 2014 8:53 pm
by JR68
Rudolph wat dink jy gaan die prys wees, so rofwerk.ek in die mark vir n scope

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Fri Sep 05, 2014 3:53 am
by Roger
Rudolph,

Wat sou jy voorstel vir n langafstand (500m) jag scope vir n 338wm?

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Tue Oct 07, 2014 3:15 pm
by Riaan Kriel
Die scope lyk baie goed.... Hoe vergelyk die beeld helderheid met bv die Sightron of die Vortex?

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Tue Oct 07, 2014 4:18 pm
by LUAN
Rudolph se site wys nie sy hele reeks nie. Hulle het bv n jag scope wat 4-16 vergroting het sonder paralaks verstelling dink dis enigste in sy soort. Hulle het ook nie die Tactical reeks in stock op die oomblik en die veldskiet model kom glo in November uit.

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Tue Nov 04, 2014 8:46 pm
by SuperVos
Lyk netjies!

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Fri Nov 07, 2014 9:26 pm
by Fanta300
tgg, draai julle die "Lock Ring" vas nadat julle die kruishaar gefokus het?

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Fri Nov 07, 2014 9:41 pm
by Gawie(13mm)
tgg wrote:Vermy maar die scope, My vennoot het een en die diens is swak, hulle het nou al sy scope terug gestuur en se dat daar is nie fout nie. Maar as jy aan die agter verstelling raak om die kruishaar se focus te stel verander die hele point of impact op die teiken, nog voor jy eers draai, tik hom net dan skiet jy wyd verder op die teiken
Dagsê.
Ek besit geensins 'n Rudoloph teleskoop nie en het geen afiliasie met die verspreiders of handelaars nie. Sien asb dus my skrywe in die lig van 'n mede forum lid. Het jy al met Rudolph self kontak gemaak om die probleem op te los. Uit al die plasings hier op die forum mbt sy produkte het ek hom nog net as eerbaar en opreg in sy handel ervaar. Moet asb. nie jou eie naam met 'n plank slaan nie.
Kontak die man direk. Indien jy dan nog voel dat jy sy produk wil afkraak, is jy welkom om dit op 'n draad van jou eie te doen.
Groete,
Gawie.

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Sat Nov 08, 2014 7:17 am
by NicoSmit
Ek kan nie kla oor my Scope nie ek het die 4x12x50 op my 243 en gebruik hom baie in die donker sien jakkals se oggies al 10 seemyle ver in die scope en hy is baie helder

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Sat Nov 08, 2014 9:50 am
by Ockert1992
Ek het die H1 3-9x40 en is ook baie tevrede met hom. Hy is nou net bietjie klein vir my soek nou iets groter, maar gaan defnitief weer 'n Rudolph. Het laas naweek sommer so bietjie gespeel en gekyk hoe akkuraat sy verstelling is. Het data op JMB ingesit om verstellings te kry. Hy was presies gezero op 100m en toe stel ek na 300. Skiet toe presies op die kol. Stel toe weer af en daar sit hy toe binne in die eerste skoot. Ek dink daar is min scopes wat hom in sy prysklas kan klop.

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Sat Nov 08, 2014 5:46 pm
by Fanta300
tgg wrote:Daar is toe nie n lockring nie
Al die scopes wat ek ken het so 'n sluit ring. Kan nie dink dat Rudolph scopes nie een sal he nie.

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Sat Nov 08, 2014 6:54 pm
by tgg
Fanta300 wrote:
tgg wrote:Daar is toe nie n lockring nie
Al die scopes wat ek ken het so 'n sluit ring. Kan nie dink dat Rudolph scopes nie een sal he nie.
kyk die prentjie op bladsy 1 of gaan koop een en sit met die probleem

Re: Brand New - Rudolph Veldskiet Tactical 6-24x50mm

Posted: Sat Nov 08, 2014 10:30 pm
by LUAN
tgg wrote:Dit is seker nie reg om hier bek te spoel nie, maar die situasie was by Rudolph en hulle hou voet by stuk dat die scope niks mekeer nie en het dit na 6 weke net so terug gestuur terwyl daar duidelik fout is by die parallax.

die scopes met 16x en kleiner vergrooting is goed en het nie hierdie fout nie.
Nou toe nou ek kom ook agter vandag op die baan met groot teleurstelling my nuwe rudolph 6-24 se kruishaar spring rond as ek die paralaks verstel...