Page 1 of 1
Skietsakke vul media
Posted: Mon Aug 11, 2014 1:13 pm
by J le Roux
Dag Almal
Ek kon net hier en daar iets raaklees oor tuisgemaakte skietsakke en watter media gebruik word, maar miskien kan ek en ander baat daarby om jul opinies hieroor te hoor.
Ek lys so paar idees en dan wat ek dink daarvan.
1. Sand (swembad filter): Goedkoop, swaar, kan stof veroorsak, "abrasive"
2. Split ertjies/ samp/ boontjies/ mielies (popcorn): Goedkoop, lig, lok muise, glibberig/glyerig, vrot as nat word.
3. Kerswas skyfies/skaafsels: lig, waterbestand, stewig, moeilik bekombaar/duur?
4. Plastiek balletjies: lig, waterbestand,glibberig/glyerig, moeilik bekombaar/duur?
5. Rubber fylsels: swaar, waterbestand, stewig, moeilik bekombaar/duur?
6. Meel:Goedkoop, lig, lok muise, stewig, vrot as nat word.
Groete en wag in spanning vir jul idees en opinies, Johan.
Net so paar waaraan ek kon dink. Help asb om nog idees te gee en wat die beste werk uit jul ondervinding. Ek sou bv. dink om die organiese goed soos meel eers in plastiek te seel sal help.
Re: Skietsakke vul media
Posted: Mon Aug 11, 2014 1:16 pm
by VdWalt
Ek gebruik al rys vir die afgelope 6 jaar sonder enige probleme.
Re: Skietsakke vul media
Posted: Mon Aug 11, 2014 1:44 pm
by Jaco vdW
Hi Johan
Ons gebruik nou al vir n hele ruk koring, en dit werk lekker. Hulle is defnitief nie glibberig nie, en is baie ligter as sand. Nat-word is wel n probleem, maar my sakkies is van leer, so ek probeer hulle maar in elkgeval uit die water hou.
VdWalt se idee van rys klink vir my ook baie goed. Kan nie dink dat droë rys juis muise sal lok nie...
Re: Skietsakke vul media
Posted: Mon Aug 11, 2014 4:22 pm
by Ebony30-06
Ek gebruik Sniper se "X-Bag" en het al die swembad sand probeer. Die sak was verbasend swaar en moeilik om te dra veral as jy een hand wou gebruik.
Ek het oorgeslaan na rys toe en het sommer growwe sout by gegooi om miete en ander goete uit te hou. Die sak is aansienlik ligter en die geweer lê stewig in die sak. Die rys is in my opinie goedkoop genoeg, gebruik gelukkig nie tastic nie, om te vervang sou dit nat word.
Re: Skietsakke vul media
Posted: Mon Aug 11, 2014 4:32 pm
by Flip Nel
Ek het katsand gebruik en dit werk lekker, maar het ook maar 'n lekker gewig aan hom
Re: Skietsakke vul media
Posted: Mon Aug 11, 2014 4:55 pm
by Ockert1992
Ek het sommer by die petshop een of voël kos gekoop! Sulke ronde balletjie. Hulle is lekker goedkoop en ook nie te swaar nie
Re: Skietsakke vul media
Posted: Mon Aug 11, 2014 5:32 pm
by Viking
Kyk 'n bietjie by die petshop vir Corn cobb - dis goedkoop en baie lig!
Re: Skietsakke vul media
Posted: Tue Aug 12, 2014 11:15 pm
by Peruvs72
Ek gebruik rys in ziplock sakkies binne my sakke. Kan maar nat word hulle bly droog
Re: Skietsakke vul media
Posted: Wed Aug 13, 2014 8:08 am
by andre007
Net n tip vir die ouens wat graan/sade gebruik in materiaal sakkies- gooi die graan sade sommer so met sakkie en al vir 5 minute in die mikrogolf oond, dit maak die kiem binne dood en verseker dat jou sakkies nie gaan ''groei'' as hulle vog kry nie.
Re: Skietsakke vul media
Posted: Wed Aug 13, 2014 10:03 am
by terven
Nuwe of gebruikte katsand?

Re: Skietsakke vul media
Posted: Wed Aug 13, 2014 12:30 pm
by J le Roux
Ek is bly ek het die vraag gestel, sommer blink planne, baie dankie. Ek glo die zipock sakkies en mikrogolf oond idees kan die sade se probleme annspreek.
Deel maar nog idees kom asb!
Re: Skietsakke vul media
Posted: Wed Aug 13, 2014 12:40 pm
by Alwin
Daai rubber-vylsels kan jy gratis kry, as jy weet waar om te vra. Maar ek hou nie van die goed nie, want dit gee die sak te veel "wip".
Die lae digtheid polietileen plastiek-korrels (lyk meer soos reuse rot-tjorrels), wat SASOL maak, werk BAIE lekker. Dit hou ook nie water nie, en lok nie enige dierasies nie. Gewig is ook heel skaflik. Kry dit by jou naaste, vriendelike LDPE-pypvervaardiger. Dit kos 'n paar R/kg, maar is nie wild duur nie.
Ek het lank terug 'n kous vol droë bone gemaak. Om insek-skade te voorkom, is die bone eers in die mikrogolfoond gebrand. Ongelukkig stink gebrande boontjies ongelooflik. Maar dit werk...
Vir 'n baie ligte sak, wat moet kan saam veld toe, werk polistereen-balletjies. Vat net 'n ou stuk polistereen uit 'n toestel se verpakking en rasper hom op met 'n plank vol kort kramme (staples). Dit het effens "wip" in, maar weeg amper niks.
Re: Skietsakke vul media
Posted: Wed Aug 13, 2014 12:50 pm
by Stefan Fourie
Vir die Namibiese jagters/skuts, gaan koop by Plastic Packaging plastiek korrels, hulle noem dit "sweepings", werk baie goed.
Re: Skietsakke vul media
Posted: Wed Aug 13, 2014 2:54 pm
by andre007
Ek gebruik die plastiese korrels wat 'blow molders' mee bottels maak in n tuisgemaakte X bag
Re: Skietsakke vul media
Posted: Wed Aug 13, 2014 7:13 pm
by bertie
koring nog altyd lekker gewerk vir my. dankie vir daai tip dat die saad nie uitloop nie, sal dit beslis doen.
groete
Re: Skietsakke vul media
Posted: Wed Aug 13, 2014 8:38 pm
by GERT vd M
Baie growwe sand. Dit moet amper klein klippies wees, werk goed in n banksakkie. Dit is swaar maar glo my die geweer le so stil asof hy nooit weer gaan beweeg nie. Ek het van die sand in n droe loop gekry waar ek gejag het by Alldays en kyk maar uit op ons strande. Geen stof nie
Groetnis
Gert
Vir die groter sakke gebruik ek PVC korrels wat jy kry by kabel fabrieke(sweepers)