Page 1 of 1
Lynx teleskoop : 6-24x42D Mil step/dot
Posted: Wed Jul 30, 2014 4:42 pm
by Dwight375
Hello Manne
Lynx teleskoop : 6-24x42D Mil step/dot
Ken enige iemand die bogenoemde teleskoop ? Wat dink julle van hom ? Ek het een raak geloop vir bitter min geld wat in puik kondisie is en gewonder of ek hom moet probeer, julle opinies mag my dalk n paar rande spaar- laat weet asb wat julle gevoel/ ondervinding is met die teleskoop in dien daar enige iemand is wat hom ken.
Dankie en groete
Dwight
Re: Lynx teleskoop : 6-24x42D Mil step/dot
Posted: Wed Jul 30, 2014 5:09 pm
by Hein22
Dwight, daar is niks fout met die lynx scopes nie... Jy kan maar koop. Die step-reticle se "step" lyntjies is baie fyn en is goed vir baanskiet maar jy gaan dit dalk moeilik gebruik in 'n jag situasie.
Re: Lynx teleskoop : 6-24x42D Mil step/dot
Posted: Wed Jul 30, 2014 5:11 pm
by Capt. Yoda
Baie lekker scope Dwight.As jy hom teen n lekker prys kan kry sal jy nie n fout maak nie
Re: Lynx teleskoop : 6-24x42D Mil step/dot
Posted: Wed Jul 30, 2014 5:14 pm
by Dwight375
Dit is regtig lekker om so veel manne te ken wat n mens kan help, ek het die teleskoop in puik kondisie nounet gevat by n man vir R2500, ek sal julle laat weet hoe dit gaan.
Weereens dankie vir al die hulp en kennis.Groete
Re: Lynx teleskoop : 6-24x42D Mil step/dot
Posted: Wed Jul 30, 2014 5:22 pm
by win270
Is die Lynx se waarborg ook oordraagbaar as mens 2de hands koop?
Re: Lynx teleskoop : 6-24x42D Mil step/dot
Posted: Wed Jul 30, 2014 5:54 pm
by Hercules Louw
Lynx is slegs 'n plaaslike handelsmerk.
Lynx teleskope kan nie deur grys invoere ingebring word nie, alle Lynx teleskope is gevolglik deur Lynx Optics in SA versprei.
Aan Lynx maak dit dus nie saak wie die oorspronklike koper was nie, jy stuur net die teleskoop in vir herstel, oorspronklike fakture of waarborg dokumentasie word ook nie benodig nie.
Re: Lynx teleskoop : 6-24x42D Mil step/dot
Posted: Wed Jul 30, 2014 7:19 pm
by Alwin
Hercules Louw wrote:Lynx is slegs 'n plaaslike handelsmerk.
Lynx teleskope kan nie deur grys invoere ingebring word nie, alle Lynx teleskope is gevolglik deur Lynx Optics in SA versprei.
Aan Lynx maak dit dus nie saak wie die oorspronklike koper was nie, jy stuur net die teleskoop in vir herstel, oorspronklike fakture of waarborg dokumentasie word ook nie benodig nie.
Ja, dis nes Hercules daar sĂȘ. Ek het al verskeie van my Lynx teleskope moes instuur vir versiening/ herstelwerk. Almal was binne 2 weke terug en so goed soos nuut. Daai tipe diens is goud werd.
Re: Lynx teleskoop : 6-24x42D Mil step/dot
Posted: Wed Jul 30, 2014 8:10 pm
by Wismit
Awsome scope !!
Re: Lynx teleskoop : 6-24x42D Mil step/dot
Posted: Thu Jul 31, 2014 12:44 pm
by Dwight375
Dankie manne