Page 1 of 3
Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Sun Mar 06, 2011 6:04 pm
by pietjacobs
Naand almal,
Ek is nou al 'n rukkie besig om 'n lading te ontwikkel maar kry die hele tyd 'n "flyer" die kant toe en daai kant toe. Nou ek het al my geweer in gegee vir 'n inspeksie voorheen maar nou weet ek ook nie regtig waarna kyk hulle als nie, maar daar was geen fout. Nou het hel klompie mense nou al vir my gese ek moet my geweer laat pak en bedding doen ens. Nou ek is nou nie 'n expert op die vlak so nou vra ek maar raad oor wat julle dink. Ek onthou iemand op die forum het ook gekla oor 2-3 skote bymekaar en dan een flyer weg. Myne skiet tans 2-3 skote bymekaar, waarvan hulle mekaar partykeer sny en dan sommer 1 skoot tot so ver as 6cm weg van die ander af op 100m?
Nou soos my geweer tans is kan ek waar my kolf ophou, as ek bietjie druk daar, dan beweeg hy nader aan die loop. Nou se 'n ander ou ek het 'n floating loop. Is dit reg so? Ek het nou al gedink om 2 skote te skiet en dan te wag dat die loop heeltemal afkoel en dan weer 2 skote te skiet. As hulle dan nie fly nie, het ek defnitief 'n probleem as my loop warm word dat hy dalk druk op die kolf? Maak dit sin so?
Groete almal,
Piet
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Sun Mar 06, 2011 7:11 pm
by Hein M.
Hallo Piet,
Die pak van jou geweer kan beslis help om hierdie hierdie tipe dinge uit te skakel. Hier is 'n goeie artikel wat sal help met raad hoe om die geweer reg te laat pak.
http://www.sahuntingrifle.co.za/index.p ... 7&catid=27
Hoop dit help!
Hein M
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Sun Mar 06, 2011 7:25 pm
by Jagtersdok
Piet
'n Goeie bedding job, verbeter 99% van die tyd 'n geweer se vermo?. Maar dan moet dit reg gedoen word en die regte materiaal moet gebruik word.
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Mon Mar 07, 2011 8:44 am
by fanie17
Piet
Wat gebeur met nog n skoot na die flyer.Wat is jou geweer se maak, kaliber en watse aksie is gebruik.Dit klink vir my of jou loop spaning het en trek waneer hy warm word.As dt is wat die probleem is sal hy die patrone string,dan werk n floating loop nie.Ek bly naby jou maak n draai dan kyk ons.
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Mon Mar 07, 2011 9:04 am
by baboonstalker
Wanneer pak jy jou geweer
So gereeld ek kan, maar gewoonlik voor ek gaan jag of sommer net as ek 'n paar skote wil gaan gooi op die baan. Ek "pak" hom ook weg elke keer as ek klaar geskiet het
Daar is baie dinge wat vir jou flyers kan gee. Is die eerste skote altyd bymekaar EN op die regte plek op die teiken? Skiet jy 'n fouling shot of twee voor jy begin groepering skiet?
As jy 'n papier of banknoot dubbeld vou, kan jy hom tussen die loop en die kolf deurtrek tot teen die aksie?
Kyk ook mooi of jou bolt handle nie dalk aan die hout raak nie en maak seker jy druk hom altyd heeltemaal toe.
Maak seker jou aksie skroewe is stewig vasgetrek en dat een van hulle nie dalk losgewerk het nie.
Soos fanie voorgestel het, skiet nog 'n paar skote en kyk wat maak hulle, dalk is jou eerte 2 skote die probleem agv skoon loop.
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Mon Mar 07, 2011 10:03 am
by bullseye
MORE ALMAL
EK HET N GEWEER WAT OOK SO GEMAAK HET, HET ORAL DIE FOUT GESOEK OP DIE EINDE WAS DIT DIE TELESKOOP.
GROETE
BEN
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Tue Mar 08, 2011 2:42 pm
by pietjacobs
BEN BRAND wrote:
MORE ALMAL
EK HET N GEWEER WAT OOK SO GEMAAK HET, HET ORAL DIE FOUT GESOEK OP DIE EINDE WAS DIT DIE TELESKOOP.
Ben, as jy se dit was jou teleskoop, het jou skote dan gegroepeer, dan kry jy 'n flyer en dan groepeer hulle weer waar die flyer op die teiken getref het of kom hulle terug in na die eerste skote toe?
Dankie almal vir julle raad, ek sal alles gebruik om te kyk of ek die probleem kan kry.
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Tue Mar 08, 2011 4:40 pm
by bullseye
HALLO PIET
BY MY WAS DIT BIETJIE ANDERS. MY EERSTE SKOOT WAS N FLYER SOMMER 6" WEG. DAARNA GROEPEER GEWEER OP N TIEKIE. ALMAL HET GES? STRES IN LOOP EN EK MOET GEWEER PAK. HET GEWEER LATER GEPAK PROBLEEM NOG NIE OPGELOS.DIE GROOT PROBLEEM AS JY BOK GAAN SKIET DAN SKIET JY MET KOUE LOOP, WAT NOU GEMAAK?
WEL EK DINK NIE EK IS DIE ENIGSTE OU WAT NIE ONNODIG AAN N TELESKOOP GEKARING WIL H? NIE. EK HET DIE TELESKOOP AFGEHAAL EN OP ANDER GEWEER GESIT WAT EK WEET REG IS. DAAR GEBEUR DIT TOE WEER EERSTE SKOOT FLYER DAARNA PUIK GROERERING.
WAT EK EINTLIK WIL S? IS, AS EK WEER N PROBLEEM OP GEWEER KRY BEGIN EK BY TELESKOOP OF MONTERINGS EERSTE FOUT TE SOEK.
EK WIL DIE SELFDE VRAAG VRA WAT FANIE 17 VRA, WAT GEBEUR NA DIE FLYER AS JY WEER SKIET?
BABOONSTALKER IS BAIE REG, AS JY NIE VOOR DIE TYD N PAAR FOULER SKOTE SKIET NIE KAN DIT N INVLOED OP GROEPERING H?
STERKTE
BEN.
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Tue Mar 08, 2011 6:05 pm
by Wouter Roets
Piet
Toe ons oor die foon gepraat het het jy vir my gese jy het met die vorige lading wat n ander maak koeel was goeie groepering gehad en as ek reg kan onthou het jy niks gese van die flyer situasie nie. Is dit wel so?
Groete
Wouter
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Tue Mar 08, 2011 6:07 pm
by pietjacobs
Hi Ben,
Jong so ver ek nou terug gekyk het na my filing, lyk dit of ek altyd net 3-5 skote geskiet het om ladings en TPL te toets. Uit daai 3-5 Skote is altyd 'n flyer, nou ek is nou nie seker of dit die laaste skoot of skoot 3 of 4 of 5 was. Ek weet net dis nie skoot 1 of 2 nie. Ek sal die naweek so 20 rondtes laai van die lading en TPL wat ek so ver die beste groepeering uit kry, as ek nou nie die flyer inwerk

, en dan gaan skiet en kyk wat presies gebeur.
Dankie man,
Piet
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Tue Mar 08, 2011 6:14 pm
by pietjacobs
Wouter ja daai was Nosler Balistic TIP. Ek het nou bietjie gaan terug kyk. Ek het hom gegroepeer gekry, maar toe kon ek nie punte weer kry, dus oorgeskakel na die SST. Daar was wel van die lading toetse en TPL toetse wat daar ook 'n flyer was sien ek nou. So dit lyk of ek net lucky was met die 3skoot groepering, so seker die 4de een van die teiken af geskiet het

.
Vir een of ander rede kan ek nie 'n freaken picture oplaai, want dan kan ek die groepering gewys het.
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Tue Mar 08, 2011 6:24 pm
by bullseye
PIET
AS JY WEER GAAN SKIET S? NOU MAAR 10 SKOTE OF SO, EN JY KRY WEER N FLYER SIT DADELIK DIE SPESIFIEKE DOP EENKANT. DIT KAN DALK N DOP WEES WAT NIE 100% KONSENTRIES IS NIE. LAAI WEER DIESELFDE DOPPE BEHALWE DIE FLYER DOP EN KYK WAT GEBEUR.
DALK TOETS JY JOU DOPPE VOOR DIE TYD VIR KONSENTRISITEIT EN KONSISTIESITEIT, DIT SPEEL GROOT ROL.
HOOP JY KOM REG
GROETE
BEN.
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Tue Mar 08, 2011 7:51 pm
by JOHANNIC
Piet
Maak seker dat jou doppe almal dieselfde hoeveelheid keer gelaai was dit kan ook wees dat n dop of doppe se necktension stywer is as ander,veral as een skoot hoog "fly"
Soos ben se jou doppe is baie belangrik

Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Tue Mar 08, 2011 7:56 pm
by Wouter Roets
Piet
Hierdie is maar n ingewikkelde speletjie! Die geheim is om mens se gedagtes mooi agter mekaar te kry. Dis hoekom ek gevra het of die geweer dit met ander koeels ook gedoen het. As dit so is kan mens na die volgende stappe begin kyk. wat die manne hier bo al gese het het hulle plek en is goeie raad. Begin eers by al die goed wat jy self kan doen soos skroewe mooi vasdraai, Rugers is soos die meeste ander gewere sensetief daarvoor. Dit sluit alle skroewe in, die onder aan die basis van die ringe ook in. Maak seker by jou ringe dat die een kant nie meer ingedraai is as die ander kant nie. Kyk ook soos hulle gese het of jou slot nie dalk erens druk nie. Sit bietjie geweer olie in jou slot sodat die slagpen en veer ook mooi geolie is, nie te veel nie. Jou geweer behoort nie gefreefloat te wees van die fabriek af nie, so dit is iets wat jy sommer maklik self kan doen met skuurpapier en n plastiekpypie(elektrise wit pyp). Skuur hom tot by die gedeelte waar die loop dik word en doen dan die R100 noot toets.
Weeg jou doppe en maak dubbeld seker jou lading en TPL is die selfde. Indien die verskynsel voortduur dan gaan jy oor na die volgende stappe.
Groete en sterkte
Wouter
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Wed Mar 09, 2011 5:29 pm
by pietjacobs
Hi almal,
Wragtig al drie skroewe onder my geweer kon ek 'n volle draai nog gedraai het......ja ok, ek sal vir myself 'n straf dop gaan koop!
Ek kan 'n R100 noot wat dubbeld gevou onder die loop deer trek soos gevra. Ek hoop maar dit was nou die fout. Ek gaan Saterdag so paar rondtes skiet en sal dan laat weet.
Dankie vir almal se hulp so ver.
Groete,
Piet
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Thu Mar 10, 2011 7:32 am
by Geno
Oom Piet,
Ek is seker daai geweer sal nou reg skiet, los skroewe is groot gagga vir akkuraatheid....
Groete,
Eugene
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Thu Mar 10, 2011 9:05 am
by Arnold
Weet julle, ek het ook 'n roer wat so een skoot uit 'n 5 skoot groep uitgooi. Dit gebeur konstant met verskillende ladings. Eers het ek dit nie agter gekom nie want ek het 3 skoot groepe geskiet. As ek nou 3 of 4 5 skoot groepe op die selfde teiken/papier skiet is dit duidellik sigbaar. Die geweer skiet egter so mooi dat die skoot wat buite die groep val die groep van 1/4" oopmaak na 'n 3/4".
Nou ja, as jy nie van beter gewoond is nie sal mens seker tevrede wees met 3/4" groepe ... maar dan moet die skote darem "random" val en so mooi groot kol maak. As mens 4 skote skiet en 'n groep van 6mm kry met een wat nie die ander drie gate sny nie is dit frustrerend.
Ek het gedink my roer is reg, ek check altyd die skroewe dat hulle vas is. Die aksie is ge-pillar bed en die loop float met sommer ruim plek om hom. Die slot maak ook mooi toe .... of so het ek gedink. Na ek die draad so paar keer gelees het bly dit in my kop vassteek om te kyk of my slot nie aan die kolf raak nie. En wraggies hy raak toe. Gisteraand opereer ek toe en moes sommer taamlik hout verwyder sodat die slot kan toe tot teen die aksie sonder om hout te raak. Ek sal nou maar die roer uit mekaar haal om net al die stof uit die aksie te kry maar ek kan nie wag om weer op 'n skietbaan te kom en sien of dit die sondebok was nie. (dit kan natuurlilk ook ek wees wat net my rondtes skeef laai ;) )
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Thu Mar 10, 2011 9:18 am
by pietjacobs
Hi Arnold,
Wat jy nou praat pla my net so. Dit lyk of my slot ook aan die kolf raak, ek moet net gaan dubbeld seker maak. Hoe het jy joune gefix, het jy hom geskuur of wat?
Groete,
Piet
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Thu Mar 10, 2011 9:25 am
by Arnold
Ek het maar versigtig tewerk gegaan
Steek 'n gewone kers aan en hou hom byderhand. Nou vat jy jou slot en brand sy handle in die kers om hom swart te kry (dit vee weer maklik af). Pas nou weer jou slot en maak hom oop en toe. As jy hom nou uithaal en hy het geraak sal van die roet op die hout agterbly daar waar hy geraak het.
Nou verwyder jy maar bietjie vir bietjie met 'n skuurpapiertjie of dremmel tool, terwyl jy die heeltyd weer die slot swart maak en pas. Later behoort slegs die swart van die slot af te kom daar waar hy teen die aksie druk.
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Fri Mar 11, 2011 9:21 am
by pietjacobs
'n FYI stelling wat 'n Yank vir my gese het. Ek weet Ben het vir my gese hy het 'n scope probleem gehad:
Where are the flyers located in relation to the group? Is is random, or in some sort of pattern? Diagonal flyers are usually caused by bedding; vertical flyers, ignition; horizontal flyers, scope or mounts.
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Fri Mar 11, 2011 9:25 am
by Stefan764
pietjacobs wrote:
'n FYI stelling wat 'n Yank vir my gese het. Ek weet Ben het vir my gese hy het 'n scope probleem gehad:
Where are the flyers located in relation to the group? Is is random, or in some sort of pattern? Diagonal flyers are usually caused by bedding; vertical flyers, ignition; horizontal flyers, scope or mounts.
Oom Piet dai klink bietjie rof veralgemeen as jy my vra.... Of dink julle daat steek waarheid in?? Ek self kan nie sien dat dit elke keer die geval kan wees nie?
Stef
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Fri Mar 11, 2011 9:35 am
by pietjacobs
Ek stem Stef, dis hoekom ek dit gepost het om te hoor wat dink ons boertjies.

Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Fri Mar 11, 2011 3:17 pm
by Boesman
Dit gaan nie 100% elke keer die geval wees nie, maar is 'n baie goeie aanduiding van waar jy kan gaan fout soek of karring. Ek weet nie wat is die teorie daaragter nie en hoop elke dag dat iemand my kan verduidelik tot ek verstaan.
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Fri Mar 11, 2011 6:42 pm
by bullseye
NAAND MANNE EN VRIENDINNE
HIER SE HULLE IETS OOR HORISONTAAL EN VERTIKAAL STRINGING,SAL GRAAG HOOR WAT JULLE DINK
http://www.accurateshooter.com/shooting ... stringing/
GROETE BEN
Re: Wanneer pak jy jou geweer
Posted: Sat Mar 12, 2011 1:04 pm
by pietjacobs
Dag se almal,
Ek het toe al my skroewe vasgedraai en dood seker gemaak my slot raak nie aan die kolf nie. Ek het 22 rondts gelaai, selfde gr en TPL en gaan skiet en seker gemaak terwyl ek skiet ek kan steeds die R100 noot onder die loop deer trek. Resultate is soos volg:
Eerste groep van 5 : Skoot 1,2,3 sny mekaar. Skoot 4,5 is toe 2cm links 5mm van mekaar (Sped verskil 27fps)
Tweede groep van 6: Skoot 1,2 sny mekaar. Skoot 3,4 sny mekaar maar is 2cm weg van skoot 1,2. Skoot 5,6 sny mekaar, is 1cm weg van skoot 3,4 en 3cm weg van skoot 1,2 maar die groep beweeg ook op. (Spoed verskil 25fps)
Derde groep van 4: Skoot 1,2 sny mekaar, skoot 3,4 sny mekaar en is 2cm weg. (Nie meer spoed gemeet, was al moedeloos :'(
So wat se julle is die volgende stap?
Baie dankie,
Piet