Page 1 of 1
NWK Retail skietkompetiesie 1 November 2014
Posted: Mon Aug 04, 2014 8:46 am
by andre007
More manne, vir die wat nie reeds Nwk se maandelikse nuusbrief gekry het nie plaas ek die advertensie, Ek adverteer nie namens die mense nie en is hoegenaamd nie geaffilieerd met hulle nie en plaas dit maar in die belang van die lede in die Lichtenburg omgewing wat n prysie wil gaan losskiet. Vir die volledige advertensie tik ''
http://www.nwk.co.za:8080/nwkgroup/imag ... %20bl1.jpg'' in jou ''search bar'' om dit op te spoor.
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/nwk_zps1f573b21.jpg
Re: NWK Retail skietkompetiesie 1 November 2014
Posted: Wed Sep 03, 2014 8:15 am
by Riaan Kriel
Die een gaan 'n grote wees. NWK Kleinhandel/Retail het heelwat pryse op die spel, groot borgskappe is vanaf verskaffers verkry en dit gaan deel vorm wees van die Expo. Die kompetisie gaan die vorm van die SAJWV se Vlakvarktabel aanneem. Dit is oop vir almal wat belangstel.
Re: NWK Retail skietkompetiesie 1 November 2014
Posted: Fri Oct 31, 2014 3:29 pm
by Riaan Kriel
Wie op Jaracal gaan more die een bywoon? Ek weet onse mod Wouter gaan nie kan nie weens sy operasie, maar wie gaan wel hier in Ltx wees more?
Sit bietjie name op die lys, dat ons persoonlik kan ontmoet. Ek gaan die hoofbaanoffisier wees more vir die wat wil kom kennis maak en hulleself voorstel.
1.) Duracell
Re: NWK Retail skietkompetiesie 1 November 2014
Posted: Fri Oct 31, 2014 3:38 pm
by Wouter Roets
Riaan
Lyk my hierdie gatgant gedeelte van ons wereld kry nie veel aftrek nie. Silent Hunter(Henk) en Jakkalsgat(Jaco) is op pad hier na my toe soos ek nou hier skryf en sal ook more daar wees as ons vanaand onsself kan gedra. Sterkte vir more en skiet raak ou maat. Wens regtig ek kon ook deelneem.
Groetnis
Wout
Re: NWK Retail skietkompetiesie 1 November 2014
Posted: Fri Oct 31, 2014 4:29 pm
by Riaan Kriel
Hi Wouter, ek het vanmiddag tussen 1-2 met Gerrie de Beer en Sarel van Sudami X-ring gesels, hulle bly by Lakeside gastehuis.
Ek het van Henk se KD 1 gekoop vir my .303 vanoggend by die ekspo. Stuur groete vir die manne. Hoop om julle daar te sien. Jy sal moet rustig vat met die maag.
