Page 1 of 2
6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 1:34 pm
by belinda1966
Goeie dag almal,
Ek het vanoggend 45gr S385 CCI200 en Hornady Interlock ladings getoets.Daar was geen druk en die groepering was 24mm op 135m.Wat behoort naby aan die maksimum S385 lading te wees.n Laaste vraag,sal S385 werk met die ligter 129gr of dalk 120gr punte ook?
Groetnis
Philip
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 1:57 pm
by Arnold
Ek het self S385 wat ek gaan toets as ek eendag 'n 6.5x55 kry
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 2:19 pm
by VdWalt
Ek laai 46gr S385 agter 156gr Normas vir so 2670fps sonder probleme. Vriend van my
gebruik net S385 in sy 6.5 (Howa) en kry goeie groepe vanaf 123gr Nosler CC op.
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 2:39 pm
by belinda1966
Baie dankie !!
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 2:40 pm
by VdWalt
Werk maar stadig op na die lading toe - moet nie my lading net so gebruik nie.
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 3:07 pm
by Frikkie Coetzee
Ek het nog nie self met 385 gelaai nie maar wel in QL gespeel in my 6.5 x57. Ek kon net nie lekker spoed kry nie.
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 3:43 pm
by tripodmvr
VdWalt wrote:Ek laai 46gr S385 agter 156gr Normas vir so 2670fps sonder probleme. Vriend van my
gebruik net S385 in sy 6.5 (Howa) en kry goeie groepe vanaf 123gr Nosler CC op.
So stelling oor spoed is waardeloos indien jy nie looplengte bysit nie. Die spoed wat jy noem klink hoog as dit 'n 24 dm loop is.
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 3:49 pm
by Hilux01
Myne lyk so Belinda
Hilux01 wrote:Mnre
Ai hierdie forum is darem n lekker plek, ek het met oom Tripod se hulp kans gehad om my geweer op QL te laat kalibreer
Ek dink ek het die bosveld lading gekry wat vir my gaan werk met 156gr Norma Oryx
My CZ het n 600mm loop
1:8.7 twist, lapua doppe, CCI200 primers en TPL 78mm
44.5gr S385 Lot012 met gemiddelde spoed van 2546vps kry ek n 10.5mm groepering op 100m
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/2014-02-01155557.jpg?t=1391177763
Ek reken hy gaan sommer bakgat werk
Weereens dankie aan oom Tripod
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 6:02 pm
by tripodmvr
Die spoed hierbo is wat ek ingedagte gehad het en stem ooreen met 2550vps op Norma se webtuiste.
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 6:10 pm
by Pvdw
Ek skiet net 385. Skiet nou meestal 140 en 160gr koeëls. Blowback met 385 is letterlik 'n fraksie as met 365.
ek skiet huidiglik 140gr Interlocks teen 2550 maar kan 2700 haal.
160gt Claw skiet ek nou teen 2450 maar kan ook 2550 haal met die 22" loop.
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 6:28 pm
by tripodmvr
Peet, het nie nou toegang tot QL nie en het my dus op my geheue verlaat. Dit help nie om maks spoed te gebruik as dit nie op 'n node is nie = gevaarlike druk kan ook ter sprake wees.
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 6:32 pm
by Pvdw
Jip, net so. Dis waarom nie een van my gebruiksladings op max is nie.
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 9:04 pm
by Bulvegter
VdWalt wrote:Ek laai 46gr S385 agter 156gr Normas vir so 2670fps sonder probleme. Vriend van my
gebruik net S385 in sy 6.5 (Howa) en kry goeie groepe vanaf 123gr Nosler CC op.
VdWalt
Kan jy asseblief vir jou vriend vra watter lading hy laai vir die 123 g Nosler CC en TPL.
Groete
Bulvegter
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 13, 2014 9:26 pm
by VdWalt
Ek sal so maak.
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Fri Aug 15, 2014 10:44 am
by belinda1966
Hilux01 wrote:Myne lyk so Belinda
Hilux01 wrote:Mnre
Ai hierdie forum is darem n lekker plek, ek het met oom Tripod se hulp kans gehad om my geweer op QL te laat kalibreer
Ek dink ek het die bosveld lading gekry wat vir my gaan werk met 156gr Norma Oryx
My CZ het n 600mm loop
1:8.7 twist, lapua doppe, CCI200 primers en TPL 78mm
44.5gr S385 Lot012 met gemiddelde spoed van 2546vps kry ek n 10.5mm groepering op 100m
http://i1205.photobucket.com/albums/bb430/Henk_van_der_Walt/2014-02-01155557.jpg?t=1391177763
Ek reken hy gaan sommer bakgat werk
Weereens dankie aan oom Tripod
Henk,
Ek het nou 155 Lapua Mega punte bestel en sal julle op hoogte hou.Baie dankie nogmaals
Philip
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Sun Aug 17, 2014 2:27 pm
by Pvdw
Ek het Saterdag begin speel met S385 ladings agter 140gr RHINO Solid Shanks. Ek moet sê die eerste tekens van 'n suksesvolle lading is reeds daar.
Ek het op 44gr begin met 2450ft/s en op 47.5gr teen 2661ft/s geeindig.
Die dopvulling is baie beter as met S365, ontbranding met S385 is so 94-96% teenoor 100% met S365.
Blowback op die doppe met S385 is ook baie minder as met S365. Die kaans dat ek gou weer S365 gaan aanskaf vir my 6.5x55 is maar regelik skraal.
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Sun Aug 17, 2014 2:40 pm
by Arnold
Julle ouens praat van blow back, is dit nie maar omdat julle ladings met S365 te laag is nie?
Ek beplan om 'n 140gr teen anderkant 2700 fps te lanseer uit die 22" howa en dan die 120gr GMX wil ek gooi teen meer as 2900 fps
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Sun Aug 17, 2014 3:57 pm
by Pvdw
Arnold, selfs smet daai snelhede was mydoppe swart tot soms op of verby die skouer. Ek het gedink die doppe is hard maar nie eers anealing het veel gehelp nie.
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Sun Aug 17, 2014 4:42 pm
by Bulvegter
Pvdw wrote:Arnold, selfs smet daai snelhede was mydoppe swart tot soms op of verby die skouer. Ek het gedink die doppe is hard maar nie eers anealing het veel gehelp nie.
Ek het van CCI 200 na CCI 250 "primers" verander en geem "blowback" gekry nie. Baie mooi bokant die skouer geseel. Kruit was S365.
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Mon Aug 18, 2014 8:27 am
by Hilux01
Bulvegter
Het jy dieselfde lading gebruik met CCI250 as met CCI200 en wat het dit aan jou spoed en groepe gedoen?
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Mon Aug 18, 2014 9:57 am
by Arnold
Ek neem aan hierdie is maar agv die lang vryboor en omdat die koeel uit die dop is voor hy die lande tref.
Interesant dat S385 dit nie toon nie aangesien ek sou dink die stadiger dryfmiddel nog slegter sou vaar.
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Thu Aug 21, 2014 12:29 pm
by belinda1966
Met 45,0gr S385 CCI200 agter n 140gr Hornady Interlock kry ek konstant omenby 17mm groepe op 100m.Goed genoeg vir my.
Ek het nou 155Gr Lapua Mega punte bestel,sal hulle ook toets en julle laat weet
Groete
Philip
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Thu Aug 21, 2014 1:57 pm
by Pvdw
Philip met bg. kombinasie vermoed ek jy skiet teen so 2500-2550ft/s. Vir die Interlocks is dit 100%. moet nie vinniger as dit gaan nie,
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Fri Aug 22, 2014 1:57 pm
by belinda1966
Pvdw wrote:Philip met bg. kombinasie vermoed ek jy skiet teen so 2500-2550ft/s. Vir die Interlocks is dit 100%. moet nie vinniger as dit gaan nie,
Ja wat,
Vir die bos behoort dit mooi te werk.Hopelik gaan ek hulle volgende naweek toets.Ek het ook geskat dat dit die spoed sal wees,ek sal die ladings later chrono.
Geniet julle naweek
Philip
Re: 6,5x55 en S385
Posted: Wed Aug 27, 2014 10:09 am
by belinda1966
Vanoggend met 155gr Lapua Mega gaan skiet.Nuwe Winchester doppe 45,5 gr S385 en 46,0gr S385 CCI 200 primer.Geen druk ,maar groepe nie te waffers nie.Wat dink julle ouens behoort die druk te wees?Ek gaan 44,5gr S385 probeer en sal laat weet.
Groete
Philip