Page 1 of 1

Steenbok vs Duiker

Posted: Thu Mar 10, 2011 11:27 am
by FrancoisN
Dags? almal

Ek wil graag weet of is daar iemand wat weet of dit so is dat wanneer daar  oorvloed Grysduikers is dat hulle die Steenbok populasie onderdruk. Hier by my was 15jaar terug amper geen duikers nie en baie steenbokke maar die laaste 5-6 jaar het die duikers vervuil en die steenbokke het baie minder geword.

Wanneer ons in die nag ry vir ystervark kry jy omtrent elke 500m n duiker en miskien 1 steenbok paar. Iemand anders dit ook gesien?

Groete
Francois

Re: Steenbok vs Duiker

Posted: Thu Mar 10, 2011 11:38 am
by Frederik
Baie interesant kan jy asb. verduidelik waar diem plaas is ?
Is daar dalk 'n groot swartbevolking naby die plaas ?

Met die min informasie wat jy deurgee sal ek die volgende se Steenbokke paar vir lewe in ander woorde een sal net 'n ander maat soek as sy maat dood is waar sover ek weet duikers dit nie doen nie kan dalk wees dat daar druk op die steenbok populasie van buite af gebeur en die duikers net vinniger aanteel as die steenbokke.

Miskien moet julle maar meer duikers skiet en kyk of die steenbok nommers weer optel ?

Re: Steenbok vs Duiker

Posted: Thu Mar 10, 2011 11:48 am
by FrancoisN
Ek boer tussen Bethlehem en Warden. Hier is nie regtig groot swartgebiede nie. Elke plaas het maar sy werksmense. My eie werksmense jag maar dit is meer Augustus se kant toe wanneer die ystervarke mieliekoppe in die lande bymekaar maak. Sondae kan jy sien wie het gejag want hulle laat le ystervark se karkas oor sy draad vir so 2 dae maar geen steenbokke nie.

Ek skiet wel so 3-4 duiker hier rondom die huis want my honde kan eindeloos vir hulle sit n blaf in die nag. As ek 1 skiet is dit nie lank nie dan is die volgende 1 daar om sy plek te vat.

Re: Steenbok vs Duiker

Posted: Thu Mar 10, 2011 12:01 pm
by bullseye
HALLO FRANCOIS

EK KAN BEVESTIG DAT DIT PRESIES DIE GEVAL IS BY MY IN BOTHAVILLE DIE DUIKERS HET BAIE MEER GEWORD EN STEENBOKKE SKAARS. NIKS TE DOEN MET PLAAS VOLK NIE, IN MY OMGEWING BLY ALMAL IN LOKASIES, WAT EINTLIK GEMAAK HET DAT BAIE MEER ANDER WILDE DIERTJIES TERUG GEKOM HET. MAAR DIE DUIKERS HET N INVLOED OP STEENBOKKE. OF SO DINK EK.

GROETE
BEN.

Re: Steenbok vs Duiker

Posted: Thu Mar 10, 2011 12:37 pm
by Danie Lombard .243
Liewe ouers manne


Hier by in die Soutpan Bultfontein area is dit net so, Duikers word net meer en meer en die Steenbokke word al minder. Wat word van die Steenbokke?

Re: Steenbok vs Duiker

Posted: Thu Mar 10, 2011 12:45 pm
by Gerhard
Danie .243 wrote: Liewe ouers manne


Hier by in die Soutpan Bultfontein area is dit net so, Duikers word net meer en meer en die Steenbokke word al minder. Wat word van die Steenbokke?
Danie,

Is Soutpan in die Bloem omgewing?

Re: Steenbok vs Duiker

Posted: Thu Mar 10, 2011 1:04 pm
by Danie Lombard .243
Yip Gerhard


Soutpan is so 60 km noord van bloem uit op die bultfoentein pad  R700

Re: Steenbok vs Duiker

Posted: Thu Mar 10, 2011 1:07 pm
by Gerhard
Mooi wereld daai...

Was daar in 2005 laas gewees, gehelp met n klient van Andrew McClaren... Jy ken hom seker.

Het nogal gesukkel met die jakkalse. Die bakore en die draai jakkalse het die yank baie vermaak... (nie geskiet nie maar gesit en dop hou)