Page 1 of 1

150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Tue Mar 08, 2011 9:46 pm
by mosselv
Hallo daar

Ek wil net weet ek het nie my .308 lank nie maar gaan gemsbok met Ha skiet in April.
EK gaan vir my 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probleme

Dankie Andre

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Tue Mar 08, 2011 10:05 pm
by Hein M.
Hallo Andre!

PMP se softnose punte is nie die beste jag-kwaliteit vir die groter boksoorte nie.  As jy been tref kan daar dalk groot probleme wees.  Sommige ouens is gelukkig, maar ek sal nie die kans vat met PMP op 'n gemsbok nie.  Op 200m moet jou skootplasing ook spot on wees.  Veral ook as die wind pla of die bok staan teen 'n skuins hoek.  Ek weet dit is duurder, maar 'n punt met beter "bonding" is beslis 'n beter opsie.

Net my 2c

Groetnis!

Hein M

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 7:09 am
by 300Winmag
Pro-Amm of gewoon? En sommer vir die manne wat weet - hoe groot is die verskil tussen die 2?

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 7:29 am
by Gerhard
Ek het Gemsbok met 'n klient gejag.

Hy het my 303 gebruik met 174gr PMP (SN) punte en die bok het geval sonder probleme.

Hy het later die middag n Rooihartbees op 220 meter om gedop met die 303 sonder probleme.

Dit gaan maar oor skoot plasing.

PMP se 174gr SN punte het my nog nie gedrop nie.

Sou vir gemsbok bietjie swaarder as 150gr punte gebruik veral as jy verder as 200 meter gaan skiet...

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 7:34 am
by Geno
300Winmag wrote: Pro-Amm of gewoon? En sommer vir die manne wat weet - hoe groot is die verskil tussen die 2?
Die Pro-Amm het harder lood in die agterste deel, ek dink hy's ge-bond ook.
Hy vaar verseker beter as die standaard PMP koeels.

Ek stem saam met Gerhard, teen die spoed wat 'n 308/303 loop, het mens nie eintlik premium koeels nodig nie, skiet net raak!

Groete,
Eugene

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 7:54 am
by krisie
M?re GERHARD.

Dit is KOE?LS EN NIE punte nie :police: :police:.

Lekker dag.

KRISIE.

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 8:11 am
by JOHANNIC
Ek sien jou punt  ;D

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 8:23 am
by D4D
Hi Mosselv

Ek het altyd net 150gr PMP(SN) punte op my .308 gebruik vir Gemsbok en Kudu`s en het nog nooit gaan soek na `n bok nie.
As die skoot klap dan le die bok,maar stem saam met Gerhard, jy  moet net die skoot reg plaas.

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 8:31 am
by Wouter Roets
Mosseltof

Kyk na iets in die 165gr klas. daar is al baie baie bokke gedood met die koeel wat jy noem maar ek voel hy is bietjie lig en van swak konstruksie. Geno sover ek weet is daar geen chemiese bonding op die Proamm nie wel net dikker wande. Mosseltof spandeer maar so n paar RRR meer op jou koeels en probeer iets in die klas kry wat vir jou tem minste n konstante 80% gewigsretensie gaan gee tesame met goeie groepering. As jy n lys van die tipe koeels wil he laat weet net dan gee ons dit vir jou.
Gemsbokke is taai diere met groot beenstrukture en vereis sterker konstruksie koeels.
As jy werklik wil gebruik die PMP dat behoort jy nie verveeld te wees vir die res van die trip nie! ;D Jy sal lekker bedrywig wees!

Groete
Wouter

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 8:57 am
by Danie Lombard .243
Mag ek ook 'n vragie vrae oor die PMP koele??
Dit is seker om dom vraag maar ek wil julle mening hoor.

Ek laai 220gr PMP punte in my .300 Win Mag @ 2700 fps,  baie akkuraat, sny op 100 meter.  Ek het nog net een bok, 'n gemsbok met die punte gejag. Dit was 'n brein skoot gewees. Dus het ek nog nooit iets 'n hart/long lyfskoot toegedien met die 220gr PMP punte uit my .300 Win Mag nie. PMP laai wel fabrieks ammo vir die .300 Win Mag met die std PMP punte vir die doel van jag.


MY VRAAG  Kan mens dus die 220gr punte gebruik vir jag, ek meen lyf skote, veral gesien die lae spoed wat ek tans met die .300 skiet, 2700 fps.

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 9:05 am
by 300Winmag
Ek het verlede jaar met 220gr PMP fabrieks ammunisie 'n Hartmans Zebra en koedoe geskiet.
Die zebra was ver en het ek hoog op die knoppe geskiet - die punt het onder die vel aan die ander kant
gesit. Hy hey net daar geval.

Die koedoe was naby (40-50m) - 1/4 weg. Op die lewer in geskiet - die cup het in die linker kantste
blad gesit. Die res van die patroon was missing. Hy het so 15m gedraf en omgeval.

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 9:08 am
by JOHANNIC
Danie
Verseker!!!

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 9:20 am
by Stefan764
More almal.

Dan gooi ek ook maar n 2c by...

Na n lang en deeglike gesprek met Wouter Roets in sy slagkamer op sy pragtige plaas tydens ons Jaracal Impala Koeel Toets het ons tot die volgende slotsom gekom:

PMP soft point 150gn: R300 per 100, dus R3,00 per koeel

BarnesX Tipped TSX 150gn: R430 per 50, dus R8,60 per koeel

Hornady Interbond 150gn: R775 per 100, dus R7,75 per koeel

(Pryse vanaf S&O web)

Nou, se jy gebruik 50 koeels op jou jagtog (vanaf lading ontwikkel tot instel en dan fisies die jag/skiet van jou 2 of 3 of 4 bokke). Jy spaar dus R 430 - R150 = R280 op jou jagtog.

Jy skiet 2x Gemsbokke teen R3000 per bok = R6000

Jy ry 500km na jou bestemming toe en trug = R700 brandstof

Jy slaap 2x aande oor = R500 vir die 2 aande saam

Jy bewerk jou vleis (self) = R 1000 spices/derms teen R5/kg en 2x karkasse van 100kg elk

Jy eet en drink die naweek = R400 vir die 2 aande (kas bier, ys, koeldrank, snacks, vleis, pap en bietjie buns)

Ammo: R150 vir 50 PMP softnose koeels

Totaal = R8750 om 2x Gemsbokke te gaan jag.

Jy spaar R280 deur PMP te gebruik eerder as n SUPER PREMIUM GEVESTIGDE OOR-EN-OOR BEWYSDE koeel te gebruik. Dis 0.032% van jou jag se kostes...

Dis hoe ek my mind opgemaak het deur dit vir myself so uit te redeneer. Koop n Premium koeel. Die premie wat jy betaal (0.032% meer) gee jou die absolute gerustheid dat as nie "NUT behind the BOLT" sy werk doen daar nie veel anders kan verkeerd gaan nie...

Onthou net, dit staan enige man vry om te maak en mee te skiet net waarmee hy wil, hierdie is maar my ee-ogige opinie...

Groete
Stef

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 11:59 am
by Gerhard
krisie wrote: M?re GERHARD.

Dit is KOE?LS EN NIE punte nie :police: :police:.

Lekker dag.

KRISIE.
Krisie,

In my opinie het net n hond koels...

Ek laai en skiet punte in my gewere... ;)

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 12:41 pm
by Danie Lombard .243
;D  Beslis ou Gerhard,  ek laai ook punte in my ketties    Lekker lag ek nou.



Ludwig,    Daai klomp vleis skade kan nogal 'n probleem raak. Ek is ook teen vleis skade siende die feit dat ek geensins 'n trofee jagter is nie maar wel jag vir die vleis en die voorreg om te kan jag.

Ek het in jare nie met PMP ammo gejag nie, dink die laaste keer dat ek met PMP ammo gejag het was in 1998 met my .270  Laai sedert 1998 Sierra punte vir jag. Het die klompie .30 kal 220gr PMP punte persent gekry by 'n mater, 'n hele klomp. Hul skiet werklik lekker in my .300 Win Mag, baie akkuraat.  Maar vir sulke woeste vleis skade is ek nie lus nie.

Kan wel vir jul eending vertel,  daai 220gr punt skiet 'n mooi tonnel deur 'n gemsbok se kop/harsings. So 'n golf bal size gat.

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 3:45 pm
by Hein M.
Stefan764 wrote: More almal.

Dan gooi ek ook maar n 2c by...

Na n lang en deeglike gesprek met Wouter Roets in sy slagkamer op sy pragtige plaas tydens ons Jaracal Impala Koeel Toets het ons tot die volgende slotsom gekom:

PMP soft point 150gn: R300 per 100, dus R3,00 per koeel

BarnesX Tipped TSX 150gn: R430 per 50, dus R8,60 per koeel

Hornady Interbond 150gn: R775 per 100, dus R7,75 per koeel

(Pryse vanaf S&O web)

Nou, se jy gebruik 50 koeels op jou jagtog (vanaf lading ontwikkel tot instel en dan fisies die jag/skiet van jou 2 of 3 of 4 bokke). Jy spaar dus R 430 - R150 = R280 op jou jagtog.

Jy skiet 2x Gemsbokke teen R3000 per bok = R6000

Jy ry 500km na jou bestemming toe en trug = R700 brandstof

Jy slaap 2x aande oor = R500 vir die 2 aande saam

Jy bewerk jou vleis (self) = R 1000 spices/derms teen R5/kg en 2x karkasse van 100kg elk

Jy eet en drink die naweek = R400 vir die 2 aande (kas bier, ys, koeldrank, snacks, vleis, pap en bietjie buns)

Ammo: R150 vir 50 PMP softnose koeels

Totaal = R8750 om 2x Gemsbokke te gaan jag.

Jy spaar R280 deur PMP te gebruik eerder as n SUPER PREMIUM GEVESTIGDE OOR-EN-OOR BEWYSDE koeel te gebruik. Dis 0.032% van jou jag se kostes...

Dis hoe ek my mind opgemaak het deur dit vir myself so uit te redeneer. Koop n Premium koeel. Die premie wat jy betaal (0.032% meer) gee jou die absolute gerustheid dat as nie "NUT behind the BOLT" sy werk doen daar nie veel anders kan verkeerd gaan nie...

Onthou net, dit staan enige man vry om te maak en mee te skiet net waarmee hy wil, hierdie is maar my ee-ogige opinie...

Groete
Stef
Ek is ook bitter lief vir PMP ;)

Maar dit wat Stefan hier se is deurslaggewend.  Hoekom kanse vat -met 'n duur jag - en goedkoop koeels?  My argument ook.

Hein M

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 3:56 pm
by Hein M.
krisie wrote: M?re GERHARD.

Dit is KOE?LS EN NIE punte nie :police: :police:.

Lekker dag.

KRISIE.
Jy het dalk 'n PUNT beet :angel:

Hein M

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 4:03 pm
by Gerhard
Stefan764 wrote: More almal.

Dan gooi ek ook maar n 2c by...

Na n lang en deeglike gesprek met Wouter Roets in sy slagkamer op sy pragtige plaas tydens ons Jaracal Impala Koeel Toets het ons tot die volgende slotsom gekom:

PMP soft point 150gn: R300 per 100, dus R3,00 per koeel

BarnesX Tipped TSX 150gn: R430 per 50, dus R8,60 per koeel

Hornady Interbond 150gn: R775 per 100, dus R7,75 per koeel

(Pryse vanaf S&O web)

Nou, se jy gebruik 50 koeels op jou jagtog (vanaf lading ontwikkel tot instel en dan fisies die jag/skiet van jou 2 of 3 of 4 bokke). Jy spaar dus R 430 - R150 = R280 op jou jagtog.

Jy skiet 2x Gemsbokke teen R3000 per bok = R6000

Jy ry 500km na jou bestemming toe en trug = R700 brandstof

Jy slaap 2x aande oor = R500 vir die 2 aande saam

Jy bewerk jou vleis (self) = R 1000 spices/derms teen R5/kg en 2x karkasse van 100kg elk

Jy eet en drink die naweek = R400 vir die 2 aande (kas bier, ys, koeldrank, snacks, vleis, pap en bietjie buns)

Ammo: R150 vir 50 PMP softnose koeels

Totaal = R8750 om 2x Gemsbokke te gaan jag.

Jy spaar R280 deur PMP te gebruik eerder as n SUPER PREMIUM GEVESTIGDE OOR-EN-OOR BEWYSDE koeel te gebruik. Dis 0.032% van jou jag se kostes...

Dis hoe ek my mind opgemaak het deur dit vir myself so uit te redeneer. Koop n Premium koeel. Die premie wat jy betaal (0.032% meer) gee jou die absolute gerustheid dat as nie "NUT behind the BOLT" sy werk doen daar nie veel anders kan verkeerd gaan nie...

Onthou net, dit staan enige man vry om te maak en mee te skiet net waarmee hy wil, hierdie is maar my ee-ogige opinie...

Groete
Stef
Alles reg daar mee.

Maar as jy nie die vitals kan raak skiet op 200 meter nie. Maak nie saak wat se premium punt jy mee skiet nie dan mors jy in elk geval jou geld.

Omdat dit te duur was om met premium punte te gaan oefen of wat ook al.

Onthou baie manne moet ammo koop want hulle herlaai nie.

Het jy dalk vir interesantheid gekyk wat kos Hornady of Barnes X ammo wat reeds gelaai is?

Koste van ammo raak dan beslus n groot faktor.

PMP SN punte of Barns X sal nog steeds die bok om kry maar dan moet jy die ballon kan punch op 200 meter + ...

In vandag se ekonomie sal baie die PMP rigting vat.

Moet my nie verkeerd verstaan nie ek self het met PMP's gejag in my 303. So ook Sierra's 180gr RN en nou 215gr en 175gr Rhino's. Want ek het die punte nodig gehaad as PH om beste moontlike penetrasie te gee op slegte hoeke vir kwes bokke.

Sal ek weer PMP SN mee jag ???

Ja beslus want ek kan sonder om te probeer spog die boiler room stukkend skiet skoot vir skoot want as ek nie gemaklik is met n skoot nie skiet ek hom een voudig nie op n bok nie.

Soos met die 308 Win en 243 Win en ander kaliber argumente kan mens vir maande lank debateer oor die onderwerp.

Op die einde van die dag moet elke jagter skiet waarmee hy gemaklik en akkuraat sy bok mee kan dood skiet...

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 7:31 pm
by Spanner
Ek herlaai vir my ou kleilat .30-06 sommer 'n hoop rondtes voor die jagseisoen om mee te oefen en my oog weer skerp te kry - 155gr PMP Match HPBT, met CCI 200 slagdoppe, en 51 gr S341.  Ek maak die TPL = 84mm want my kettie hou net daarvan.  Ek kry so 2930 f/s met hulle en die spoed is baie konstant wat ook verseker dat ek baie goeie groeperings met hulle kry.
Maar ek gebruik hulle uitsluitlik op papierbokke en jakkalse.  Ek het al te veel keer, baie kilogramme flentervleis vir die honde gaargemaak voor ek finaal besluit het dat PMP baie goeie koeels maak om uitsluitlik op iets te gebruik wat jy nie wil eet nie. 
Selfs ProAmm maak te veel vleisskade vir my - ek kan dit bloot net nie regverdig nie.  Ek laai so 20 monometaal premium rondtes en as ek heeltemal klaar geoefen is en tevrede is dat ek my kant sal kan bring, stel ek die kettie in met die duur ammo en gaan jag ek met 'n gerusde hart.  Ek skiet seker so 60 PMP rondtes uit vir elke duur rondte wat ek in die veld afvuur.  Dis ook maar duur, maar dit werk vir my.
Pennie wise - pound stupid werk nie vir my nie.

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Wed Mar 09, 2011 7:40 pm
by Gerhard
Spanner wrote: Ek herlaai vir my ou kleilat .30-06 sommer 'n hoop rondtes voor die jagseisoen om mee te oefen en my oog weer skerp te kry - 155gr PMP Match HPBT, met CCI 200 slagdoppe, en 51 gr S341.  Ek maak die TPL = 84mm want my kettie hou net daarvan.  Ek kry so 2930 f/s met hulle en die spoed is baie konstant wat ook verseker dat ek baie goeie groeperings met hulle kry.
Maar ek gebruik hulle uitsluitlik op papierbokke en jakkalse.  Ek het al te veel keer, baie kilogramme flentervleis vir die honde gaargemaak voor ek finaal besluit het dat PMP baie goeie koeels maak om uitsluitlik op iets te gebruik wat jy nie wil eet nie. 
Selfs ProAmm maak te veel vleisskade vir my - ek kan dit bloot net nie regverdig nie.  Ek laai so 20 monometaal premium rondtes en as ek heeltemal klaar geoefen is en tevrede is dat ek my kant sal kan bring, stel ek die kettie in met die duur ammo en gaan jag ek met 'n gerusde hart.  Ek skiet seker so 60 PMP rondtes uit vir elke duur rondte wat ek in die veld afvuur.  Dis ook maar duur, maar dit werk vir my.
Pennie wise - pound stupid werk nie vir my nie.
Dis die regte manier om dinge te doen Spanner.

Ek het nog army 303 rontes wat ek skiet om te oefen en dan skiet ek drie jag rontes om te bevestig...

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Thu Mar 10, 2011 4:13 pm
by Boesman
Teen relatief stadige snelhede (soos 2700fps) is daar geen fout met PMP koeels   ;D nie Ek het heel paar al herwin uit koedoes, gemsbokke en zebra's, en dit mushroom perfek en breek nie op nie. Gewigretensie van 'n koeel is die belangrikste faktor vir penetrasie. As jy weet jy skiet (of tref) teen hoe snelhede, bele in beter kwaliteit koeels. Maar 'n man moet nog steeds eers raak skiet.

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Thu Mar 10, 2011 7:28 pm
by James Wilson
stefan 764, ek net gladnie my vereenselwig met daai som nie. n hele gemsbokjag en die trip heen en weer, en dit op NET R400 se kos en drank.  ;D

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Thu Mar 10, 2011 7:41 pm
by Gerhard
Jagbehep! wrote: stefan 764, ek net gladnie my vereenselwig met daai som nie. n hele gemsbokjag en die trip heen en weer, en dit op NET R400 se kos en drank.  ;D
en die nuwe petrol prys  :o

kan dit met 2 x net om daar op die plaas te kom  >:(

Re: 150gr pnp punte laai en ek gaan seker so 200m skiet voor sien enige iemand probl

Posted: Thu Mar 10, 2011 9:38 pm
by mosselv
Ja met die petrol prys raak ek bang ek dink ons gaan plaas toe draf

Dankie vir almal se raad nou het ek baie huiswerk

Andre