Page 1 of 2

Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Mon Aug 11, 2014 5:59 pm
by Ian
My seun het gespaar vir 'n Blesbok en vir oom Pikkie geskakel en gereel vir 'n Blesbokskiet. Saterdag was dit sy groot dag en ons het 09H00 daar gestop. Gou koffie gedrink en is toe die veld in. Oom Pikkie het vir Jian gevra as hy goed skiet moet hy vir hom ook 'n bok skiet op een voorwaarde dit moet 'n kopskoot wees. Ek het vir Jian in die skietstoel gesit met die Driehonderd-ses en ek met die videokamera. Daar was 'n ongelooflike sterk noordweste-wind en die eerste Blesbok het op 90 meter gestaan met die wind sterk dwars. Die dinge het so vinnig gebeur dat die bok agter 'n bos gestaan het en Jian moes 'n sykant kopskoot skiet. Die bok het so vinnig geval dat efself baie verbaas was. Daar gekom is die skootplasing perfek behalwe dat dit 3 duim te laag was en amper 'n bekaf skoot. Ek het hom mooi gewys waar om te skiet as die bok vir hom kyk, op die bles se bokant waar die witbles by die groot bles aansluit. Gou foto's geneem en 15 minute later staan daar 'n Blesbok reguit vir ons en kyk op 110 meter. Die bakkie het gestop en ek was nog besig om in te zoom toe klap die skoot. Daar gekom val oom Pikkie agteroor want hy konnie glo wat hy sien nie. Presies daar waar pa hom gewys het lê die skoot. Weer gou foto's geneem en teruggery kamp toe, die vuur aangesteek en 'n lekker knertsie gegooi met almal se hemde wat se knope afgebreek was.
Wel, pa kon dit nie oor sy hart kry dat sy seun vir homself moet betaal nie en dit met die grootste liefde gedoen, want dit is en was 'n ervaring wat geld nie koop nie.

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Mon Aug 11, 2014 6:02 pm
by Ian
Jian se tweede Blesbok, merk die skootplasing.

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Mon Aug 11, 2014 6:10 pm
by DawieKotze
Aitsa!! Baie geluk aan jou seun en aan jou ook dat jy hom so mooi grootmaak! Dis sulke oomblikke wat geen geld ter wêreld kan koop nie.

Groetnis

Dawie

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Mon Aug 11, 2014 6:33 pm
by PWV
Baie geluk, Jian!! Wonderlik!
Ian, daai verwoede knaldemper is seker nie getoets deur Geno-hulle nie! Nog nie so 'n lange gesien nie!

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Mon Aug 11, 2014 6:51 pm
by DWB
Baie baie geluk! Bitter mooi geskiet! !!

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Mon Aug 11, 2014 7:14 pm
by Ian
Pieter Willem Vorster wrote:Baie geluk, Jian!! Wonderlik!
Ian, daai verwoede knaldemper is seker nie getoets deur Geno-hulle nie! Nog nie so 'n lange gesien nie!
Oom Pieter

Hehehe, jammer ek lag maar dit is oor die "verwoede knaldemper". ek dink Geno-hulle het al al die knaldempers getoets wat in SA vevaardig word. Die een word deur Oom Barny Burkard hier in Klerksdorp gemaak.

Oom moet soet wees ;D , groete.

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Mon Aug 11, 2014 7:46 pm
by Proudprado
Pragtig, en ek stem saam ... geld kan nie dit koop nie.

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Mon Aug 11, 2014 7:53 pm
by Frederik
Mooi lood gegooi daar!

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Mon Aug 11, 2014 8:36 pm
by PWV
Ian wrote:
Pieter Willem Vorster wrote:Baie geluk, Jian!! Wonderlik!
Ian, daai verwoede knaldemper is seker nie getoets deur Geno-hulle nie! Nog nie so 'n lange gesien nie!
Oom Pieter

Hehehe, jammer ek lag maar dit is oor die "verwoede knaldemper". ek dink Geno-hulle het al al die knaldempers getoets wat in SA vevaardig word. Die een word deur Oom Barny Burkard hier in Klerksdorp gemaak.

Oom moet soet wees ;D , groete.
Wat ek verder oor die KD wou vra is of jy 'n gehoorapparaatjie gebruik om te hoor of die skoot afgaan? :P

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Mon Aug 11, 2014 8:44 pm
by douw
Baie mooi Ian en Jian!

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Mon Aug 11, 2014 9:22 pm
by HennieC
Ian sê baie geluk vir die jong man. Dit is netjies gedoen.

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Mon Aug 11, 2014 9:32 pm
by LongWolf
Mooi gedoen
Baie geluk!!!!!!

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Tue Aug 12, 2014 5:30 am
by Reggie Gerber
Geluk met die groot man se Bokke Ian.

Gee hom n stywe Natal handskut en n groot drukkie ook.

Groete

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Tue Aug 12, 2014 5:34 am
by sako 30-06
Baie geluk Ian,daai mannetjie kan skiet.
Ek wil nie eendag saam hom gaan jag nie want hy sal my soos n apie laat lyk as hy elke keer my alie skop met sy goeie skietwerk.

Die mannetjie mag maar.

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Tue Aug 12, 2014 6:39 am
by Ian
Pieter Willem Vorster wrote: Wat ek verder oor die KD wou vra is of jy 'n gehoorapparaatjie gebruik om te hoor of die skoot afgaan? :P
Oom Pieter

Ek wens iemand sal so gaaf wees om die Video's vir my te laai dan kan oom hoor hoe sag is die KD ;D .
'n Mens moet 'n gehoorapparaat aan hê vir die "THUD" ;D ;D ;D

Groete

Dankie vir almal se gelukwense, die waardering is groot.

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Tue Aug 12, 2014 7:20 am
by Carl
Geluk Ian, goue oomblikke.

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Tue Aug 12, 2014 7:39 am
by JACQUES BOTHA
Ian
Pragtig
onvergeetlike ervaring
Omdat ek gese het ek gaan nie weer op silincer tpic praat nie se ek maar hier iets tongin die kies.
Die mooi skoot mooi geweer maar baie lelike silincer (lag laglag lag ) grappie!!!
Geluk Grootman
hy gaan dit nooit vergeet nie
Jacques

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Tue Aug 12, 2014 7:49 am
by andre007
Baie geluk julle 2. Ek wonder altyd in so n geval wie's trotser... Pa of seun?

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Tue Aug 12, 2014 7:51 am
by Alwyn
Geluk aan Jian!!!

Ian een van die da dan vat hy jou skiet stoel oor >:D

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Tue Aug 12, 2014 8:59 am
by Chevvy SS
Moes baie lekker gewees het- het julle al die hempsknope gekry? :laugh:

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Tue Aug 12, 2014 9:33 am
by tripodmvr
Dankie manne. Nou so lekker gelag oor die knaldemper. Geluk aan pa en seun met altwee se prestasie.

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Tue Aug 12, 2014 10:05 am
by Ian
JACQUES BOTHA wrote:Ian
Pragtig
onvergeetlike ervaring
Omdat ek gese het ek gaan nie weer op silincer tpic praat nie se ek maar hier iets tongin die kies.
Die mooi skoot mooi geweer maar baie lelike silincer (lag laglag lag ) grappie!!!
Geluk Grootman
hy gaan dit nooit vergeet nie
Jacques
Hallo Jacques

Nee jy kan maar my terg ou maat, ek is 'n sterk baba wat goeie sin vir humor altyd waardeer. Al moet ek dit nou self sê, dit is 'n blerrie lelike KD maar as hy kan uitpraat.............. ;D ;D ;D .

Mooi dag daar

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Tue Aug 12, 2014 10:53 am
by Geno
Priceless. Geluk Ian en Jian!

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Tue Aug 12, 2014 1:29 pm
by Capt. Yoda
Baie geluk Ian, paar mooi skote daai. Het julle in die NW gejag dat julle so lekker met mieliestronke braai?

Re: Wat geld nie kan koop nie.

Posted: Tue Aug 12, 2014 1:41 pm
by kopskoot
Geluk Ian en Jian

Dis mos hoe dit gedoen moet word