Page 1 of 1

Nikon Teleskope BDC Kruishaar

Posted: Mon Mar 07, 2011 8:12 am
by Christo Els
Ek wil graag weet of enige iemand al met die tiepe kruishaar geskiet het. Dis nou jag en papier/staal bokke.

As jy al die video's en lees stof moet glo oor die internet dan is dit 'n baie goeie tiepe kruishaar. Ek reken dat jy makliker op teiken gaan kom om te skiet, maar ek dink nie dat hy gemaak is vir bisley of kopskote oor langafstand soos hulle beweer.

Ek moet s? die kruishaar mik nogal maklik. Ek praat nou net van die kruishaar en nie die teleskoop nie.

Wat is julle mening oor die kruishaar

Thanx
                                                                             

Re: Nikon Teleskope BDC Kruishaar

Posted: Mon Mar 07, 2011 11:31 am
by Stefan764
Hallo Christo

Ek het vrydag deur Henk se Nikon geloer op irene, hy het so kruishaar.

Persoonlik hou ek nie daarvan nie, dit voel my hys te besig met te veel ini pad (dai sirkels) wat die teiken kan toemaak. Ek hoe persoonlik meer van iets soos die Leupold Varmint kruis...

Net my 2c, nie proffesionele opinie nie  ;D

Stef

Re: Nikon Teleskope BDC Kruishaar

Posted: Mon Mar 07, 2011 11:53 am
by MJK
More Christo

Ek het op kol gekoop maar het gou agtergekom dat die kruishaar te dik is vir veldskietkompetisies. Kan nie sien waar jy wil mik nie. Het vinnig ontslae van geraak.

Ek stem saam met Stef om eerder die Varmit te kry of as geld knyp die Vortec Viper.

My beskeie mening...

Groete
Marius

Re: Nikon Teleskope BDC Kruishaar

Posted: Mon Mar 07, 2011 5:01 pm
by Hein M.
Stefan764 wrote: Hallo Christo

Ek het vrydag deur Henk se Nikon geloer op irene, hy het so kruishaar.

Persoonlik hou ek nie daarvan nie, dit voel my hys te besig met te veel ini pad (dai sirkels) wat die teiken kan toemaak. Ek hoe persoonlik meer van iets soos die Leupold Varmint kruis...

Net my 2c, nie proffesionele opinie nie  ;D

Stef
Ek het weens daardie rede 'n Nikoplex gekoop.  Is baie tevrede.

Hein M.

Re: Nikon Teleskope BDC Kruishaar

Posted: Wed Mar 09, 2011 7:05 pm
by fanie17
Christo
Ek het 5 van die Nikons met FCD kruis hare dit is die een met n dun haar met net n koletjie in die middel,Ek kom agter dat dit my oog onmidelik laat konsentreer op die middel, en dat ek dan vinig kan skiet.As jy in die Pretoria omgewing is kom ons gaan skiet en probeer een van myne,sal jou n goeie gefoel gee oor hoe dit werk.

Re: Nikon Teleskope BDC Kruishaar

Posted: Sat Mar 12, 2011 8:55 am
by Christo Els
thanx aan almal se raad.

Dankie fanie vir die aanbod, maar ek bly in upington.

'n matter van my gaan miskien vir hom een koop die naweek. hy wil ook eers deur scope na teikens kyk voordat hy finaal sal besluit.

Hoop maar koop hom dan kan ek ook die scope toets.

volgens my sal die scope vir my doel dalk 100% werk, ek sal nog sien