Page 1 of 1

375 H&H GS Custom 200gr HV

Posted: Thu Aug 14, 2014 7:29 pm
by Hardyman
Goeie Naand Manne,

Ek het hulp nodig met n lading vir GS Custom 375 HV 200gr koeels.

Die GS Custom website gee die volgende inligting vir 25" loop:

Kruit Begin Lading Max FPS

S335 72gr 3128

My gewens is as volg:

Wapen : CZ 375 H&H Lux
Loop Lengte : 25" (635mm)
Dop : PMP
H2O Volume : 92gr
Primer : Federal no 215 Large Magnum Primers
Max COL : 95mm
Kruit : S335

My vraag: Is dit nodig om op 72gr te begin of is daar n ander landing wat nader is aan die 3128 FPS wat benodig word.

Groetnis

Re: 375 H&H GS Custom 200gr HV

Posted: Fri Aug 15, 2014 6:41 pm
by tripodmvr
Die spoed van 3128vps is soos 'n rooi vlag = maks spoed - moet nie oorskry nie. Die 72gr is die aanbevole beginlading. Monitor nou spoed en groepe soos jy ladingontwikkeling doen. Die inligting word duidelik gegee op die GS Custom webtuiste.

Re: 375 H&H GS Custom 200gr HV

Posted: Fri Aug 15, 2014 7:19 pm
by Hardyman
Dankie oom tripod,

Ek sal weer bietjie gaan lees. Dink ek het dalk bietjie verkeerd verstaan.

Groetnis

Re: 375 H&H GS Custom 200gr HV

Posted: Sat Oct 11, 2014 8:26 pm
by DinoF
Hi

As jy regkom met jou lading sal jy asb die gegewens post. Ek gaan ook begin met die 200gr GSC se ontwikkeling in my CZ 375 en sal graag wil sien waar jy uitkom. Ek het al so bietjie spoed getoets en redelik baie meer kruit gegooi as wat die begin lading is om naby 3000fps te kom. Sodra ek kans gehad het om klaar te maak sal ek ook post.

Groete

Dino

Re: 375 H&H GS Custom 200gr HV

Posted: Sat Jan 28, 2017 10:05 am
by Giepie
Ek weet hierdie is 'n ou draad maar ek is besig om te kyk of ek met hierdie koeëls wil jag.

Ek het sover 3 kon skiet, gelaai met S341 81gr soos GSC aanbeveel op begin lading, tpl 90,5. Ongelukkig kon ek nie spoed meet nie. Wat ek agter die geweer ervaar het is dat dit nogals hard geskop het in vergelyking met 300gr VRG-2 wat ek kort voor dit geskiet het, dit het ook baie harder geklap in my ore. Daar was geen druktekens op die dop of slot nie. 'n Vriend wat saam was sê dit het 'n groot vlam voor uit geblaas (hy sê in die aand sou dit indrukwekkend wees ;D )

Ek wou nog die S335 lading ook probeer maar dit het begin reën.

Maak S341 so? Volgens QL sou die ontbranding 97,83% wees, dopvulling 99,6%. Enige ander rede, of moet ek dat dit my nie pla nie?

Kan ook net sê dat die drie gate was binne 'n 1 duim groep.

Re: 375 H&H GS Custom 200gr HV

Posted: Sat Jan 28, 2017 12:03 pm
by Carel Kolesky
Weet herlaai is nie koekresepte uitdeel,maar die volgende werk in my geweer:
Brno ZKK 602
S335 74gr
Spoed gem 3050 fps
Rem doppe
Cci magnum primers
beste akkuraatheid met 4mm jump
22mm groep op 100m
24" loop
twist 1 in 12

Re: 375 H&H GS Custom 200gr HV

Posted: Sat Jan 28, 2017 2:24 pm
by CarelG
Verkoop iemand GS Custom koeels of kan mens net by hulle bestel? Ek sien die lead time is 15-20 weke...

Re: 375 H&H GS Custom 200gr HV

Posted: Sat Jan 28, 2017 2:37 pm
by tripodmvr
Hulle is ook verskaffers van GS koeëls. Post onder naam TFDD.

http://www.techfund.co.za

Re: 375 H&H GS Custom 200gr HV

Posted: Sat Jan 28, 2017 6:47 pm
by CarelG
Dankie Oom Tripod. Ek sien Peregrine maak ook n 200gr koeel vir die .375...iemand hom al probeer...gee hy dieselfde spoed as die GS Customs?

Re: 375 H&H GS Custom 200gr HV

Posted: Sat Jan 28, 2017 7:07 pm
by tripodmvr
Hy sal meer wrywing gee en spoed sal dus minder wees as GS.