Page 1 of 1
Geweer belt/ Gun sling
Posted: Sun Aug 10, 2014 9:01 pm
by Fluffa
Naand almal
Ek het 'n leer geweer belt op my 7x57 en hy kou my skouer na so vier ure se stap in die veld. My .22lr kort 'n belt, hy't niks. Ook nie eintlik swaar nie, so die Mauser se leer belt soontoe en iets sagters vir die Mauser.
Is sinteties met so effense rekkerigheid die antwoord? Elk hoor graag wat die keuses is.
Groete Fluffa
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Sun Aug 10, 2014 9:15 pm
by Carel Kolesky
Het 2xButler Creek sinteties+rekbare tipe-werk soos n bom vir stapjag-verminder voelbare gewig van geweer-dit is nou as jy nie n puris is wat met niks minder as leer tevrede is nie.
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Sun Aug 10, 2014 9:26 pm
by Fluffa
Hi Carel,
Dankie vir jou reply. Vir my gaan dit oor fit, form and function. Jy noem Butler Creek, is daar net een Butler Creek, of kry jy baie in die Bulter Creek reeks en waar koop jy?
Swart is by voor baat 'n goeie kleur.
Dankie weereens
Fluffa
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Sun Aug 10, 2014 10:20 pm
by Carel Kolesky
Vanguard maak ook-swart,camo ens in butler creek-S&O HET,MAAR ENIGE GOEIE GUNSHOP SAL HE
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Mon Aug 11, 2014 6:40 am
by win270
As jy hou van leer, kry vir jou een wat gevleg is en minstens 60mm breed oor die skouer.
Die jongste (Aug 2014) Wildland tydskrif het 'n artiikel daaroor. Die dame wat dit maak is Didi Otto.
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Mon Aug 11, 2014 6:42 am
by win270
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Mon Aug 11, 2014 8:40 am
by FrancoisW
Fluffa,
My beste koop vir "walk & stalk" is my safari sling.
Het hom by Cabelas gekoop. Glo jy sal hom plaaslik ook kry.
s7_220723_003_01.jpg
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Mon Aug 11, 2014 8:53 am
by win270
Francois, wat is die kontakbesonderhede van Cabelas?
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Tue Aug 12, 2014 11:13 am
by Fluffa
Baie dankie almal vir die advies. Sal maar moet sien wat by S&O te koop is.
Groete Fluffa
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Tue Aug 12, 2014 3:12 pm
by FrancoisW
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Tue Aug 12, 2014 4:42 pm
by win270
Dankie, Francois.
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Thu Aug 14, 2014 11:43 am
by OupaZA
Jup Daai Butler creek, werk baie beter as leer!!
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Thu Aug 14, 2014 12:10 pm
by Katefbessie
volgens my is daar niks meer gemakliker as 'n Butler Creek nie.
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Thu Aug 21, 2014 5:32 pm
by win270
Kyk gerus na die "Link Sling" geweerbande by
http://crossleather.co.za/shotgun-and-r ... sling.html
Die prys van net oor die R200.00 is regtig billik.
Hierdie bande dra 'n swaar geweer oor die skouer sommer baie gerieflik.
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Thu Aug 21, 2014 8:18 pm
by Christo
Lekker tipe sling. Ek het die vakansie baie, ver te baie, gestap met my geweer en die sling by die huis vergeet. Ek het bedink om volgende keer 2 van die tipe slings aan te sit om hom soos 'n rugsak te kan dra met gewig versprei oor altwee skouers.
Re: Geweer belt/ Gun sling
Posted: Thu Aug 21, 2014 9:06 pm
by TOKELOS
Christo!!
By S&O is daar slings wat jy opsit wat oor beide skouers kom.
Ek het twee van hulle! HEERLIK se ek jou!!
Om twee redes:
Jou hande is vry EN jy kan hoekpale as lope opsit en steeds lekker dra!