Page 1 of 1
Safari se diens!
Posted: Wed Jul 30, 2014 9:00 am
by Jurie
Ek het vir my teleskope by Safari gekoop n paar maande terug en soos dit in my werk gaan het ek 4 weke terug
in Namibie vir die eerste ordentlik geskiet met hulle.
My een scope op n 22-250 van R12 000 wou toe nie "zero" hou nie en sy verstelling was ook nie reg nie.
Ek het eers fout gesoek oorals behalwe by die teleskoop, maar na n dag het ek die scope omgeruil met selfde een op n ander geweer dat ek kan nagoes die aand.
Terug in die Kaap het ek na Safari gegaan met scopie in die box.
Na 5 dae het ek gister n e-mail van Willem gekry wat se die geld is alreeds in my rekening betaal vir as ek dalk n ander scope wil he en as ek dieselfde soek dan moet ek net se dan haal hy een van die rak af.
Ek was verstom deur die goeie diens van Safari. Ek het nog net goeie diens gekry van hulle af en vir my is dit net n plesier om daar in te stap en hulle ook te ondersteun.
Baie dankie aan julle manne, Willem, Hendrik, Divan, Sam.
Re: Safari se diens!
Posted: Wed Jul 30, 2014 10:34 am
by win270
Watse scope was dit, Jurie?
Re: Safari se diens!
Posted: Wed Jul 30, 2014 10:52 am
by wlm
Jurie
Die goeie diens van Wimmelman is vir baie van ons ou nuus. Ons brand egter om te weet watter fabrikaat die teleskoop is.

Re: Safari se diens!
Posted: Wed Jul 30, 2014 1:11 pm
by martinf
Lekker om te lees. Ons se nie altyd dankie nie maar kla baie vinnig. Ook nog net goeie diens daar gekry
Re: Safari se diens!
Posted: Wed Jul 30, 2014 1:13 pm
by JohannC
Lekker manne, dit is mos wat ons wil hoor.
Hou so aan Safari!!!
Re: Safari se diens!
Posted: Wed Jul 30, 2014 5:02 pm
by Swys14
wel gedaan Safari, ek self "bank" by Safari en het ook nog net goeie diens gekry van die Stellenbosch manne (en vroue).
Re: Safari se diens!
Posted: Wed Jul 30, 2014 6:04 pm
by Safari Outdoor
Baie dankie Manne!
Re: Safari se diens!
Posted: Wed Jul 30, 2014 9:24 pm
by Marc
Uitstekend, dis presies hoe ek hulle ken
Re: Safari se diens!
Posted: Wed Jul 30, 2014 10:26 pm
by win270
Jurie swyg nou oor daardie teleskoop se besonderhede . . . Dis natuurlik sy goeie reg.

Re: Safari se diens!
Posted: Wed Jul 30, 2014 10:55 pm
by Arnold
Ek stem, hulle vedra selfs vir my
Ek het vandag weer goeie diens gekry toe ek die papiere vir my 6.5x55 gaan optel en toe belê ek sommer nog 'n paar rand by daai bank van my

Re: Safari se diens!
Posted: Wed Jul 30, 2014 11:37 pm
by Safari Outdoor
win270 wrote:Jurie swyg nou oor daardie teleskoop se besonderhede . . . Dis natuurlik sy goeie reg.

Dek stem saam manne, kom ons praat nie produkte sleg nie. Wat ek mag se, dit was nie n Nightforce nie!
Re: Safari se diens!
Posted: Wed Jul 30, 2014 11:38 pm
by Safari Outdoor
Safari & Outdoor wrote:win270 wrote:Jurie swyg nou oor daardie teleskoop se besonderhede . . . Dis natuurlik sy goeie reg.

Dek stem saam manne, kom ons praat nie produkte sleg nie. Wat ek mag se, dit was nie n Nightforce nie!
Ook nie n Schmidt & Bender of Nikon nie.
Nag, lekker slaap.
Re: Safari se diens!
Posted: Thu Jul 31, 2014 6:03 am
by Jurie
More, more.
En die Nightforce shv-5-20x56 is in die pos.
Ons sal niks niks bereik om produkte sleg te maak nie.
Ons het al gesien dat van jou top produkte ook maar n fout kry. Die feit is natuurlik dat jy het die gemoetsrus dat Safari jou sal back.
En dit is ook hoekom ek nie n scope in die VSA koop en inbring nie. Sou so n scope n fout he dan gaan ek nie na 5 dae n nuwe scope op my geweer kan sit nie.
Re: Safari se diens!
Posted: Wed Dec 10, 2014 3:01 pm
by JTM
Ek wil ook net vandag dankie sê vir Safari Stellenbosch en spesifiek Richard Stroebel.
My Falcon scope het onlangs gegroet en Richard hulle het uit hul pad gegaan om my te help om my teleskoop te vervang. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak en opgegradeer na 'n Vortex Viper sonder moelikheid.
Dankie Safari!
Re: Safari se diens!
Posted: Wed Dec 10, 2014 4:58 pm
by Jurie
Ek is bly jy het reg gekom.
Moet se ek het verlede maand die Nightforce shv-5-20x56 vir die eerste geskiet en ek is baie tevrede.
Hy sal werk waarvoor ek hom soek...
Re: Safari se diens!
Posted: Thu Dec 11, 2014 6:14 am
by win270
Is daar dalk werkbare metodes wat S&O kan implementeer om so 'n teleskoop vooraf uit te gooi en glad nie te verkoop nie? Ek kan my voorstel wat die teleurstelling moet wees om met 'n splinternuwe teleskoop Namibië toe te gaan en dan eers daar te ontdek dis foutief. Dis uiteraard goeie diens deur S&O om die teleskoop na die ongelukkige ondervinding dadelik terug te neem en die kliënt se geld terug te gee.
Re: Safari se diens!
Posted: Thu Dec 11, 2014 6:27 am
by Jurie
WIN dit is presies wat met my gebeur het. Ek het n nuwe scope op my 22-250 gesit en seker 6 skote geskiet en die geweer was perfek.
Die aand wat ons gaan nagoes skiet my geweer nie..... Gelukkig het ek my 30-06 met 130 Gr gehad en een aand met hom gemsbokke geskiet en die volgende dag gou die teleskope geruil in die kalaharie op n Cruiser klap..... Daai aand toe neem ek wraak!!!! (die teleskope is die selfde gewees gelukkig)