Page 1 of 1
264 Win Mag
Posted: Mon Jul 28, 2014 9:25 am
by DinoF
Ek het n 264 win mag waarvoor ek ladings soek. As daar enige iemand is wat ook die kaliber skiet moontlik n paar ladings kan deel wat hulle mee sukses het. Dit sal baie waardeer word.
Dankie
Dino Fourie
Re: 264 Win Mag
Posted: Mon Jul 28, 2014 12:53 pm
by Pinkes
Middag
Ekt so ruk terug vir my die kaliber aangeskaf maar niemand het vir my n resep gehad nie.
Het nou saterdag vir die eerste keer gaan skiet. Het met quickload gekyk na spoed.
Het toe die volgende probeer:
TPL:81.5mm
Kruit:S385 60.3-61.2gr
Punt: 140SGK
Primer:CCI250
Met die moes ek op node gewees het wat naby 3000fps maar toe ek
geskiet het was dit tussen 3100-3200 met die verkillende ladings. En geen druk
gesien nie.
Ek dink dit kan wees dat die S385 kruit bq warmer is as wat QL se. So ek sal
weer moet probeer met minder kruit.
Ek moet wel se,alhoewel die ES baie verskil het was die groepe alles onder 'n duim.
Ek dink hy gaan lekker akkuraat skiet as ek hom uitgesort het.
Groete
P
Re: 264 Win Mag
Posted: Mon Jul 28, 2014 1:42 pm
by Wouter Roets
Pinkes
Probeer bietjie n standard primer instede van die magnum primer om sodoende jou dopvulling so bietjie hoer te kry. Hierdie help met jou ES. Nog n vraag het jy jou nuwe doppe net so geskiet of het jy hulle eers gesize? Hierdie maak ook n groot verskil om ES af te bring.
Groetnis
Wouter
Re: 264 Win Mag
Posted: Mon Jul 28, 2014 2:05 pm
by Capt. Yoda
Wouter ek is besig om vir Pinkes te help met daai lading maar ek sukkel met iets dalk kan n slim man soos jy help.Dino sorry ek high jack hier maar ek is nou dom.
Pinkes het my gese hy het 61.2gr 385 lot 12 gelaai vir n spoed van 3200.Hy het vir so 3000 gemik en met die standaard BR factor van S385 en QL sou die lading hom dalk naby kry. Nou ek het Burn rate verander van .4050 n a.5000 dan kry ek ook daai 3200 wat hy gekry het toe hy oor die crony skiet.
As ek dit aanpas na node nr 5 van 1.329 (2921fps) met 57874psi druk se my QL vir my hy moet 53.8gr S385 lot 12 gooi vir daai spoed.
KAN DAAR SO GROOT VERSKIL VAN 7.4gr WEES tussen 3200fps (61.2gr) en 2921fps (53.8gr)
Dit is minder as wat Somchem se begin lading is maar tog is die spoed klaar hoog.
Pinkes se geweer het n 26" loop en so ver ek verstaan is sy doppe almal once fired
Ander ding wat vir my snaaks is is dit lyk of die kaliber vreeslik vinnig druk op tel of is ek verkeerd?
Ek het vir pinkes gevra om more weer n paar skote oor sy crony te skiet dat ons net weer n spoed kry met n laer lading om te bevestig
Re: 264 Win Mag
Posted: Mon Jul 28, 2014 2:43 pm
by Wouter Roets
Kaptein
Die laaste paar batches van S385 was aan die warm kant, maar dit is nie te se ons kan net dit die skuld gee nie. Daar is heelwat redes wat aanlyding kan gee vir hoer druk/spoed. Ek lys sommer n paar waarna gekyk kan word.
1) Gebruik van n magnum primer. Ek sit n waarde van n 1000 by die Shot Start Pressure om hiervoor te kompenseer.
2) n Knap kamer in die nek gedeelte. Hierdie moet maar gemeet word om te sien of dit die geval is. Meet n gevuurvormde dop se nek met n micrometer en vergelyk dit met n dop waarin n koeel geseat is. Daar moet darem so 2 na 3 thou clearance wees tussen die twee. Deur die nekke te skil hanteer n mens die problem indien dit die geval is.
3) Doppe wat se elastisiteit verswak het. Hierdie word reg gestel met annealing.
4) Klein sprong na die lande toe of koeels wat gejam is in die lande. Baie mense doen hierdie metings verkeerd en sit wel met n koeel wat of die lande soen of ingejam is sonder dat hulle dit agter kom.
5) n Loop wat se deursnee aan die klyn kant is. Hierdie kom n mens maar eers agter as jy so bietjie rondgespeel het in die geweer met paar verskillende koeels.
6) n Spesifieke batch koeels kan ook aan die groot kant wees maar gebeur maar selde.
7) n Vuil loop(baie koper) kan ook veroorsaak dat n mens hoer spoed en druk ervaar.
So daar kan n paar redes wees hoekom n geweer hoer spoed/druk lewer as net die batch poeier wat vinniger verbrand. As ons net oor die poeier praat sal jy vind dat dit progresief soos die lading vermeerder nog vinniger verbrand. So in effek kry n mens baie keer dat deur die lading so raps te verminder die verbranding weer meer in lyn kom. Dit is maar soos die sneeubal effek. So mens kan dalk kyk wat maak die poeier as jy so twee na drie grein minder laai. Gewoonlik sal jy sien die BRF kom sommer heel af.
Groetnis
Wouter
Re: 264 Win Mag
Posted: Mon Jul 28, 2014 2:58 pm
by Capt. Yoda
Dankie vir die raad Baas Wout ek sal hom vra om weer bq oor die croni te skiet en dit dan van daar vat.
Re: 264 Win Mag
Posted: Mon Jul 28, 2014 3:35 pm
by Arnold
Is die chrono se lesings betroubaar?
Re: 264 Win Mag
Posted: Thu Jul 31, 2014 5:04 pm
by Capt. Yoda
Pinkes het weer bq gaan skiet en met 53.8 gr s385 lot 12 kry hy gem 2962fps so dit is baie naby aan wat QL gese het (2921fps) as die burn rate verander na .5000.Glo die man sal nou sy lading vinnig gedoen kry.
Re: 264 Win Mag
Posted: Thu Jul 31, 2014 5:26 pm
by henning
Capt, ek het self kop gekrap met n nuwe loop wat grof was en hoer druk gewys het. Nou my les geleer.
Groete
Henning
Re: 264 Win Mag
Posted: Thu Jul 31, 2014 6:28 pm
by tripodmvr
As al die syfers reg is dan het julle met 'n spoed van 3200vps 'n druk naby aan 84K gekry. Selfs met die lading van 53.8 is dit op maks druk teen spoed van 2962vps.
Om met enige geweer lading ontwikkeling te doen begin mens by minimum ladings - bereken maks druk en verminder met 10%.
Die spoed en BRF klop nie vir my nie. Is chrony op 5m vanaf die punt van die loop? Wat is die maks TPL van die 140SMK in sy geweer? Dit lyk of soos vals lesings of 'n koeël in die lande.
Re: 264 Win Mag
Posted: Fri Aug 01, 2014 10:15 am
by Capt. Yoda
tripodmvr wrote:As al die syfers reg is dan het julle met 'n spoed van 3200vps 'n druk naby aan 84K gekry. Selfs met die lading van 53.8 is dit op maks druk teen spoed van 2962vps.
Om met enige geweer lading ontwikkeling te doen begin mens by minimum ladings - bereken maks druk en verminder met 10%.
Die spoed en BRF klop nie vir my nie. Is chrony op 5m vanaf die punt van die loop? Wat is die maks TPL van die 140SMK in sy geweer? Dit lyk of soos vals lesings of 'n koeël in die lande.
Oom Marius ek stem 100% saam met Oom. Pinkes het ma in die boekie gekyk en net bq meer as min gelaai en gedink hy sal naby die spoed kom wat ons soek. Gelukkig het hy n crony gebruik en my dadelik laat weet iets is nie reg nie. n lading van 61.2gr wat pinkes gelaai het is 1.7gr meer as Somchem se min. Op hul website se hul 60gr S385 sal jou hier by 2800fps kry.Met hul min van 59.5gr sou hy nog oor maks druk gewees het so as hul nie weet nie glo ek nie hy sou kon weet nie voor hy oor n crony geskiet het nie.
Ek stem dat iets ook nie lekker lyk nie want ek het nog nie gesien dat n lading so baie moet aan gepas word nie.Sy huidige TPL is 81.50mm en sy maks is 81.70 met daai MK koel.
Re: 264 Win Mag
Posted: Fri Aug 01, 2014 11:46 am
by Wouter Roets
Kaptein
Het julle die goed al deur gegaan soos ek hierbo verduidelik het?
Groetnis
Wouter
Re: 264 Win Mag
Posted: Fri Aug 01, 2014 12:09 pm
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote:Kaptein
Het julle die goed al deur gegaan soos ek hierbo verduidelik het?
Groetnis
Wouter
Wouter Pinkes is net bq besig by die werk maar ons gaan werk maak sodra hy tyd het en voor ons verder gaan.Hy gaan standaard LR primers ook in die hande kry
Ek het hom gevra om solank na die "knap kamer" te kyk soos jy by punt 2 verduidelik het
Re: 264 Win Mag
Posted: Fri Aug 01, 2014 8:58 pm
by tripodmvr
Ek sou ook kyk om die TPL met 1 mm te verkort. 0,2mm is 'n bitter klein afstand.
Re: 264 Win Mag
Posted: Sat Aug 02, 2014 4:22 pm
by Capt. Yoda
tripodmvr wrote:Ek sou ook kyk om die TPL met 1 mm te verkort. 0,2mm is 'n bitter klein afstand.
Sal so maak dankie Oom Marius