Page 1 of 1

Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Thu Jul 24, 2014 9:15 am
by LoveHenties
Goeie dag slim manne en maninne van die Forum.

Ek sien dat die regering 'n bietjie van 'n seep-bel gehap het met die nuutste "grondhervormings" wetgewing en dat dit die deur oop maak vir onse mense om ook te eis.

My oupa se plaas was net so verby die Eiland warmwaterbron en is destyds deel gemaak van wat toe as Lebowa Kgomo bekend gestaan het. Hy is basies daar weg met 'n International bakkie vol meubels en moes maar 'n lewe in die dorp gaan maak.

Weet iemand dalk hoe mens te werk gaan om 'n grond-eis in te stel? Ek het geen twyfel dat die plaas nou basies tot grond en klippe gereduseer is nie, maar mens moet tog probeer om so bietjie die staat te irriteer :laugh:

Miskien is jy gelukkig en kan jy met 'n kontant uitbetaling weg-kom, wat dalk net my ma en haar broers en suster se lewens bietjie gemakliker kan maak.

Ek luister graag.

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Thu Jul 24, 2014 9:53 am
by Dawie Malan
LoveHenties

Die ou regering sou nie sonder markverwante kompensasie die plaas van jou oupa onteien het nie. Jy moet baie seker maak van daardie transaksie. Baie gevalle is die verband op so 'n plaas so hoog, dat na onteiening en die aflos van so verband, die eienaar net met sy meubels daar weggaan.

Tweedens moet jy weet waarvoor jy jouself inlaat indien julle sou slaag. Nou sit julle met 'n stuk grond met "net klippe op" waarop al die familielede probeer boer. Dit werk nie en julle gaan net kwaad daaruit stap.

Derdens is die regering eens dat hulle nie meer finansiële kompensasie wil gee met die grondhervorming nie, want die begunsdigdes blaas die geld en kla dan omdat hulle eintlik grond wou gehad het.

Groete

Dawie Malan

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Thu Jul 24, 2014 10:11 am
by LoveHenties
Dankie Dawie.

Ja ons praat van lank gelede. Ek kan bitter min self daarvan onthou.

Nee wat niemand sal daar wil boer nie, dis meer 'n beginsel saak as iets anders.

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Thu Jul 24, 2014 12:18 pm
by Alwin
LoveHenties wrote:Dankie Dawie.

Ja ons praat van lank gelede. Ek kan bitter min self daarvan onthou.

Nee wat niemand sal daar wil boer nie, dis meer 'n beginsel saak as iets anders.
Daar is mense wat graag daar sal wil boer. My buurman (ook 'n Jaracal lid), huur een van die grondeise-plase in daardie omgewing. Jy kan die plaas verhuur en 'n inkomste kry. As daar niks is nie, kan die huurders ten minste niks opneuk nie...

Om met jou grondeis te registreer, sou ek voorstel jy begin deur 'n blikkie Kiwi of Nugget dark brown aan te skaf...

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Thu Jul 24, 2014 1:53 pm
by LoveHenties
Dis nogal hartseer. My oupa-hulle het die plaas gekoop sonder om dit te sien en toe hulle daar aankom, was daar nie eers 'n pad soontoe nie. Hulle bly toe in Leydsdorp vir ses maande en maak elke dag pad met donkies net om die wêreld reg te kry vir boerdery. Daar was niemand daar nie, net Malaria en die nonne hospitaaltjie.

Vandag ry mense op die mooi oop pad wat my oupa oorspronklik gebou het. Ons het nog die possleutel: Posbus 8, Gravelotte.

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Fri Jul 25, 2014 4:07 pm
by Vlakvark Soldaat
LoveHenties, ek is tans besig met presies dieselfde oefening, my oupa is gebore op n plaas in Sannieshof/Biesiesvlei, sy pa is gearresteer as deel van die rebellie saam Siener en De La Rey, en aangesien hy (my oupa grootjie) n gekwalifiseerde onderwyser was, was sy boete heelwat groter as die ander manne, weens hy van beter moes geweet het hahaha. Hy kon nie sy boete betaal nie, en sodoende het die regering sy plaas (ongeveer 2000ha) terug gevat. My ouma grootjie is nog op die plaas begrawe. Die plaas staan tans dol leeg met ou murasies van die oorsponklike huis.

Pik Botha het juis verlede week in die koerant gese dat ons mense ook nou eise mag indien.

En om vir Dawie Malan ook te antwoord, ek stem saam dat die ou regering sou nie minder as markverwante pryse betaal het nie. Maar ons almal weet mos nou hoe die nuwe regering redeneer oor die regverdigheid van die ou regering, so ja in my opinie tel dit in ons gunste.

Ek is tans besig met twee prokureurs wat eerstens moet vastel of die grond nog in die regering se naam is of nie voordat ons offisieel eis indien.

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Fri Jul 25, 2014 4:11 pm
by Vlakvark Soldaat
Onthou ook met die huidige proses dat die grond in die regering se naam is, en die verkoper met die geld wegstap. Die grondeiser teken n terugwerkende kontrak met die regering en hulle het letterlik n paar maande om vordering te wys andersins word hulle afgesit. So ons regering verryk hulself, onthou in die swart tradisie word rykdom aan grond gemeet, so met ander woorde, ons regering is tans skatryk want hulle besit baie grond.

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Fri Jul 25, 2014 9:15 pm
by Alwin
Vlakvark Soldaat wrote:... onthou in die swart tradisie word rykdom aan grond gemeet, so ...
Regtig? Watter tradisie? Nee, wat. Privaat (vaste) eiendoms besit was nog nooit deel van s.g. "swart" tradisie nie, dis 'n moderne "wit" gier. Veral grond was nooit besit nie, net gebruik (deur die stam) en dan verder getrek. Beeste en vrouens was wel as "eiendom" beskou, en ook gereeld verhandel...

Ek dink dat die meeste argumente rondom grondbesit, nie op feite gegrond is nie, maar eerder op emosie. En sommige van die emosie is van die negatiewe soort, soos haat. Opportunistiese politieke opsewepery, trek baie meer aandag (en ondersteuning) as kliniese harde feite. Daarom vat "ons" maar 'n kans. En "ons" kan sekerlik niks verloor in die proses nie?

Ons moet maar mooi kyk, na wat die eintlike doel met die hele "grondhervormingsproses" is. Ek vermoed dis baie meer sinister, as wat meeste mense sal wil erken. Maar ek hoop en bid, dat ek verkeerd mag wees.

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Fri Jul 25, 2014 9:29 pm
by Vlakvark Soldaat
338, wow thanks vir daai insig.

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Fri Jul 25, 2014 10:03 pm
by Frederik
338, Ek stem saam met jou die grondeise is baie op emosie en dan ook luiheid gedoen as voorbeeld. Die pad tussen Ellisras en Marken amper alles is ge-eis 3-4 plase diep van die pad aan weerkaanste nou hoekom net so strook en nie een groot sentrale deel nie want dit is mos lekker om grond langs die pad te besit??? Nou ek weet daar is definitief 'n stuk tussen die tafelkop berg en die Palala rivier wat as ou weidings en jag grond gebruik is maar nou het almal op die gravy trein geklim en sommer alles gaan probeer eis.

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Sat Jul 26, 2014 9:18 am
by ROBBIE1
Vlakvark stuur asb daai prokureur se besonderhede. 2 geslagte van my voorouers le op die Wolwespruit natuur reserfaat buite Leeudoringstad. Die staat het in 1973 n strook langs die Vaalrivier ontein want dit sou kamma vloedgebied van die Bloemhof dam wees. Die grond is verseker nie teen markwaarde gekoop nie, my oorlede pa het nog n paar nagte in die selle geslaap ook omdat hy die pale wat hulle geplant het met die trekkers uitgetrek het, en geweier het om die grond te verlaat. Ons moes na n hofbevel die 2 huise ontruim en die dozers het dit voor ons oe plat gestoot!!

My broer is nog steeds op die oorblywende deel van die oorspronklike plaas, maar die deel wat die staat gevat het, is nou n natuur reservaat.

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Sun Jul 27, 2014 7:32 am
by Wayne
We are busy with one at the moment, a group of 60 or so of us have got together with ROELOFSE MEYER inc. attorneys and they are going at a combined claim. Contact Lunen Meyer. 041-5853270 or 083-6565546.
We do not want ground back, you can imagine what the results will be if they are kicked off ground and you live their, so we want the value of what we were underpaid or not paid.
good luck

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Sun Jul 27, 2014 7:46 am
by wlm
Laai die nodige dokumente van die webwerf af.
http://www.ruraldevelopment.gov.za/publ ... ens-manual.

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Sun Jul 27, 2014 3:24 pm
by Kallie404
LoveHenties,

Ek boer op van daai plase waarvan jy praat. Kan jy name vd plase onthou, dalk Masalal, Prieska, Kondowe, Waterbok, Nondwene, Belasting, Mahale ..................??

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Sun Jul 27, 2014 4:17 pm
by Vlakvark Soldaat
Die prok met wie ek tans in gesprek is, is Peet Grobbelaar van Pta. Ek verstaan dat hy self n historikus met alle sake betrek.

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Sun Jul 27, 2014 6:01 pm
by wlm
Onthou die wet maak voorsiening dat die staat die grondeiser se eis moet verifieer. Die verweerder moet egter op sy eie koste die eis teenstaan.

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Mon Jul 28, 2014 10:57 am
by ROBBIE1
Dankie pm gestuur.

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Mon Jul 28, 2014 11:39 am
by Wouter Roets
Frederik wrote:338, Ek stem saam met jou die grondeise is baie op emosie en dan ook luiheid gedoen as voorbeeld. Die pad tussen Ellisras en Marken amper alles is ge-eis 3-4 plase diep van die pad aan weerkaanste nou hoekom net so strook en nie een groot sentrale deel nie want dit is mos lekker om grond langs die pad te besit??? Nou ek weet daar is definitief 'n stuk tussen die tafelkop berg en die Palala rivier wat as ou weidings en jag grond gebruik is maar nou het almal op die gravy trein geklim en sommer alles gaan probeer eis.

Freek

Daai grond waarvan jy hier praat tussen tafelkop en die Palalarivier was my Oom se grond vir baie jare. Op hierdie stuk grond het ek my liefde vir alles rondom jag en die natuur gekweek. Ek raak sommer aan die huil as ek die grond sien en hoe dit nou lyk.

Groetnis
Wout

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Thu Mar 28, 2024 11:00 am
by SCSRoux1
Ek sien die post is baie oud. Maar ek het self vrae rakende grondeise.
My pa en oupa het grond so 10km van die Eiland Spa naby Letsitele gehad wat in die vroee 80's onteien is. Ons was onlangs daar, daar gaan niks aan op die plaas.
Het enige iemand al sukses gehad om dalk grond weer terug te kry of weer terug te huur?
Ek hoor graag

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Thu Mar 28, 2024 12:28 pm
by tripodmvr

Re: Hoe stel ek 'n Grond-eis in?

Posted: Thu Mar 28, 2024 9:37 pm
by SCSRoux1
Baie dankie