Page 1 of 1

Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 9:45 am
by JohanvanZyl
My eerste bul. Geskiet in die suide van Nam op my oupa se plaas naby Aroab. Lank gewag en gesoek!!!

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 9:46 am
by Varmint King
Mooi Johan,

Waar in die suide ? vertel ons die storie.

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 9:58 am
by JohanvanZyl
My oupa boer so 30km van Aroab oppad Keetmanshoop toe. Plaas het baie sand en gedeelte kalk.

Ons het die bul die eerste keer in die sand gekry toe ons besig was om springbokke te jag. Ek en Neels die plaaswerker/spoorsnyer/slagter/motorwerktuigkundige het toe spoor gevat en hom gevolg deur amper twee kampe (en die kampe is nie klein nie). Toe die bul en twee koeie oor die laaste draad is kon ons nie meer spoor kry nie, want toe begin die kalkveld en die spore droog toe op. Nadat die bakkie weer bygekom het is daar besluit om vir oulaas langs die grensdraad af te ry. So in die middel van die kamp besluit my oupa om links te draai. So 1km van daar gewaar ons toe 6 koeie. Die bakkie stop en toe ons begin rondkyk sien ons die bul se horings blink in die son so 100m van die koeie af waar hy in die bosse le. Skoot was so 150m. Het hom hoog in die nek getref. 30-06 het mooi gemaak en my siel kon na lang jare se koedoebul soek uiteindelik rus!

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 10:04 am
by Varmint King
Lekker man, my vrou se ouers het ook famielie plaas naby maltahohe... soos jy se die kampe is verseker nie klein nie, daar is n kamp so groot soos n plaas in suidafrika...en dit is vreeslik mooi met die berge en die rooi duine...

Dankie vir die deel, en geniet die biltiong!!!

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 10:07 am
by Alwyn
More Johan!

Dis n mooi koedoe daai vir die suide!!

Ek self het ook al daar gejag by die Van Wyks!! op Strydamn......

Ai verlang my gart nou trug!

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 10:24 am
by JohanvanZyl
Ek het die vakansie i jong koedoe bulletjie 200m van Strydamn se huis af gesien. Sommer van die pad af. Blykbaar het oom Deon i groenigheidjie daar iewers wat hulle nie kan los nie. Suide is die beste plek in die wêreld as jy moet afskakel en rus. Die lewe is net anders op Aroab !

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 12:27 pm
by PWV
Baie geluk, Johan.
Stel voor jy kry 'n kamera wat groter foto's neem! ::)
Groetnis.

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 12:54 pm
by JohanvanZyl
Oom Pieter

Is hy nou met n groter kamera geneem? Ek sukkel maar met die kleiner maak van die fototjies

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 12:57 pm
by JohannC
Dit lyk baie lekker en nogal in Namibie, jy maak 'n man lekker jaloers hier in die kantoor.

Mooi koedoe

Johann

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 2:19 pm
by Flip Nel
Baie nice Kudu geluk

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 3:11 pm
by kopskoot
mooi bok!

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 3:38 pm
by Chevvy SS
Mooi bul Johan. Ek het jare lank naby Aroab gejag- ook duin en kalk.

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 3:44 pm
by JohanvanZyl
Chevvy SS wrote:Mooi bul Johan. Ek het jare lank naby Aroab gejag- ook duin en kalk.
Hallo Chevvy

Ai. Ek raak sommer huilerig as ek aan Aroab dink terwyl ek hier in i koue Bloem sit. By wie het julle altyd gaan jag? Ek ken redelik die mense daar en het ook baie familie in Aroab.

My hart is begrawe daar tussen die duinings en rooi sand

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 8:22 pm
by Piet Breedt
Johan, jou oupa boer seker baie naby aan oom Paul Shnitter. Ek het al daar gejag, en dit was n belewenis.

Sy 3 plase se name is, Hasuur, Skanskolk en Kantienpan.

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 8:31 pm
by JohanvanZyl
Piet Breedt wrote:Johan, jou oupa boer seker baie naby aan oom Paul Shnitter. Ek het al daar gejag, en dit was n belewenis.

Sy 3 plase se name is, Hasuur, Skanskolk en Kantienpan.
Hallo Piet.
My oupa het lang jare terug ve Hasuur gehuur ve i ruk. Ek is nie seker of die plaas toe aan oom Paul behoort het nie. Heel moontlik, maar ek was toe nog klein. Leke skaapgewerk da. Was al op Skanskolk ook. Hulle ken mekaar goed. Naby aan mekaar daar is seker relatief maar selfde distrik verseker. Klein wêreld.

Re: Nam Koedoe

Posted: Thu Jul 24, 2014 10:06 pm
by Carl
Geluk Johan dis 'n baie mooi koedoe. 'n Lekker jag om vir lank in jou jagters hart te bewaar. En jy kan dit herleef in die koue Bloemfontein.

Re: Nam Koedoe

Posted: Fri Jul 25, 2014 6:50 am
by Jan-Hendrik
Baie mooi Koedoe....

Re: Nam Koedoe

Posted: Fri Jul 25, 2014 11:02 am
by win270
Hoeveel het daardie bul toe uitgeslag, Johan? En wat was die horinglengte? Mooi dier . . .

Re: Nam Koedoe

Posted: Fri Jul 25, 2014 11:38 am
by JohanvanZyl
win270 wrote:Hoeveel het daardie bul toe uitgeslag, Johan? En wat was die horinglengte? Mooi dier . . .
Win270

Het ongelukkig nie sy gewig wat hy uitgeslag het nie. Sy horinglengte was 48 duim of 122cm.

Re: Nam Koedoe

Posted: Fri Jul 25, 2014 11:39 am
by Umshwati Boy
Waidmannsheil. Dis 'n mooi bul.

Re: Nam Koedoe

Posted: Sun Jul 27, 2014 4:44 pm
by Supacow
Lekker Mnr v Zyl!

Re: Nam Koedoe

Posted: Tue Jul 29, 2014 3:38 pm
by Swys14
Baie geluk met die mooi bul...ek self wag nog vir my bul.

Re: Nam Koedoe

Posted: Tue Jul 29, 2014 5:17 pm
by Kat
Mooi man! Mooi bul

Re: Nam Koedoe

Posted: Sun Aug 03, 2014 9:37 pm
by Gert Odendaal
Pragtige bul Johan, dankie vir die deel met ons...

Re: Nam Koedoe

Posted: Mon Aug 04, 2014 11:53 am
by Wesson
Lovely, well done! Hope you shoot some more of those bulls!