Page 1 of 1

Silent hunter my sagste silencer nog

Posted: Wed Jul 23, 2014 1:35 pm
by Flip Nel
Ek top al 'n lang ruk om 'n beter silencer op my geweer te sit, ek was nie gelukkig met die no name brand wat ek 'n paar jaar gelede opgesit het nie, het toe maar min geweet en geglo wat 'n gunsmith vir my vertel het en een laat opsit. Met gewone ammo werk hy okay maar veral met herlaaide ammo het ek gevoel begin hy beslis baie harder raas. Dis nou al 'n rukkie wat ek gereeld vir henk PM oor sy silencers, vir my is geraas die belangrikste, ek gebruik net die geweer vir voorsit en skiet van 'n bakkie af, ek het geen proebleem met bietjie meer gewig nie. Ek proebeer my wild so mak as moontlik hou.

Op 'n dag bel Henk my hy is oppad Namibia toe, hy sal vir my 'n silencer bou wat 12 baffels in het. ( ek het hom speciaal gevra daarvoor) en saambring, ek kan hom toets en kyk of ek happy is anders return to sender. Ek sê asseblief want die week na ek hom kry gaan ek plaas toe wil dit toets.

Is saam met 'n paar vriende op die plaas en 2 van hulle gewere het silencers op, ons besluit sommer op 'n informele toets, ons gaan staan voor aan die een kant terwyl hulle met die gewere skiet, ek en een ander ou, hulle skryf neer waarmee hulle skiet en ons moet raai. Hulle skiet ook 'n skoot met my ou silencer. Moet bysê een skoot is met my vriend se 30-06 sy silencer werk baie goed, almal praat altyd hoe sag daai geweer skiet. Skiet sagter as my geweer met my ou silencer.

Ons staan voor en luister.

1. geweer sonder silencer
2.my geweer met Silent Hunter (Henk)
3. my geweer met ou silencer
4. 3006 met goeie silencer
5. vriend 270 met sy silencer (Weet nie maak nie)

Ek en my vriend het dit spoton. Die Silent hunter is merkbaar sagter as die ander. Later die dag skiet 'n vriend met my 270 met silent hunter op na 'n kudu bul, hy oorskat die afstand en skiet bo-oor, die bul gee 'n sprong steek vas en kyk terug, vriend skiet weer maar die slag gee hy die bul 'n kapskoop op die skof, bul val plat maar spring weer op en hol weg, kon nie bul kry nie, kon nie eers bloed kry nie.

Volgende dag skiet ek 'n groot luiperd mannetjie met die 270 en silent hunter. Ek het maandag vir henk laat weet hy kry nie sy lilencer terug nie. Ek kan hom nie vergelyk met die ander wat hy maak nie maar hy werk rerig lekker, beter as die ander wat ek getry het. So al wat ek kan sê is dat die silent hunter met die 12 baffels werk bitter baie goed, selfs die outjie met die ander 270 het gevra waar kry ek die silencer wat so sag skiet

Re: Silent hunter my sagste silencer nog

Posted: Wed Jul 23, 2014 1:51 pm
by Spanner
Flip, sal jy nie asb 'n foto plaas van die silencer op die geweer nie, ek wil sien hoeveel lengte voeg hy toe tot die pakkie.

Re: Silent hunter my sagste silencer nog

Posted: Wed Jul 23, 2014 1:59 pm
by Silent Hunting
Flip,

Hmmm, ja. Dankie vir die "review". Maar self gewonder hoe goed hy sal werk aangesien die manne in Namibia maar redelik vol "stront" kan wees as dit by KDs kom. Geniet hom. Volgende keer sal ek by jou ook 'n draai kom maak.

Groete,

Henk

Re: Silent hunter my sagste silencer nog

Posted: Wed Jul 23, 2014 2:05 pm
by henried
Hoekom 12 baffels?

Buddy is 4 en std is 8 as ek dit reg het...

Re: Silent hunter my sagste silencer nog

Posted: Wed Jul 23, 2014 2:08 pm
by Flip Nel
Spanner wrote:Flip, sal jy nie asb 'n foto plaas van die silencer op die geweer nie, ek wil sien hoeveel lengte voeg hy toe tot die pakkie.
Ek is nou by die werk sal gou vannaand Foto neem en plaas, dalk kan henk vir ons vertel of hy langer is en met hoe baie, kan net byvoeg is is taamlik dinner as my ou een en nogsteeds werk hy beter.

Ek het hom gevra wat dink hy gaan vir my die beste werk oor ek net belang stel in dat hy sagter moet wees, en dit was sy oplossing, soos genoem ek het nie 'n ander een om hulle te vergelyk nie maar vir my werk die 12 baffels baie goed, en as ek weer moet bestel sal ek weer 12 baffels doen.

Henk jy hoef nie te wonder nie, hy werk baie mooi, almal wat daar was en ons was 7 het gestem dat joune baie beter op die oor is, ongelukkig kon ek nog nie genoeg skiet om die wild se reaksie te sien nie maar ek op die een kudu lyk dit positief, ek is seker as dit sonder die silencer was het daai bull gehol na die eerste skoot

Re: Silent hunter my sagste silencer nog

Posted: Wed Jul 23, 2014 2:13 pm
by Sniper18
Hoop nie ek hijack die posts nou nie....

Ek het self ook 'n silencer met 16 baffels...en hy is self besonders sag. Wat ek ook agter gekom het in die begin is dat hy sagter geraak het hoe meer ek skiet....

Re: Silent hunter my sagste silencer nog

Posted: Wed Jul 23, 2014 3:46 pm
by Smirre
Middag
As ek julle reg verstaan, hoe meer kamers hoe sagter... kan mens hom dan doodstil maak?

Smirre

Re: Silent hunter my sagste silencer nog

Posted: Wed Jul 23, 2014 4:09 pm
by BRNO (Pierre)
henried wrote:Hoekom 12 baffels?
Buddy is 4 en std is 8 as ek dit reg het...
Die buddy is 4, en die std is 10. Dit lyk vir my asof die 12 baffels n spesiale bestelling was.

Re: Silent hunter my sagste silencer nog

Posted: Wed Jul 23, 2014 4:15 pm
by toelie
Hi Smirrie

Mens kan die doef geluid baie demp met meer baffles maar mens sal nooit die fluit geluid demp nie siende dat die koeel vinniger as die spoed van klank loop

Groete
Toelie

Re: Silent hunter my sagste silencer nog

Posted: Wed Jul 23, 2014 4:33 pm
by Flip Nel
BRNO (Pierre) wrote:
henried wrote:Hoekom 12 baffels?
Buddy is 4 en std is 8 as ek dit reg het...
Die buddy is 4, en die std is 10. Dit lyk vir my asof die 12 baffels n spesiale bestelling was.

Jy is heeltemal reg, die 12 was spesiaal, ek het dit nie teen die 10 baffle getoets nie so ek kan nie sê dit is beter nie, maar teen die ander "No Name" het hy gemaklik gewen. Wens eintlik mens kon dit doen want ek is baie tevrede met myne, ek sal hom nie ruil vir 'n 10 baffle een nie. En die bonus hy is ligter as my pel se 30-06 een en is stiller.

Re: Silent hunter my sagste silencer nog

Posted: Wed Jul 23, 2014 5:07 pm
by Piet Pille
Sniper18 wrote:Hoop nie ek hijack die posts nou nie....

Ek het self ook 'n silencer met 16 baffels...en hy is self besonders sag. Wat ek ook agter gekom het in die begin is dat hy sagter geraak het hoe meer ek skiet....

;D ;D Daai is maar namate jou ore ingee sniper.... My 375 doen dieselfde sonder KD... >:D ;D

Re: Silent hunter my sagste silencer nog

Posted: Thu Jul 24, 2014 7:34 am
by Sniper18
Pieter Vorster wrote:
Sniper18 wrote:Hoop nie ek hijack die posts nou nie....

Ek het self ook 'n silencer met 16 baffels...en hy is self besonders sag. Wat ek ook agter gekom het in die begin is dat hy sagter geraak het hoe meer ek skiet....

;D ;D Daai is maar namate jou ore ingee sniper.... My 375 doen dieselfde sonder KD... >:D ;D
Hahaha dit kan ook seker waar wees... Maar aan die begin het hy regtig sagter geword.

Re: Silent hunter my sagste silencer nog

Posted: Thu Jul 24, 2014 8:58 am
by PWV
Sniper18 wrote:
Pieter Vorster wrote:
Sniper18 wrote:Hoop nie ek hijack die posts nou nie....

Ek het self ook 'n silencer met 16 baffels...en hy is self besonders sag. Wat ek ook agter gekom het in die begin is dat hy sagter geraak het hoe meer ek skiet....

;D ;D Daai is maar namate jou ore ingee sniper.... My 375 doen dieselfde sonder KD... >:D ;D
Hahaha dit kan ook seker waar wees... Maar aan die begin het hy regtig sagter geword.

Versigtig, later is hy so sag dat jy nie sal agterkom as jy skiet nie - sal die slot moet oopmaak om te sien of die rondte geskiet is. ><) ><)