Page 1 of 1

Scope vir R5000

Posted: Mon Aug 04, 2014 3:11 pm
by Dries101
Hi julle

Enige voorstelle vir n teleskoop- gaan op n 30-06 en vir bosveldjag- budget is hier by R5000 rond of verkieslik minder en moet n 1duim buis he- kyk hier na die 3-9x40 tipe vergrooting

My opsies so ver

Nikon Monarch 2.5-10
Leupold Vxii 3-9
Meopta 3-9
Zeiss Terra 3-9

wat vermis ek?

Re: Scope vir R5000

Posted: Mon Aug 04, 2014 3:18 pm
by Hansie
Dries, het jy al na Burris teleskope gekyk? Werk vir my baie goed, ek het op 3 gewere en het nog geen moeilikheid gehad nie. Ek dink dis waarde vir geld.

Re: Scope vir R5000

Posted: Mon Aug 04, 2014 3:37 pm
by musgrave270
Dries

Jy moet op die S&O Specials blad kyk of jy nie dalk nog daar 'n winskoop raakloop nie.

http://jaracal.com/viewtopic.php?f=171& ... ptics+sale

My Pa het 'n 3-9x40 Vortex Viper op sy 30-06 en dis 'n puik scope. Ek dink sonder afslag behoort hy nog binne jou begroting te pas.

Groete
Ruan

Re: Scope vir R5000

Posted: Mon Aug 04, 2014 10:11 pm
by Supacow
Ek sal Meopta vote

Re: Scope vir R5000

Posted: Tue Aug 05, 2014 6:40 am
by win270
Kyk ook na Lynx en onthou maar altyd om naverkoop diens en waarborg te ondersoek voor jy finaal besluit.

Re: Scope vir R5000

Posted: Tue Aug 05, 2014 11:07 pm
by Rikuss
Nikon sal jy nie fout mee maak, het self een op my 375.kry die Monarch 3.

Re: Scope vir R5000

Posted: Wed Aug 06, 2014 4:57 am
by sako 30-06
Dries101 wrote:Hi julle

Enige voorstelle vir n teleskoop- gaan op n 30-06 en vir bosveldjag- budget is hier by R5000 rond of verkieslik minder en moet n 1duim buis he- kyk hier na die 3-9x40 tipe vergrooting

My opsies so ver

Nikon Monarch 2.5-10
Leupold Vxii 3-9
Meopta 3-9
Zeiss Terra 3-9

wat vermis ek?
Hoekom kyk jy net na n x9 vergroting?Ek persoonlik sal nie weer die fout maak nie,x12 of x14 is baie beter veral as jy verder as 200m skiet of selfs van 100m af is n groter vergroting baie beter.
Die burris Fullfield II 4.5-14x42 is n baie goeie scope en n baie goeie prys.

Het 1 op my 30-06,1 op my pa se .308 en 1 op my broer se .300wsm.
Nie een van ons is al een dag spyt nie.

Re: Scope vir R5000

Posted: Wed Aug 06, 2014 8:21 am
by Dries101
sako 30-06 wrote:
Dries101 wrote:Hi julle

Enige voorstelle vir n teleskoop- gaan op n 30-06 en vir bosveldjag- budget is hier by R5000 rond of verkieslik minder en moet n 1duim buis he- kyk hier na die 3-9x40 tipe vergrooting

My opsies so ver

Nikon Monarch 2.5-10
Leupold Vxii 3-9
Meopta 3-9
Zeiss Terra 3-9

wat vermis ek?
Hoekom kyk jy net na n x9 vergroting?Ek persoonlik sal nie weer die fout maak nie,x12 of x14 is baie beter veral as jy verder as 200m skiet of selfs van 100m af is n groter vergroting baie beter.
Die burris Fullfield II 4.5-14x42 is n baie goeie scope en n baie goeie prys.

Het 1 op my 30-06,1 op my pa se .308 en 1 op my broer se .300wsm.
Nie een van ons is al een dag spyt nie.
My twee groot redes is dat ek n meer kompakte scope vir die bosveld geniet en dat ek eerder n bietjie beter glas sal koop met n kleiner vergroting as om my budget op vergroting te blaas en dan swakker glas te kry. Dit is hoekom my hart na die meopta se kant toe staan. Ons het wel die Nikon 2.5-10 op n 270 Win en dit is n baie goeie teleskoop

Re: Scope vir R5000

Posted: Wed Aug 06, 2014 9:06 am
by DJC
Dag Dries, indien jy nog nie na die Burris gekyk het nie, en jy wil nog bietjie huiswerk doen voor jy koop kan jy gerus daarna kyk; ek het ook die
Fullfield 4.5-14x42 Ballistic plex op my 30-06 en dis 'n baie gawe scope. Ek weet VLT in Pretoria hou hulle aan indien jy deur een wil loer. 'n Vriend van my het net Vortex Viper teleskope en dis net so 'n mal scope daai en die special by S&O vir die 3-9x40 lyk baie goed. Toe ek 'n teleskoop gesoek het, het almal die Nikon vir my aanbeveel maar ek het net nie van die kruishaar gehou nie, so die beste raad is gaan kyk self deur elke scope op jou kortlys en besluit wat werk die beste vir jou.
Dirk

Re: Scope vir R5000

Posted: Wed Aug 06, 2014 9:10 am
by Capt. Yoda
Ek het die Zeiss conquest hd 2-10x42 op my 30.06 en daai vergroting werk baie lekker vir my op daai kaliber.Dink nie ek het al ooit minder as 6x vergroting gebruik nie maar ek kan as ek moet.
In daai lys sou ek gaan vir die Meopta en dan die Zeiss.As jy erens een van die ouer Conqeust 3-9's kon kry sou ek vir hom gegaan het.Ek het nog een van hulle wat op my 30.06 was en hy kan ma daar in die kluis bly tot ek nog n geweer kry om hom op te sit.

Soos jy se beter glas met n lae vergroting sal altyd beter wees as swakker glas met n hoe vergroting.As dit begin skemer word in die bosveld sal jy baie vinnig die verskil tussen n Zeiss HD/Meopta en n Nikon/leupold Vxii sien.

Re: Scope vir R5000

Posted: Wed Sep 17, 2014 9:59 pm
by tgg
Ek het vir my 30-06 eers n meopta 4-12x50 gekoop, puik scope baie kwaliteit lense en helder .

Dit was mos nou n jaggeweer, maar ek hou van teiken skiet en die gongs raak te klein op 400 toe koop ek nou die 6-18x50 vir teiken skiet laas week.

Die lense is net so mooi helder, die plan is nou om die QD ringe van warne te gebruik en die scopes te ruil soos nodig. Die parrelax ding sukkel bietjie as jy jag en links is en met n regs om geweer skiet.

My ander scope op die 260 is n swaro Z5 , ek het nog nie die 6-18 op die baan gehad nie maar die 4-12 staan nie ver agter hom nie. Maar die groot verskil kom mos by die groter stellings.