Page 1 of 1

Burris Ballistic Laserscope

Posted: Sat Aug 02, 2014 9:47 am
by tgg
Ek het n bietjie gesoek, maar kry nie iets hier oor die scope nie.

Het iemand so n scope en hoe is hy

Re: Burris Ballistic Laserscope

Posted: Sat Aug 02, 2014 11:15 am
by THOMAST
Praat jy nou oor die Burris Eliminator?

Re: Burris Ballistic Laserscope

Posted: Sat Aug 02, 2014 2:11 pm
by Jaco B
Blackie op die forum gebruik die Eliminator en soos ek kan afly is hy baie gelukkig .

Ek self het die Burris FF2 E1 en is baie gelukkig.

Re: Burris Ballistic Laserscope

Posted: Sat Aug 02, 2014 5:05 pm
by James Wilson
Piet Breedt het n volwaardige verslag oor die scope gedoen, nadat hy dit intens getoets het. Soek maar op die forum, jy sal dit kry

Re: Burris Ballistic Laserscope

Posted: Sun Aug 03, 2014 9:39 am
by tgg

Re: Burris Ballistic Laserscope

Posted: Sun Aug 03, 2014 1:50 pm
by tgg
James Wilson wrote:Piet Breedt het n volwaardige verslag oor die scope gedoen, nadat hy dit intens getoets het. Soek maar op die forum, jy sal dit kry

Dit is die ouer model

Re: Burris Ballistic Laserscope

Posted: Sun Aug 03, 2014 7:53 pm
by 30-06
Ek het een.
Scope werk baie lekker maar het soos enige iets sy tekortkominge.

Sy eye relief is baie sensitief en dit is nie 'n scope vir vinnig skiet nie.
Swaklig is vir my ook 'n probleem en in die son blink my scope nogal redelik baie.

Die scope het defnitief 'n plek maar jy moet besluit waarvoor jy hom nodig het.
Vir voorsit jag en jag waar jy baie tyd het kan die scope goed werk.

Re: Burris Ballistic Laserscope

Posted: Mon Aug 04, 2014 9:33 am
by SV MAD (Henk)
Die Eliminator is die USA maak, die Ballistic is die Europese maak. Selfde scope, net ander naam agv geografie.

Ek het een van die ouer modelle en is baie gelukkig met hom.

Re: Burris Ballistic Laserscope

Posted: Tue Oct 07, 2014 8:54 pm
by Chop
Hi,

Ek het die eliminator 3. Ek love dit.

Re: Burris Ballistic Laserscope

Posted: Wed Oct 08, 2014 11:01 am
by Johan Reyneke
Chop wrote:Hi,

Ek het die eliminator 3. Ek love dit.
Ek ook. My laat doen wat ek nooit met 'n gewone scope sal doen nie. Die magiese 300m skoot. Praat nie verder nie

Re: Burris Ballistic Laserscope

Posted: Wed Oct 08, 2014 11:57 am
by Boesman10
Ek gebruik die Eliminator III nou al vir twee jaar lank op my .308. My friend het onlangs dieselfde scope op sy .300WM en op sy .243 gesit. Tot en met hede het ek nog geen slegte komentaar oor die Eliminator gehoor nie. Daar is wel 'n paar dinge wat jy moet in ag neem:

1) Die kruishaar op die Eliminator is redelik dik en as jy besluit om op 200 of 300 te zero dan kan die kruishaar maklik die teiken bedek. Beste praktyk is om op 100 m te zero en dan die liggie aan die binnekant te gebruik vir skote verder as hierdie afstand.
2) Vir die scope om goed te werk is dit belangrik om 'n akuraate "Drop Value" (hoeveel die koel val) in te sit. Vir die beste resultate vereis die scope dat jy op 750 yards 'n skiet toets doen. Dit is nie altyd prakties nie so gebruik 'n ballistieke program vir aanvanklike kalibrering en gaan dan baan toe en skiet op die langste afstand wat jy moontlik kan om akurate drop te bereken.
3) Meeste skiet kompetisies laat nie 'n rangefinder toe nie. As jy aan die kompetisies gaan deelneem moet jy elke keer die battery uit die scope uithaal. Jy moet dus ook die scope leer skiet sonder die interne liggies indien jy in kompetisie belangstel

Re: Burris Ballistic Laserscope

Posted: Wed Oct 08, 2014 8:45 pm
by Dawie
Ek het Burris Ballistic3 Laserscope op my AR 15 en wat 'n plesier.....

Drop nommer op JBM uitgewerk, vir die afstande wat ek met daai roertjie skiet is hy spot on. Lekker prakties en gou. Hoef nie rangefinder en kaarte saam te dra nie. En jy hoef ook nie meer met 'n platskiet loopvreter te skiet nie.

Sover noggie Zero verloor nie, letterlik 100de kilo's agter my rug op motorfiets of langs my in die bakkie.

Iets wat ek nie geweet het nie en in die boekie gesien het is dat die koëel BC hoër raak met hoogte bo seespiël....

Sal dit nou nie as top of the range teiken scope klasifiseer nie, maar as 'n "tool" baie handig.

Re: Burris Ballistic Laserscope

Posted: Thu Oct 09, 2014 1:35 pm
by Dawie
Dawie wrote: Iets wat ek nie geweet het nie en in die boekie gesien het is dat die koëel BC hoër raak met hoogte bo seespiël....
Help my as my denke verkeerd is....

Ek dink die rede hoekom jy BC moet aanpas met hoogte bo seespiël is omdat daar nêrens in die teleskoop program hoogte of lug digtheid/druk ingevoer word nie. Dus as hulle van 'n basis van lug digtheid op seevlak af werk en daardie veranderlike word nie ingesit in die som nie, reageer die koëel soos een op seevlak met hoër BC in dunner lug.... :P


Huh?

Re: Burris Ballistic Laserscope

Posted: Mon Oct 13, 2014 8:39 am
by dehacked
BC "verhoog" aangesien lug dunner word en minder weerstand bied vir patroon. Selfde rede hoekom ons Airbusse so hoog vlieg. Soos Dawie sê is hulle BC 'n totaal van XY berekening.