Lading ontwikkeling en groepe skiet
Posted: Thu Mar 10, 2011 9:14 am
As mens lading ontwikkeling doen neem mens mos maar aan jou toerusting is reg en al wat jou groep groote gaan beinvloed is die ammunisie.
So as jy nou uitkom om groeperings te skiet hoeveel skote skiet jy om te sien of dit die beste lading is? 3 / 5 of meer?
Ek het nou agv van 'n ander probleem (wat hopelik opgelos is) agtergekom ek kan uitstekende 3 skoot groepe skiet maar 5 skote lol. {mens gooi mos maar die lelike 3 skoot groepe weg en skryf dit toe aan wind of 'n val in jou konsentrasie of so iets)
Om nou regtig 'n goeie idee te kry van wat jou geweer maak is 5 groeperings van 5 skote elk dalk net die ding.