Page 1 of 2

Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 12:43 pm
by Nico Harris
Ek het gister n kans gekry vir n ver skoot op n bobbejaan. Skoot afstand met my leica rf was 591yds. Ek moes 11,6moa stel vir hoogte. Ek kon met die mirage sien dat die wind baie liggies van regs na links druk. Die bobbejaan het met sy regter skouer na my kant toe gesit. Ek het op skouer hoogte gemik en klein bietjie regs vir die briesie. Op die skoot het die bobbejaan net plat op sy gesig geval en stil gele. Dit is my verste skoot nog op n dier. Die skoot het hom perfek op die knoppe getref en die koeel is reg deur.

Ek het met my Savage LRP in 243win geskiet. Ek skiet 105gr A-maxe teen 2930ft/s.

Groete

Nico

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 12:52 pm
by win270
Baie netjies gedoen!! Tot daardie brakkie van jou staan breëbors!! Gooi nog sulke skote na daardie trop bobbejane !!

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 12:54 pm
by Skywalker
Netjies man kap jy sommer die brandwag!! :laugh:

Jy kan trots wees op daai skoot

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 1:01 pm
by Nico Harris
Dankie manne! Ek was baie in my noppies met die skoot ;D

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 1:03 pm
by Hein (Haan)
Lekker Nico daai amaxe maak mooi ;D

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 1:19 pm
by PWV
Uitstekend, Nico.
Mooi om te sien wat 'n man kan doen as hy sy geweer ken!

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 1:21 pm
by Nico Harris
Dankie Haan!
Dankie oom Pieter! Ja die 243tjie verbaas! Hy slaan nog hard op daai afstand!

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 1:44 pm
by Capt. Yoda
Lekke Nico mooi skoot daai. Die .243 vat vas op die langer afstand ;D

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 1:58 pm
by Dwight375
Wel gedaan Nico

Een dag as ek groot is wil ek ook so iets doen. ;D

Groete

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 2:02 pm
by Hein (Haan)
Dwight375 wrote:Wel gedaan Nico

Een dag as ek groot is wil ek ook so iets doen. ;D

Groete
As ek die goed sien wens ek soms ek het ook dobbejaane hier by my op die plaas gehad. ;)

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 2:03 pm
by Nico Harris
Ja Haan! Die bbbejane maak baie skade maar is vet pret om te jag!

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 2:12 pm
by Hein (Haan)
Dit lyk altyd lekker as die manne die bobs skiet.
Maar ek wil nie daai skade he nie :)
looi hulle

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 2:14 pm
by Cobus(Cobb)
Ha Ha, lekker gooi daar Nico...
Cheers

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 4:04 pm
by Reggie Gerber
Mooi gegooi Nico.

Is dit wat jy noem n Babanango Bob ;D

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 5:24 pm
by douw
Baie goed gedoen!

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 5:43 pm
by Pvdw
Mooi geskiet Nico. Daai bobos by julle hol darm vir 'n eersteplek as hulle mens sien. Ek sal nie vergeet hoe hulle gehol het toe ons daai dag op hulle afgekom het nie.

Daai oefen van jou en Hein gee nou mooi resultate.

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 6:11 pm
by Nico Harris
Reggie daai is n melmoth bob ;)
Peet ja ons begin nou regkom!maar kort maar nog baie oefning!,

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 6:37 pm
by boogman
Baie mooi bob en skoot!

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Fri Aug 01, 2014 9:58 pm
by JPS
Lekker skoot Nico.

Geluk.

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Sat Aug 02, 2014 5:31 am
by Rudie
Mooi gegooi Nico. Daai A Maxe maak mooi op die vêr skote.

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Sat Aug 02, 2014 6:25 am
by Nico Harris
Dankie manne!

Ja Rudie! Dis versker! Daai A-maxe loop mooi! Sal nie maklik iets anders skiet nie!

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Sat Aug 02, 2014 7:14 am
by sako 30-06
Nico Harris wrote:Dankie manne!

Ja Rudie! Dis versker! Daai A-maxe loop mooi! Sal nie maklik iets anders skiet nie!
Nico,hoe lyk die amaxe se skade op daai afstand en korter afstande?

Sal jy dit gerbruik om se maar n springbok op 300m?

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Sat Aug 02, 2014 8:09 am
by Nico Harris
More 06!
Ek het met die A-maxe al n paar blesbokke en 2 zebras gskiet. Die skade was aanvaarbaar. Dalk klein bietjie meer as gewone sag punte op naby afstande...maar al die blesbokke het net daar geval. Al die skote is reg deur, selfs die een wat van voor geskiet is. Hy het in die middel van die rug uitgekom. Ek skiet agter die blad so daar is maar skade , maar vlis wat jy verloor is min. Ek sou n springbok op 300m skiet maar net bietjie verder terug. Skiet maar gewoonlik kop tot op 300m en dan lyf op verder skote. Die skoot op die bobbejaan se knoppe is oom reg deur.

Groete

Nico

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Sat Aug 02, 2014 8:13 am
by sako 30-06
Nico Harris wrote:More 06!
Ek het met die A-maxe al n paar blesbokke en 2 zebras gskiet. Die skade was aanvaarbaar. Dalk klein bietjie meer as gewone sag punte op naby afstande...maar al die blesbokke het net daar geval. Al die skote is reg deur, selfs die een wat van voor geskiet is. Hy het in die middel van die rug uitgekom. Ek skiet agter die blad so daar is maar skade , maar vlis wat jy verloor is min. Ek sou n springbok op 300m skiet maar net bietjie verder terug. Skiet maar gewoonlik kop tot op 300m en dan lyf op verder skote. Die skoot op die bobbejaan se knoppe is oom reg deur.

Groete

Nico
Dankie Nico.
Ek dink ek moet net A-maxe probeer in die 30-06 saam met die barnes TTSX.

Re: Verskoot Bobbejaan

Posted: Sat Aug 02, 2014 5:22 pm
by Marc
Netjies Nico !