Page 1 of 1
`n Mooi deur
Posted: Fri Aug 01, 2014 7:56 pm
by Gert Odendaal
Hierdie is `n deur wat `n goeie vriend van my gebou het...dit is meer vir vertoon en uitstal tussen oudhede as `n deur wat in `n voorportaal gehang kan word...ek dink die oorspronklikheid en handvaardigheid is iets besonders, ek plaas dit omdat ek weet hier is manne wat so `n handewerk poging sal waardeer...die staal figure is met `n handslyp masjien (grinder) uitgesny uit 10 mm dik staal..die staal gaan nog roes en sal dan `n verweerde voorkoms gee...
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter044/20140801_123757_zps09983bfb.jpg
Re: `n Mooi deur
Posted: Fri Aug 01, 2014 8:41 pm
by HennieC
Hi Gert
Dit is mooi veral as daar roes begin wys.
Vriend van my maak ook sulke goed. Hier is iets wat hy vir my gegee het wat op die stoep hang.
http://i1305.photobucket.com/albums/s554/henniec/Mobile%20Uploads/IMG_00000081_zpsfa35f22c.jpg
Groete
Hennie
Re: `n Mooi deur
Posted: Sat Aug 02, 2014 8:34 am
by henning
Ai jong, ons manne wat hier naby die see bly is allergies vir roes en om te wens dat iets roes om mooi te lyk is amper soos om jou geloof te verander.
Groete
Henning
Re: `n Mooi deur
Posted: Sat Aug 02, 2014 7:57 pm
by Gert Odendaal
Hennie, ek sal Maandag `n foto oplaai van `n gewone pallet wat hy omgebou het in `n skitter projek, ek dink dit gee `n mens net `n idee van watter moontlikhede daar is as `n mens jou kop daarop sit...
Henning, jy moet nie kla nie...hier in Witbank roes ons en die staal materiaal van al die besoedeling ...ook net in Witbank kan jy sien wat jy drink en inasem...

Ons klassifiseer ons water in dieselfde grade stelsel wat die diesel maatskappye gebruik...dit werk gewoonlik in hoeveel deeltjies per milligram...ons trek so by die 500 ppl (parts per liter/dele per litter)...

Re: `n Mooi deur
Posted: Sun Aug 03, 2014 6:28 pm
by henning
Gert Odendaal wrote:Hennie, ek sal Maandag `n foto oplaai van `n gewone pallet wat hy omgebou het in `n skitter projek, ek dink dit gee `n mens net `n idee van watter moontlikhede daar is as `n mens jou kop daarop sit...
Henning, jy moet nie kla nie...hier in Witbank roes ons en die staal materiaal van al die besoedeling ...ook net in Witbank kan jy sien wat jy drink en inasem...

Ons klassifiseer ons water in dieselfde grade stelsel wat die diesel maatskappye gebruik...dit werk gewoonlik in hoeveel deeltjies per milligram...ons trek so by die 500 ppl (parts per liter/dele per litter)...

Gert, jy se jy roes en die staal materiaal roes. Ek het dan gedink n mens wat roes het iets te doen met drank
Groete
Henning
Re: `n Mooi deur
Posted: Sun Aug 03, 2014 8:11 pm
by Gert Odendaal
Nee, nee Henning ek is nou nie `n kundige as dit by drank kom nie maar dit lyk my as ek so rondom my kyk kan ek nie sien dat drank enige nadelige effek op gebruikers het nie....
ek dink dit is maar `n kwessie van die swak water gehalte in Suid Afrika wat manne aanspoor om liewer drank te drink as om maagwerkinge te kry van die vuil water, soos ek verstaan maak sterk drank parasiete en kieme dood die newe effekte is egter dat daar `n probleem met balans kom en `n persoonlikheids verandering vind glo ook plaas, die persoon raak glo ook uitbundig en alwetend...sekerlik nie regtig te erg as ek na die newe-effekte kyk nie...

.
Daar is sekerlik baie meer gevaarliker siektes ....

Re: `n Mooi deur
Posted: Mon Aug 04, 2014 9:31 am
by andre007
Gert Odendaal wrote:Hierdie is `n deur wat `n goeie vriend van my gebou het...dit is meer vir vertoon en uitstal tussen oudhede as `n deur wat in `n voorportaal gehang kan word...ek dink die oorspronklikheid en handvaardigheid is iets besonders, ek plaas dit omdat ek weet hier is manne wat so `n handewerk poging sal waardeer...die staal figure is met `n handslyp masjien (grinder) uitgesny uit 10 mm dik staal..die staal gaan nog roes en sal dan `n verweerde voorkoms gee...
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/boogskutter044/20140801_123757_zps09983bfb.jpg
Daai projek sal ook mooi lyk as n ''oortreksel'' vir n inloop kluis se deur
Re: `n Mooi deur
Posted: Mon Aug 04, 2014 11:26 am
by Rappie
Daai projek sal ook mooi lyk as n ''oortreksel'' vir n inloop kluis se deur[/quote]
Stem saam. Netjies en baie oorspronklik.
Re: `n Mooi deur
Posted: Mon Aug 04, 2014 2:31 pm
by Gert Odendaal