Page 1 of 1

Skoonmaak van geweerolie op teleskoop

Posted: Mon Jul 28, 2014 8:22 am
by Maximus
Ek het die naweek gaan jag en 'n lekker Kudu'tjie geskiet maar toe ek gisteraand die geweer bietjie TLC gee mors ek spatsels geweerolie op die lens. Die Teleskoop is 'n Schmidt & Bender 8x56 met allerande "coatings" op ens.

Hoe maak ek die oliespatesels skoon op die lens sonder om die lens se coatings te beskadig?

Re: Skoonmaaal van geweerolie op teleskoop

Posted: Mon Jul 28, 2014 8:33 am
by Omnia
Maximus !!
Ek praat nou uit my nig se mond , het haar 1 keer hoor praat hoe hulle daai Teleskoop lense skoonmaak , sy is te doen by daai verkykker goete in Sutterland , sy reken al wat jy gebruik is so warm as moontlike gedisteleerde water , met watte , as jy lap of handoek gebruik maak dit krappe , wat later 'n probleem veroorsaak

Re: Skoonmaaal van geweerolie op teleskoop

Posted: Mon Jul 28, 2014 9:22 am
by Capt. Yoda
Kry by n kamera winkel lens cleaning liquid en n lens pen dis al. Geen lappies of toilet papier of sakdoek nie!

So iets

http://images.cameta.com/productimages/canon/accessories/cleaning_kit/cleaning_kit_kit02_46917_a.jpg