Page 1 of 1
Skietstoel
Posted: Tue Mar 08, 2011 8:56 am
by Michiel(MCR)
Hi julle,
Ek en my mater het toe ook besluit om n skietstoel te kry,natuurlik die een van Freek.
Ons het toe laas naweek sommer die stoel gaan uitprobeer daar in Venterdorp area.Ek moet se
daai stoel is darem n yster en hy sit so lekker en is baie stabiel.Ek kan nie glo wat ons die heel tyd gemis het nie man....
Ek en Chrisjan het toe darem so 3 jakkies gekry, groot reen 7jr 9.8kg,teef 7.5kg,teef7.2kg.Baie goeie kondisie,die veld het baie kossies,het nie maag inhoud gekyk nie........
Die probleem nou is, ek en mater baklei wie gaan eerste op die stoel sit en skiet......wha ha ha.
Wil net vir ou Freek se baie dankie vir jou puik stoel wat hy maak dis nou n yster daai.....
Groete.
Michiel.
Re: Skietstoel
Posted: Tue Mar 08, 2011 10:35 am
by foxripper
Gooi n foto..
Re: Skietstoel
Posted: Tue Mar 08, 2011 12:12 pm
by Michiel(MCR)
Sal kyk of ek dit vanaand reg kan kry

Re: Skietstoel
Posted: Tue Mar 08, 2011 8:04 pm
by Michiel(MCR)
Re: Skietstoel
Posted: Tue Mar 08, 2011 8:06 pm
by Michiel(MCR)
Re: Skietstoel
Posted: Wed Mar 09, 2011 11:13 am
by Stefan764
Michiel
Waste STUK teleskoop het daai roer op??
Mooi kolf.
Groete
Stef
Re: Skietstoel
Posted: Wed Mar 09, 2011 12:02 pm
by Freek
Michiel baie dankie vir die terug voer en mooi woorde... Lyk vir my julle( Jy, jou jagmaat, geweer, stoel en roeper) verstaan mekaar. Mooi gedoen, hou so aan. Wonder nou maar net so by my self, was die jakkalse geskiet op wyle oom Eugene se plaas?

Re: Skietstoel
Posted: Wed Mar 09, 2011 12:10 pm
by Michiel(MCR)
Hi Stef,
Dit is n Optisan Viper 8x32-60 IR met twee son skerms lense om lig weerkatsing te verminder...
Geweer is n Brno CZ527 .223R en hy gooi baie mooi.Die kolf is een van riflestocks se tacdriver roayl camo laminate kolwe.
Groete.
Michiel.
Re: Skietstoel
Posted: Wed Mar 09, 2011 12:13 pm
by Michiel(MCR)
Freek wrote:
Michiel baie dankie vir die terug voer en mooi woorde... Lyk vir my julle( Jy, jou jagmaat, geweer, stoel en roeper) verstaan mekaar. Mooi gedoen, hou so aan. Wonder nou maar net so by my self, was die jakkalse geskiet op wyle oom Eugene se plaas?
Ja nee ou Freek, daai stoel is darem maar n moet jong, N MENSE GOOI MOOI IN HOM.

Re: Skietstoel
Posted: Wed Mar 09, 2011 12:17 pm
by Michiel(MCR)
Wonder nou maar net so by my self, was die jakkalse geskiet op wyle oom Eugene se plaas?

[/quote]
Ja jong, die jakkies vat nou daar oor.......

Re: Skietstoel
Posted: Thu Mar 10, 2011 7:44 am
by James Wilson
MCR, ek stel belang in n optisan scope. as jy in die nag met joune werk wat doen jy met die paralaks verstelling. ek is bang vir n scope met so n groot zoom en hoe die paralaks dit afekteer. maar ek hou baie van die optisan scope's
Re: Skietstoel
Posted: Thu Mar 10, 2011 12:43 pm
by Michiel(MCR)
Hi Jagbehep,
Jy sien die ding werk so,hy was eers op my AA S410 PCP en toe gaan hy na die .223R.
Ek skiet baie lekker met hom in die dag, maar dit is nie die ideale scope vir jakkie nie.Die paralaks stel ek maar op so 100m.
Die zoom stel ek op so 10-12 in die aand.As jy net jakkie in die aand gaan skiet dan sal ek eerder daai Zeiss vat wat minder gadgets het 3-12x56T.Ek het tans n smit & bender 8 x 56 wat ek nog moet probeer.Maar ek dink sy zoom is net te min maar
ek sal kyk.
Groete.
Michiel.