Page 1 of 1
Rudolph 24 x of Burris 20x vir 308
Posted: Mon Jul 28, 2014 10:23 am
by Dwight375
Hello Manne
Dit klink my die meeste opinies le maar na die Burris se kant toe wanneer die Nikon en Burris vergelyk word.
Wie van julle het al n 24x Rudolph probeer en dalk deeglik getoets, wat sal julle se tussen die Burris en Rudolph ?
Laat weet asb wat julle dink ?
Groete
Dwight
Re: Rudolph 24 x of Burris 20x vir 308
Posted: Mon Jul 28, 2014 11:21 am
by Capt. Yoda
Rudolph
Re: Rudolph 24 x of Burris 20x vir 308
Posted: Mon Jul 28, 2014 7:11 pm
by Rudie
Ek het altwee op my gewere. Die Rudolph het ek op my 243 en Burris op die 300 win. Ek skiet gereeld op 500m gonge en papier om te speel en hulle is altwee top scopes. Die Burris se kruishaar werk beter as jy afmik en nie dial nie maar die Rudolph werk nou weer beter vir dit, ek sal sê dit is 6 of one en half a dozen of the other.
Ek skiet die twee altyd langs mekaar en die Burris het n baie klein edge as dit by beeld kwaliteit kom, al wat die Burris kort is side focus dan sal ek hom kies oor die Rudolph.
Meer jag.... Burris
Meer papier en gonge... Rudolph
Sterkte met die keuse, jy sal nie fout met een van hulle maak nie.
Re: Rudolph 24 x of Burris 20x vir 308
Posted: Tue Jul 29, 2014 1:58 pm
by Jamma
Rudolph!
Ek het voor verlede week een op Pa se 7mm Rem Mag gesit en die naweek wat verby was op Vosburg gaan jag. Pa se daar is niks fout met daai scope nie en hy is al 67. Ek het self n bokkie met hom platgetrek om te kyk hoe hy werk en hy werk sommer lekker. Ek het hom opgesit omdat ons baanskiet ook so ek dink daai is n lekker jag en baan scope.
Groete
Jamma
Re: Rudolph 24 x of Burris 20x vir 308
Posted: Tue Jul 29, 2014 2:34 pm
by Capt. Yoda
Het die jaar ook met my V1 6-24 gejag op my .243 en hy loop soos stroop ini bosveld en Kalahari.
Re: Rudolph 24 x of Burris 20x vir 308
Posted: Tue Jul 29, 2014 2:40 pm
by Jamma
Het self die V 6-24x50 op die 7mm Rem Mag. Het nou nog nie in die Bosveld gejag nie maar seker hy sal daar ook werk!
Ek het aanvangklik gedink die kolletjie op die T3 kruishaar gaan nie werk maar hy loop mooi. Ons het self 30-06 doppies op 100meter geskiet en hy maak hom nie toe nie maar is ook nie te fyn nie. Hy werk wraggies lekker. Sien uit om hom op die baan ook te toets!
Dan net nog n komplement vir die Burris FFII 4-14x42. Hy het darem net weer gewys dat n man nie iets anders op die 270 nodig het naby Vosburg nie!
Re: Rudolph 24 x of Burris 20x vir 308
Posted: Tue Jul 29, 2014 3:11 pm
by Omnia
Rudolph , Rudolph ,!!!!!!!!! en as daar nog plek op die gun was , nog 'n Rudolph!!!!!!!!
Re: Rudolph 24 x of Burris 20x vir 308
Posted: Tue Jul 29, 2014 8:28 pm
by JohanvanZyl
Rudie wrote:Ek het altwee op my gewere. Die Rudolph het ek op my 243 en Burris op die 300 win. Ek skiet gereeld op 500m gonge en papier om te speel en hulle is altwee top scopes. Die Burris se kruishaar werk beter as jy afmik en nie dial nie maar die Rudolph werk nou weer beter vir dit, ek sal sê dit is 6 of one en half a dozen of the other.
Ek skiet die twee altyd langs mekaar en die Burris het n baie klein edge as dit by beeld kwaliteit kom, al wat die Burris kort is side focus dan sal ek hom kies oor die Rudolph.
Meer jag.... Burris
Meer papier en gonge... Rudolph
Sterkte met die keuse, jy sal nie fout met een van hulle maak nie.
+1 en afgehandel. Beter kommentaaar en vergelyking gaan jy nie sommer kry nie.
Re: Rudolph 24 x of Burris 20x vir 308
Posted: Wed Jul 30, 2014 7:32 am
by Dwight375
Baie dankie vir al die kommentaar.
Groete
Dwight
Re: Rudolph 24 x of Burris 20x vir 308
Posted: Wed Jul 30, 2014 7:42 am
by Nickvn
Ek het nog nooit met n Burris geskiet nie so kan nie daar kommentaar lewer nie. Ek het n Rudolph op my .308 en is baie tevrede met hom. Ek het al n paar keer op 600m met hom geskiet en hy is mooi duidelik en die T3 is goed miskien net te besig. Werk god om afstand te skiet met T3 op 20X stelling.