Page 1 of 1

Burris FF2 6.5-20X50 E1 of Nikon Monarch 6-24x50 Nikoplex

Posted: Fri Jul 25, 2014 12:03 pm
by Dwight375
Hello Manne

Ek sal nou vinnig moet besluit, watter een van die 2 dink julle sal beter wees vir my 308 ? 308 sal gebruik word vir baan skiet, voor sit jag en sommer net lekker speel op die baan en in die veld ?

Dankie manne, ek beplan om vinnig n plan te maak.

Groete

Re: Burris FF2 6.5-20X50 E1 of Nikon Monarch 6-24x50 Nikople

Posted: Fri Jul 25, 2014 12:07 pm
by Omnia
Het op die Expo 'n paer maande terug na 'n klomp gekyk , het op die ou einde besluit op die Rudolph 4x12x50 , het na daai 2 ook gekyk tussen die 2 sal ek gaan vie die Monarch , ... defnitief

Re: Burris FF2 6.5-20X50 E1 of Nikon Monarch 6-24x50 Nikople

Posted: Fri Jul 25, 2014 12:08 pm
by Dwight375
Dankie Omnia

Enige ander opinies ?

Re: Burris FF2 6.5-20X50 E1 of Nikon Monarch 6-24x50 Nikople

Posted: Fri Jul 25, 2014 12:10 pm
by Eugene
Burris! Vir my oë, is die Burris helderder en duideliker as die Nikon.

Re: Burris FF2 6.5-20X50 E1 of Nikon Monarch 6-24x50 Nikople

Posted: Fri Jul 25, 2014 12:40 pm
by Rudie
Ek het altwee scopes al langs mekaar vergelyk op 300m. Ek kan sonder twyfel vir jou sê my Rudolph en my Burris is baie helderder op 300m gewees. En die Burris het so klein edge op die Rudolph gehad.

Dis nou maar vir my oë gewees.

Re: Burris FF2 6.5-20X50 E1 of Nikon Monarch 6-24x50 Nikople

Posted: Fri Jul 25, 2014 2:14 pm
by Dwight375
Dit begin vir my klink of die Burris tog die beter een van die 2 is.

Dankie en groete

Re: Burris FF2 6.5-20X50 E1 of Nikon Monarch 6-24x50 Nikople

Posted: Sun Jul 27, 2014 6:01 pm
by Hleroux
Vir wat dit werd is. Ek het my Nikon 6-24x50 verkoop vir die Burris ff2 6.5x20x50. Die Burris is lag lag duideliker.

Re: Burris FF2 6.5-20X50 E1 of Nikon Monarch 6-24x50 Nikople

Posted: Sun Jul 27, 2014 6:10 pm
by Pvdw
Ek self hou van Nikon. Ek is egter nie 100% tevrede met my 5-20x44 Monarch nie.

Onder 16x is hy baie duidelik en geniet ek hom, Sodra ek oor 16x stel verloor ek duidelikheid/detail. Oor 18x raak hy sommer net swak. Ek kan nie eers 6.5 gate op wit papier sien op 200m as ek op 20x stel nie, als raak net te dof vir mooi fyn kyk. Ek het al met paralax, oog posisie en fokus gespeel maar sonder sukses. Ek beplan om na my volgende jag Nikon te kontak en te vra of dit normaal is.

Re: Burris FF2 6.5-20X50 E1 of Nikon Monarch 6-24x50 Nikople

Posted: Wed Jul 30, 2014 5:04 pm
by Swys14
baie moeilike keuse tussen daai twee...as budget dit toelaat sou ek die Vortex Viper ook in die mix gegooi het.

Re: Burris FF2 6.5-20X50 E1 of Nikon Monarch 6-24x50 Nikople

Posted: Wed Jul 30, 2014 5:08 pm
by Dwight375
Manne en wat van die teleskoop :

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=76&t=34224

Ek kan hom kry vir R2500 en hy is in puik puik kondisie.

Dankie