Page 1 of 1
Waarmee oefen mens?
Posted: Mon Jul 21, 2014 12:15 pm
by Proudprado
Ek het so bietjie meer as 'n week gelede in die Karoo gejag en gesien dat ek meer moet skiet. Baie meer. Maar dit raak nogal rof met Peregrine punte, selfs met die "goedkoper" nie-jag koeƫls.
Wat beveel julle aan vir redelike akkuraatheid? Frontier (R3400/1000) of iets soos die Game Kings teen so R500/100?
Ek sal graag hou by 150g in die .308 en sal voor die jag maar weer terugval op die Peregrine. Hierdie is nie vir "van-die-bank-af" skiet nie ... eerder van stokke af etc. om wat ek in die veld mag kry na te boots.
PS. ek was nogal beindruk met die Peregrine se werkverrigting. Ek skiet swak (soos julle seker kon aflei) maar het min skade gehad in die sewe bokkies wat ek getref het.
Re: Waarmee oefen mens?
Posted: Mon Jul 21, 2014 12:44 pm
by BLOK
Probeer dalk n .177 kaliber. Ek het n blikkie in die ver kant van die gebou waarin ek werk opgehang en amper elke dag skiet ek hier uit my kantoor na die blik. Afstand is seker so +-25meter en aan die begin het dit maar swaar gegaan. Deesdae skiet ek hom raak skoot vir skoot liks of regs om vryhand of dooierus. Ek glo mens hoef nie noodwendig met n jag geweer skiet te oefen om beter te kan skiet nie. Alles gaan oor die aanle asemhaling en konsentrasie.
Gaan kyk maar baie van die top skuts soos Piet Breedt byvoorbeeld hoe oefen hulle met n windbuks. Ek weet Piet het al genoem dat voor kompetiesies hy by hom in die huis se gang aand vir aand oefen.
Re: Waarmee oefen mens?
Posted: Mon Jul 21, 2014 12:48 pm
by Pvdw
Verseker sal ek 'n pcp of .22 oorweeg. Skiet letterlik 1000de skote met hylle deur die jaar as jy kan en oefen jou tegniek met dit. Sodta die jag naderkom kies jy goedkoper ammo vir die baan en jou 308. Pas presies dieselfde tegniekke toe as met jou .22 en jy sal verbaas wees hoe jou skietvernuf verbeter het.
Met dit wat jy spaar op 308 ammo koop jy lag lag 'n nice 2de handse .22 of pcp.
Re: Waarmee oefen mens?
Posted: Mon Jul 21, 2014 12:50 pm
by Proudprado
Dankie, dit maak sin.
Re: Waarmee oefen mens?
Posted: Mon Jul 21, 2014 4:25 pm
by Forester
Hoe gemaak met 'n windbuks in 'n woongebied?
Re: Waarmee oefen mens?
Posted: Mon Jul 21, 2014 5:30 pm
by Pvdw
Hoe gemaak met 'n windbuks in 'n woongebied?
Mag nie geskiet word nie, einde van die storie!!
Jy kan seker skelm uit jou kombuis uit skiet as jy wil.
Re: Waarmee oefen mens?
Posted: Mon Jul 21, 2014 5:31 pm
by Pvdw
Hoe gemaak met 'n windbuks in 'n woongebied?
Mag nie geskiet word nie, elnde van die storie!!
Jy kan seker skelm uit jou kombuis uit skiet as jy wil.
Re: Waarmee oefen mens?
Posted: Mon Jul 21, 2014 5:32 pm
by PWV
Forester243 wrote:Hoe gemaak met 'n windbuks in 'n woongebied?
Skiet in jou huis se gang soos Piet Breedt! Sluit net alle deure wat toegang tot die gang verleen!

Re: Waarmee oefen mens?
Posted: Tue Jul 22, 2014 10:21 am
by Capt. Yoda
Daar is n 50m pellet skiet rage by Northcliff country club waar klomp manne elke week skiet en oefen.
Re: Waarmee oefen mens?
Posted: Tue Jul 22, 2014 10:57 am
by Proudprado
Ek was al so een of twee keer daar in my veldskiet dae, dankie.