Page 1 of 1
Ystervark met die boog....
Posted: Tue Mar 08, 2011 1:53 pm
by marno
Buiten die bokke wat ek al met die boog geskiet het, was die ystervark die moeilikste om te skiet aangesien hulle nie vir baie lank stil staan nie.
[img width=560 height=420]
http://i1211.photobucket.com/albums/cc4 ... A40411.jpg[/img]
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Tue Mar 08, 2011 5:07 pm
by Johan04
Mooi Marno. Wat se boog het jy gebruik? Dit lyk nie bekend nie.Waar het jy die vark geskiet,ek bedoel op sy lyf?
Groete
Johan
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Tue Mar 08, 2011 5:15 pm
by marno
Hi Johan,
Dit is 'n Reflex Highlander. Het hom van links agter geskiet en hy is aan sy regterkant voor uit.
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Tue Mar 08, 2011 7:15 pm
by 300Winmag
Sommer uit nuuskierigheid uit, hoekom sal mens hom skiet, maak hulle skade of eet mens hom?
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Tue Mar 08, 2011 7:23 pm
by Kalahari
300winmag
Hier by my in die Kalahari (nam), maak hulle redelik skade as hul lus het die dag, vreet die kameelbaome se bas af en die vrek die bome. Verder is hul baie lief om gate onder die jakkalsproef drade te grawe met die res van die gespuis wat in hul spoor loop.
Verder eet sy rugvel vorentoe, ons praat hier van die "mielie", trek die penne uit en slag vel los. Laat le vel bietjie in 'n marenade van jou keuse, en siedaar. Ek eet hom graag, res van die vleis is ook wit en smaak baie na 'n mak varkie of hoender. Soos al die ander vleise smaak die jonger diere s'n beter en eet makliker.
Fyn trap
Kalahari
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Tue Mar 08, 2011 7:25 pm
by Kalahari
Marno
Sorry man, nou het ek sommer "in getjip", jul 2 is mos in gesprek, gedink ek se maar net wat ek met die ou pennevark maak hier by my.
Kalahari
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Tue Mar 08, 2011 7:26 pm
by marno
Hi 300 Winmag,
Hulle maak verskriklik skade in die mielie lande so mens probeer maar die gewasse beskerm.
Die vleis gaan ook nie verlore nie. 'n Ystervark is vrek lekker op die spit.
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Tue Mar 08, 2011 7:28 pm
by marno
Kalahari wrote:
Marno
Sorry man, nou het ek sommer "in getjip", jul 2 is mos in gesprek, gedink ek se maar net wat ek met die ou pennevark maak hier by my.
Kalahari
Hi Kalahari,
Geen probleem dankie man! Ons sit hulle op die spit. Vrek lekker. Maar die goed roer ons mielies kwaai.
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Tue Mar 08, 2011 7:33 pm
by Kalahari
Marno
Ek glo daai mielies sal skade kry, maar die mielie mak hom seker lekker vet ok

, die dat man hom op die spit kan gooi.
Kalahari
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Tue Mar 08, 2011 7:38 pm
by marno
Ja jong hulle maak baie skade. Veral as die mielies klein is. Hulle begin met 'n ry dan vreet hulle sommer so 100m in die land in.
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Tue Mar 08, 2011 7:40 pm
by 300Winmag
My vrou sal darem like as ek mat so sak vol penne by die huis aan kom!
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Wed Mar 09, 2011 9:31 am
by Stefan764
Ystervark kan lelik skade aan mielies maak.
Die bliksems is ook lief op plastiek waterpype gaatjies in te byt om water te drink.
Eerste pennevark wat ek sien wat met n boog gestamp is!! Mooi daar Marno!
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Wed Mar 09, 2011 9:36 am
by marno
Hey Stefan,
Weet jy nou dat jy daarvan praat, jy is 100% reg. Die ouens met groente kla erg oor dit dat hulle die water pype stukkend byt.
Thanks man! Dit was by ver die moeilikste ding wat ek met die boog geskiet het. Was flippen moeilik. My boog het gelukkig luminated sights so kan in die aand met die spotlight skiet. Die probleem is van 'n ystervark met die boog skiet is dat hulle nie baie stil staan nie. Het hard gewerk vir die een.
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Wed Mar 09, 2011 9:56 am
by tafjak
Stefaans
Die bliksems is ook lief op plastiek waterpype gaatjies in te byt om water te drink.
...............sien vlekkie het ook die kuns bemeester.
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Wed Mar 09, 2011 9:58 am
by Beyers
Daai vlooie is nogal 'n riller
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Wed Mar 09, 2011 5:35 pm
by baboonstalker
Ek het ook my eerste pennevarkie in die vrieskas, maar iemand vra my noudie dag of ek sy "bittervlies"uitgeslag het. Dit is blykbaar die vlies wat die buikholte uitvoer.
Wat s? dei manne wat ken van ystervark gaarmaak? Weet julle van so 'n vlies, en moet hy uit?
Pieter
Re: Ystervark met die boog....
Posted: Wed Mar 09, 2011 5:42 pm
by marno
Nee genade Pieter, ons het al vrek baie geeet maar nog nooit van so iets gehoor nie. Ek is nou seker nie 'n kenner nie maar eerlik waar ek weet nie van dit nie. Ystervark op die spit. Eish! Baie baie lekker. Daai rug vel is konings kos...