Page 1 of 1

260 AI

Posted: Wed Jul 23, 2014 7:09 am
by bertie
more almal

Ek kom vra gou raad by die mense wat ken.

Ek gaan binne kort vir my i 260AI laat bou, maar daar is paar goed wat ek oor wonder.
loop vat ek i 1:8 draai en hy is 28 lank maar nou wonder ek of ek nie dalk moet langer gaan nie of is 28 voldoende.
en wil langafstand skiet so dit is tot 1000m.
dit word op i rsa L aksie gebou.
die punte wat ek wil skiet is 140gr nosler cc
enige raad sal waardeer word.
Groete
Bertie

Re: 260 AI

Posted: Mon Jul 28, 2014 9:49 pm
by vanderlindedj
Goeie Naand Bertie

Ek self skiet n 260Rem in Savage LRP, wat n 26" loop het en ek is gelukkig. Ekt wel nog net tot op 500m geskiet en die groepering wat ek daar gesien het was vir my baie goed.
Ek skiet 123gr Lapua punte maar het gesien die beste punte vir my is 142gr Sierra Matchkings.

Ek sou nie langer as 28" gaan nie.

Lekker aand

Re: 260 AI

Posted: Mon Jul 28, 2014 10:05 pm
by Pvdw
Bertie ek weet van vêr skiet net mooi bogerol. Wat ek wel laasweek juis op die forum gelees het en interesant gevind het was dat meeste langafstand gewere in die orde van so 2700-3000ft/s skiet. Ek glo dat jy selfs met 'n korter loop gemaklik by daai spoed sal kan uitkom

Ek lees saam om te sien wat ek nog kan leer.

Re: 260 AI

Posted: Tue Jul 29, 2014 8:24 pm
by bertie
dankie vir die raad, ek het biki meer rondgelees en dink ook hy sal die ding doen. as ek so lees oor die 260ai lyk dit vir my of meeste goeie groepe tussen 2750 en 2950 verkry word, so om langer te gaan om spoed te jaag en dan nie groepe te kry nie help ook mos maar niks. Vanderlindedj, ek gaan meestal langafstand skiet maar, ek skiet ook baie makoue in die graan lande, sou jy se vir die makoue tot op so 400m is die 123gr beter as die 140gr? dalk net daai biki platter op die kort afstande vir vinnig skiet sonder range en berekeninge. Ek wonder sommer nou want ekt nog nie gaan loer op strelok nie.
groete
bertie

Re: 260 AI

Posted: Tue Jul 29, 2014 10:18 pm
by Arnold
Bertie 28" is ok en dit sal mooi met die 123gr ook werk.
Die 140gr kan jy teen so 2850fps skiet en die 123gr teen so 3100fps. As jy wil vinnig skiet kan jy die 107gr SMK probeer teen so 3300fps.

Re: 260 AI

Posted: Wed Jul 30, 2014 4:35 pm
by ZKK
Ek weet ook boggerol van lang afstand skiet, maar is daar nie baie beter koeel keuses as die Nosler CC nie?
As ek dit reg het is hulle BC's nie te waffers nie.
Ek sou raai as mens 1000m wil skiet soek jy die koeel met die hoogste moontlike BC?

Re: 260 AI

Posted: Wed Jul 30, 2014 7:12 pm
by bertie
zkk ja ek stem saam oor die bc teen amax en smk steek hy biki af maar hy is darm steeds .529 bc wat darm nie te swak is nie, en hy is baie goedkoper. As ek nie van hom hou nie sal ek seker amax begin skiet. Dankie vir die raad arnold, sal dan beslis die 123gr probeer vir hier op die plaas rond skiet.
groete
Bertie

Re: 260 AI

Posted: Wed Jul 30, 2014 8:16 pm
by Arnold
Instede van die 140gr Nosler sal ek eerder die 123gr Nosler skiet. Effense swakker BC maar die ekstra spoed sal opmaak daarvoor in die geval

Re: 260 AI

Posted: Fri Sep 12, 2014 3:37 pm
by Riaan Kriel
Arnold wrote:Instede van die 140gr Nosler sal ek eerder die 123gr Nosler skiet. Effense swakker BC maar die ekstra spoed sal opmaak daarvoor in die geval
Arnold, ek is maar regtig 'n newbie in die langafstand skiet area. Kan jy asb jou stelling hier effe meer in gewone afrikaans verduidelik, ek wag ook vir 'n 260 Rem AI en volg dit met belangstelling.

Re: 260 AI

Posted: Fri Sep 12, 2014 3:58 pm
by Arnold
Onthou Bertie het gesê sy loop is 28" lank en hierdie is baie belangrik vir die data wat ek volgende gaan gee

Met die 28" loop sal jy die 140gr Nosler akuraat teen +-2850 fps kan skiet met 'n geadverteerde G1 BC van 0.529
die 123gr sal hy teen so 3100 fps kan skiet met 'n geadverteerde BC van 0.51

Met langafstand skiet gaan dit nie altyd oor trajek nie maar windskuif is baie belangrik. As mens die data hierbo gebruik wen die 123gr met minder val en minder windskuif as die 140gr ... as die BC waardes geglo kan word.

Re: 260 AI

Posted: Fri Sep 12, 2014 7:42 pm
by bertie
hi arnold
ek het nou gaan kyk na die 123 smk en sien hul bc is .510 so dit is net onder die cc, maar nou sit ek en dink, hoe word bc gemeet en wie meet dit? menende meet sierra nou hul eie bc en hul kan min of meer se wat hul wil?
groete
Bertie

Re: 260 AI

Posted: Fri Sep 12, 2014 8:58 pm
by Arnold
Ja, hulle bereken heel moontlik hulle BC en kan dit aandui as enige iets. Ek glo nie die 123gr Nosler se BC is 0.51 nie aangesien die 123gr Sierra se koeël meer vaartbelyn is en dieselfde BC weergee.

Bryan Litz gee die Sierra 123gr se BC aan as 0.509, maar hy gee ongelukkig nie die Nosler se BC nie. Die Nosler 140gr gee Bryan weer aan as 0.55 so dit is hoër as wat geadverteer is.

Bryan Litz meet die koeëls se BC so ek sou eerder op sy BC waardes werk.

Re: 260 AI

Posted: Sat Sep 13, 2014 7:11 am
by bertie
ja nee as mens die 2 punte so kyk lyk dit dam of die smk beslis biki hoer bc moet he as die cc.
baie dankie vir die trugvoer word wardeer.
groete
Bertie

Re: 260 AI

Posted: Sat Sep 13, 2014 8:09 am
by Smitstertjies
Arnold wrote:Onthou Bertie het gesê sy loop is 28" lank en hierdie is baie belangrik vir die data wat ek volgende gaan gee

Met die 28" loop sal jy die 140gr Nosler akuraat teen +-2850 fps kan skiet met 'n geadverteerde G1 BC van 0.529
die 123gr sal hy teen so 3100 fps kan skiet met 'n geadverteerde BC van 0.51

Met langafstand skiet gaan dit nie altyd oor trajek nie maar windskuif is baie belangrik. As mens die data hierbo gebruik wen die 123gr met minder val en minder windskuif as die 140gr ... as die BC waardes geglo kan word.
Arnold baie waar wat jy se. Ek het gou vinnige som op QL gedoen. Volgens jou syfers hierbo gaan 140 gr Nosler op 500yards 16 inches skuif met 10mph dwarswind en die 123gr gaan 14.5 inches skuif

Re: 260 AI

Posted: Mon Sep 15, 2014 10:09 am
by Riaan Kriel
Dankie Arnold - Ek het nie die bc syfers gehad nie en gesien die Somchem/Denell boekie gee nie eers 'n 260 REM se ladings aan nie. Dit maak nogal logies sin as jy al die gegewens het.

Strelok gee ongeveer dieselfde gegewens as wat Smitstertjies hier wys.

Dankie vir julle insette, ek leer nogal baie hier!

Re: 260 AI

Posted: Mon Sep 15, 2014 10:15 am
by andre007
bertie wrote:more almal

Ek kom vra gou raad by die mense wat ken.

Ek gaan binne kort vir my i 260AI laat bou, maar daar is paar goed wat ek oor wonder.
loop vat ek i 1:8 draai en hy is 28 lank maar nou wonder ek of ek nie dalk moet langer gaan nie of is 28 voldoende.
en wil langafstand skiet so dit is tot 1000m.
dit word op i rsa L aksie gebou.
die punte wat ek wil skiet is 140gr nosler cc
enige raad sal waardeer word.
Groete
Bertie
Bertie ek wou die ombouing op my 1 RSA aksie laat doen, n paar wapensmede het gesê nie n probleem het om die ombouing te doen nie maar mens sukkel glo met voerprobleme as jy hom laat ackley

Re: 260 AI

Posted: Mon Sep 15, 2014 11:05 am
by Arnold
Andre ... met 'n enkelskoot aksie het mens wynig voer probleme ...
Met 'n Rem700 aksie en die 260 AI gaan jy probleme hê om daai doppie te voer. Hiervoor werk 'n centrefeed magesyn baie goed, soos die wat Accuracy International maak.

Re: 260 AI

Posted: Mon Sep 15, 2014 7:34 pm
by bertie
ja nee hy sal nie voer uit die normale musgrave magesyn nie maar as mens 'n geweer bou wat 7kg plus weeg maak dit nie saak om enkel skoot te skiet nie. Die geweer is maar vir teiken skiet en daai ou groot makoue daar ver in die canola lande.
groete
bertie

Re: 260 AI

Posted: Mon Sep 15, 2014 9:55 pm
by LRLaubscher
Bertie, jy is nou by die regte adres!!!
Skiet ook 260AI en is in die wolke.
Jy kan maar luister na Arnold, het self ook alles so ondervind!

Jy gaan wel effe beter doen met sierra 142gr matchking teen 2850 of Berger hybrid teen selfde spoed.
Dis of hulle of 123gr SMK of 123gr amax. Dit bly maar die beste punte vir die lang skote.
Amax sal natuurlik makoue op thunder tot 500m!!

Re: 260 AI

Posted: Tue Sep 16, 2014 6:49 pm
by bertie
dankie LR, is leker om te hoor eks op die regte pad. as mens so baie geld spandeer wil mens nie later spyt wees nie. so terloops, hoe beskikbaar is die 123 amaxe?
groete
bertie

Re: 260 AI

Posted: Tue Sep 16, 2014 8:04 pm
by Arnold
Ek weet nie hoe beskikbaar die A-Maxe is nie, maar kyk ook na die 123gr Lapua Scenar wat n hoë BC het. Los asb die 123gr SMKs vir my ;)