Page 1 of 3

Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 2:32 pm
by Jaco B
Hi Manne en Dames

Ek wil vir my 'n dubbel kajuit voertuig koop en soek graag inligting oor die diesel verbruik by die manne wat self die voertuie ry of weet van. Ek gaan baie kilometers/jaar doen met die voertuig so diesel verbruik is vir my belangrik.

Ek kyk na die die volgende voertuie:

Toyota Fortuner en Hilux 2.5 en 3.0 D4D's. (bygevoeg)
Ford Ranger 2.2 Manual 4x2
Ford Ranger 3.2 Manual en Auto 4x2 of 4x4

Nissan Navara 2.5 Manual 4x2 of 4x4

Ek sal enige terugvoer waardeer, en as julle ook net kan byvoeg watter ander probleme julle van weet m.b.t. die voertuie en watter tipe Kilo's julle ry eg. baie langpad of net in stad etc.

Enige ander voorstelle sal waardeer word......onthou net die Toyota gee nie goeie diesel verbruik nie. >:+ :laugh: :laugh:

Groete

Jaco

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 2:34 pm
by Gerrie Smith
Amarok 2.0 BiTi - ligste op brandstof, gemaklikste ens.

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 2:34 pm
by sako 30-06
Jaco B wrote:Hi Manne en Dames

Ek wil vir my 'n dubbel kajuit voertuig koop en soek graag inligting oor die diesel verbruik by die manne wat self die voertuie ry of weet van. Ek gaan baie kilometers/jaar doen met die voertuig so diesel verbruik is vir my belangrik.

Ek kyk na die die volgende voertuie:

Ford Ranger 2.2 Manual 4x2 9.9l/100km.In die stad werk toe en terug,so kry so 850km op n tank.Nog nie werklik getoets op die langpad nie.
Ford Ranger 3.2 Manual en Auto 4x2 of 4x4

Nissan Navara 2.5 Manual 4x2 of 4x4

Ek sal enige terugvoer waardeer, en as julle ook net kan byvoeg watter ander probleme julle van weet m.b.t. die voertuie en watter tipe Kilo's julle ry eg. baie langpad of net in stad etc.

Enige ander voorstelle sal waardeer word......onthou net die Toyota gee nie goeie diesel verbruik nie. >:+ :laugh: :laugh:

Groete

Jaco

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 2:37 pm
by sako 30-06
Gerrie Smith wrote:Amarok 2.0 BiTi - ligste op brandstof, gemaklikste ens.
Weet nie so mooi hiervan nie,twee van my vriende ry amakroks en hulle ry glad nie vir my lekker nie,clutch is ook nie lekker nie.
Albei se bakkies is swaarder as myne op brandstof.

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 2:42 pm
by ANDRIES
Ek het 'n 3.2 4x2 auto.Ek het nou 49000 kilos gedoen en dit sluit 3 Suidwes trippe in waarvan ek 2 onder 13 uur gery het tot in Windhoek.Ek het nog nooit my meter gereset nie en dit is nou op 10.2l/100km.Vanjaar het ek so 130-140 gery Suidwes toe en uit en tuis presies 10 gekry.Dit is verseker die voertuig met die beste rygerief wat ek nog gehad het.

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 2:43 pm
by FCLoretz
EK het onlangs 'n Nissan Hardbody 3.0TDi 2x4 manual gekoop. EK kry gemiddeld so 11.2km/l

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 2:55 pm
by Jaco B
Dankie vir al die terugvoer sover.

Ludwig. Ek gaan seker so 10-15% grondpad ry. Ek reken ek gaan so tussen 40 000-45 000 km per jaar doen.

n ander opsie vir goeie diesel verbruik is ook die SUV's soos die Rav's etc......ek weet net ek laaik n "bakkie" vir sy versatility maar dit is ook nie als nie want ek het n trailer as ek spasie soek. Ek dink net n bakkie gaan beter doen op die bietjie grondpaaie of praat ek nou bollie?

PS. Ek het nie geweet die Toyotas gee 10km/l nie. gedink dit is meer na 8km/l se kant toe.

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 2:56 pm
by ROBBIE1
Jaco brandstof verbruik is deesdae belangrik, maar neem ook in ag as jy parte nodig het wat jy daarvoor gaan betaal. Ekt n D4D 4x4 auto, oop pad teen 130kmph 10.7, 160kmph 8.9. Maar, as ek diens, kos my diesel filter R300.oo my pel met navara sin is R900, olie filter is halfte goedkoper, om nie eers van lugfilter te praat nie!!!

En dan natuurlik oom die herverkoop waarde, jammer om te se maar daars niks wat waarde hou soos n Toyota nie!!

Sterkte in jou soektog, mog jy die regte trok troffe!

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 3:15 pm
by Jaco B
Het geweet ek gaan goeie kommentaar kry hier.

Ek sal dus dan nou die Toyotas ook byvoeg op die lys vir verbruik.

Kom ons hoor wat is die Toyota manne se verbruik.... 8)

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 3:34 pm
by ROBBIE1
Moet nie haastag wees nie, shop n bietjie rond, jy kry toys vir mooi prys, normaalweg is hulle so R10k plus bo boek, maar party keer kry n handelaar wat nie so slim is nie, dan kry jy hom vir markwaarde. Jammer jys so ver!

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 3:40 pm
by savage(P Coetzer)
Vandag my 3.0 d4d vol gemaak en 11.3km/l gekry. Beste was al 12.6km/l maar dan frustreer ek myself grensloos en gaan nie oor 110kmh nie. Het nog nooit minder as 10.3km/l gekry in 80 000km nie.

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 3:43 pm
by Jaco B
Hi Robbie

Glad nie haastig nie.

Doen nog net marknavorsing. wil darem n ingeligte besluit maak. Wie dan nou beter om te vra as my Jaracal vriende.

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 3:55 pm
by henning
Jaco B wrote:Hi Robbie

Glad nie haastig nie.

Doen nog net marknavorsing. wil darem n ingeligte besluit maak. Wie dan nou beter om te vra as my Jaracal vriende.
Nou wat van n lekker Tata bakkie >:+

groete
Henning

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 3:58 pm
by ROBBIE1
henning wrote:
Jaco B wrote:Hi Robbie

Glad nie haastig nie.

Doen nog net marknavorsing. wil darem n ingeligte besluit maak. Wie dan nou beter om te vra as my Jaracal vriende.
Nou wat van n lekker Tata bakkie >:+

groete
Henning

Gelukkig ken ek niemand wat iets sleg of goeds te se het oor n Tata nie Henning, maar ek sal hom nie koop nie!

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 9:37 pm
by Beer (Christo)
My Hilux D/C 4x4 d4d het altyd so 9 na 9.5km/l gegee voordat ek die groter bande ens laat opsit het.

My vrou het nou 'n Fortuner 3.0 d4d 4x4 auto en dit gee so 8km/l, maar dis omdat sy 5 min van die huis af werk en in verkeer ry. Ons gaan nou langpad vat dan sal dit beter wees.

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 9:44 pm
by Christo
Fortuner 3L D4D en chip hom sommer dadelik. Jy doen maklik een km/l beter dan. Kyk maar om jou hoeveel van hulle is daar. Stellenbosch Toyota adverteer 50-60k afslag op hulle.

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Fri Aug 08, 2014 10:29 pm
by Arnold
Eish, ek kry maar so 7km/l op my 2.7 Petrol Hilux hier in die dorp. Langpad is baie beter, dan kry ek so 7.5km/l

Ek het nognie self so gekyk nie maar ek sal maklik 'n 2.5 Toyota of 2.2 Ford koop as jy nie regtig vrag gaan dra of sleep nie.

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Sat Aug 09, 2014 6:54 am
by DWB
Gister weer 11.16km/l in my Supercab 2.2 Ford gekry op lang pad

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Sat Aug 09, 2014 9:48 am
by ROBBIE1
Christo praat waar, myne ook n chip en 76mm pyp gedoen.

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Sat Aug 09, 2014 10:02 am
by Umshwati Boy
2010 Toyota 3.0 D4D 4x4
168000km
9.75L/100km oor 4 Jaare

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Sat Aug 09, 2014 10:40 am
by alecjohnson
Mitsubishi colt rodeo 2.8 TDi 2005 kry teen 120km/h so 6.2km/l @ 100km/h so 7.5 tot 7.9 km/l

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Sat Aug 09, 2014 10:48 am
by Lamtjop
Wat kry die Isuzu manne? Hulle is ook mos lig oppie sous.

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Sat Aug 09, 2014 1:36 pm
by HennieC
Ek ry 'n 2.5 Dtech Isuzu extended cab vir my werk. My toolbox van 200kg is ook meeste van die tyd op my trok.
Spoed is so tussen 120 - 140km/h en ry van Sasolburg na Alberton en terug.
Sy diesel verbruik is tussen 9.6 tot 11 km/liter.
Wat ek wel ondervind het is dat sekere maak diesel baie beter perform as ander make.
Ek ry net 50ppm en beste performance kry ek met Shell en Engen

So uittreksel van my logboek op my foon.
[align=]Date Odometer Trip meter Rands liter km/l. Tipe
2014/08/01 141565 547.7 725.85 51.48 10.63 Shell
2014/08/05 142180 615. 811.48 57.6 10.66 Engen
08/08/2014 142718 538.1 753.29 53.75 10.01 Engen[/align]


Sien my excel spread sheet wil nie mooi werk nie
Sorry

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Sat Aug 09, 2014 2:18 pm
by Stefan764
Dis nou die tipe topic waar ek lees en nie saam gesels nie

Re: Dubbel kajuit diesel verbruik

Posted: Sat Aug 09, 2014 3:35 pm
by Arnold
Stefan764 wrote:Dis nou die tipe topic waar ek lees en nie saam gesels nie
Omdat jy nie 'n dubbel kajuit het nie ... :police: