Page 1 of 1

Remington Doppe

Posted: Tue Mar 08, 2011 3:18 pm
by BLOK
Ek het vandag by n bekende handelaar n klompie 300H&H Remington doppe gekoop. Die prys was baie goedkoop R453.00 vir vyftig. Ek kan sien dat dit al redelike ou voorraad is die doppe het sommer al so vaal pienk skynsel en hier en daar waar vinger afdrukke op hulle sit wys dit dat hulle al lank le. Nou my vraag, omdat die doppe so goedkoop is ek het ander kwotasies gekry en die gemiddeld is dubbel die prys, hoe weet ek hierdie is wel remington doppe. Daar is geen beskrywing op die pak of die doppe wat se Remington, al wat op die doppe staan is R.P 300H&H MAG. Die doppe se nekke is ook heelwat misvorm en ek het darem verwag dat nuwe doppe redelik rond en konstant sal voorkom.

Wat reken julle is dit remington doppe en moet hulle so onegalige nekke he.

Blok.

Re: Remington Doppe

Posted: Tue Mar 08, 2011 3:28 pm
by Geno
Blok, dit is Remington doppe. R.P staan vir Remington Peters.
Remington doppe se kwaliteit is nie te hot nie, swakker as Winchester, Norma ens....


Groete,
Eugene

Re: Remington Doppe

Posted: Tue Mar 08, 2011 3:29 pm
by Frederik
Dit is Remington se merk daai R.P hulle is regte remmi doppe.
Gebruik hulle vir my 303 en 375 geen probleme.

Jong klink of hulle julle roof daar hier is die gemmidled prys vir 50, 375 H&H so R570

Re: Remington Doppe

Posted: Tue Mar 08, 2011 4:02 pm
by BLOK
Dankie manne

Soos jy se Frederik die prys was baie billik dis wat my laat wonder het. Ek het hulle by Frontier in Klerksdorp gekoop die manne se pryse is nogal oor die algemeen laag. Dis die dat ek eers nie die naam wou se, kan nie plek slegmaak as ek nie seker is nie. Ek koop meeste van my goed by hulle en het nog nooit probleme gehad nie.

Blok

Re: Remington Doppe

Posted: Sat Mar 12, 2011 10:54 pm
by THOMAST
Toe ek nog Remington doppe gebruk het, het ek dieselfde ding ervaar met die bekke wat geduik was.
Smeer 'n bietjie smeemiddel op en druk hulle maar deur die matrys, Dan weet jy hulle is egalig.
Ek het lateraan maar oorgeslaan na ander fabrikaat doppe, die goed het net te veel gewissel in gewig vir my smaak.

Re: Remington Doppe

Posted: Sun Mar 13, 2011 12:09 am
by Francois Marais
Manne

My mening...

Remington doppe is nie die beste kwaliteit doppe nie, daar is beter.......

Norma en Lapua..., maar dit is maar net goeie quality controll om inelk geval all nuwe doppe ten minste te neck size en op lengte af te sny......

Prys is baie billik....

Mooi loop
Francois

Re: Remington Doppe

Posted: Sun Mar 13, 2011 7:13 pm
by Stefan764
Cois +1

Noudie aand my Norma doppe gevat en random 5 uit 50 getrek. Almal weeg binne 0.2 grein van mekaar af