Page 1 of 3

Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 10:19 am
by DWB
Hallo Manne,

Ek is nuut hier.

Ek het nie in 'n familie van jagters grootgeword nie. So ek het nie 'n pa om se gewere mee te skiet nie, en het ook min vriende in die omgewing wat wapens het. So geleenthede is baie, maar as jy nie jou eie roer het nie is jy in jou moe... in.

Nou ek is besig om my aansoek uit te sort vir 'n .243 wat ek van my oom af kry, maar ek is nie 'n goed genoeg skut om als met hom te skiet nie (voor die manne my nou vasvat hier...hehehe)

Is dit die moeite werd om 'n nuwe wapen by 'n handelaar te koop (Howa .3006 0f .308 hier kom dit nou...) as jy nuut is in die ding of moet mens maar vasbyt en wag om eers die .243 op jou naam te kry?

Dankie.
Deon

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 11:37 am
by JvB
Deon,


Van my kant af welkom hier. Ek was ook in dieselfde posisie as jy, my broer se skoon pa is 'n jagter en dit is waar die gogga my gebyt het en ek begin. Eers met sy geweer begin skiet en later my eie geweer 'n 308 nuut gekoop. So, ek was ook "'n first time applicant".

Ek het 'n goeie motivering geskryf en my vorige jagte gestaaf om te wys waarvoor ek die wapen wil aanwend in my aansoek. Na meer as 'n jaar se gewag het ek my lisensie gekry.

Groete,


JvB

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 12:19 pm
by Gerhard
Deon,

Kry vir jou die 3006 soos ons bespreek het.

Welkom hier.

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 12:21 pm
by jmb
Jammer majuba ek stem nie saam nie. Dit vat solank om 'n lisensie te kry. Koop dus 'n swaarder kaliber soos 'n 3006 nou en doen aansoek. Mens kan in elk geval nooit genoeg gewere he nie. ;D

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 12:26 pm
by DWB
Dankie manne,

Ek het per abuis in die verkeerde deel van die forum gepost.

Het reeds admin gevra om dit te skuif.

Ek is baie naby aan die bosveld so het 'n swaarder kaliber ook nodig.

Breek net my kop en dan die bank op die stadium.

Gaan moontlik vandag na 'n Howa .3006 kyk

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 1:25 pm
by FDJ
Hi

Vat die 30-06 sommer van die begin af.Ek het `n goeie voorbeeld van `n motivering vir `n 30-06 wat ek vir jou sal e-mail as jy dit soek.

Groete
Francois

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 1:27 pm
by Frederik
Koop en kry klaar dan is jy reg vir vlakte en bosveld.

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 1:30 pm
by MJK
Welkom Deon

Moenie sukkel nie, koop die .308!  ;D ;D

Groete
Marius

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 2:04 pm
by DWB
Hehe, hier gaan ons alweer

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 2:12 pm
by Gerhard
Nee,

Luister net na goeie raad...

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 2:22 pm
by DWB
OK, Baas Gerhard, ek luister....LOL

Jou mos klaar ges?6 ek gaan vanmiddag na een kyk.

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 3:10 pm
by JOHANNIC
DWB
My raad is die beste koop nog n 243 ;D ;D ;D

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 3:19 pm
by MJK
Deon

Werk jy vir Gerhard?? :o

Moet verseker nie luister na Johan nie.  ;) Kry dan op die uiterste dan maar 30 nul kwes... ;D ;D

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 3:21 pm
by DWB
Hehe, nee ken hom net al 'n ruk lank...

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 4:10 pm
by Gerhard
Of n 30 06 met n 220gr punt...  ;)

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 4:15 pm
by Arnold
Die ding wat gaan sukkel met 'n 308 en 200gr is die loop se twist van meeste rak gewere wat 1:12" is en nie 1:10" soos die 30-06 nie ... iets om in gedagte te hou.

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 6:49 pm
by fanie17
Ek is n maar n ou koop n 30-06 dit is nie om dowe neute dat dit die mees gebruikte kaliber in die wereld is nie.Jy sal net meer gemaklik wees om n Eland met n 180gr of 200gr 30 loel te skiet as met n 150gr .Die reels oor gewere bly dieselfde maak nie saak wat n man se hart se nie.Ek het twee 308ts en twee 30-06 se en het hirdie week nog n Sako 308 en n Sako 30-06 gekoop.As ek net een van die twee mag gehad het sou ek die 30-06 gevat het.Ek kan n bladsy lank skryf hoekom.Kry daai Howa 30-06 met n gewone hout kolf dit lyk soos n regte geweer en skiet ook so.

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Wed Mar 09, 2011 9:29 pm
by JAN LOOTS
hello mater welkom hier
KOOP N 30-06 OF 270 OF 7MM NET A.S.B NIE N 308 NIE
GROETE jan

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Thu Mar 10, 2011 7:22 am
by Geno
JAN LOOTS wrote: A.S.B NIE N 308 NIE
Oom Jan,
verduidelik bietjie daai stelling?

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Thu Mar 10, 2011 7:59 am
by MJK
Geno

Ons sal maar geduldig moet wag op daardie antwoord.... 8). Daars nie te veel te se nie  ;)

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Thu Mar 10, 2011 8:05 am
by Geno
MJK,
Ja swaer, party mense verstaan nie dat 'n 308 'n 30-06 is watse strooi uitgesort is nie. :-\
Maar nou ja, ek het al vir Deon verduidelik hoekom hy die 308 bo die 30-06 moet vat.
Van daar af, is dit seker maar persoonlike keuse.

Groete,
Eugene

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Thu Mar 10, 2011 8:06 am
by JPS
Manne,

Hy bedoel maar net alles wat jy met de .308 doen kan jy beter doen met .30-06... :angel:

(en nou sal dit seker goeie tyd wees om popcorn te kry ;D)
Groete
JP

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Thu Mar 10, 2011 8:24 am
by JOHANNIC
JPS
N 308 en n 30-06 is soos n hond wat n kat jaag maar altwee stap ;D ;D ;D
(nou ga ek ook gou popcorn uithaal ;D)

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Thu Mar 10, 2011 8:57 am
by DWB
Haha, Geno, ek het jou en die ander se raad gevat. Ek kyk net nog na opsies.

Toe is ek nou sommer gister twee fulltsock 303s aangebied. Die een het 'n Lee Enfield P14 aksie.

Maar laat ek vir julle een ding s?, my kop wil nie meer dink nie

Re: Is dit die moeite werd vir 'n first time applicant om nuwe gewere te koop?

Posted: Thu Mar 10, 2011 9:08 am
by Monrique (SJ)
Deon

Welkom hier.


As jy n geweer vir die bos soek vat n .303 my maat! Hy doen dit beter as die .308 en 30-06.  Sover ek weet het die Enfields nie P14 nie dis n ander aksie as die Enfield.

Laat daai full stock net sporterize en jy het n bakgat bosveld roer.

Groetnis