Page 1 of 1
Aanhou van blesbokke
Posted: Fri Jul 18, 2014 3:24 pm
by BennieO
Wie het ondervinding daarvan om Blesbokke aan te hou in dieselfde kamp of langs kampe met skaap, bees en perde.
Ek oorweeg om so paar Blesbokke aan te hou maar is al gewaarsku dat die neus vlieg/wurm wat by Blesbokke gekry word moeilikheid met die skape en perde kan maak.
Enige idee oor dit?
Die ande opsie is takbokke, wat se tipe heining is nodig om hulle binne te hou, ek weet Blesbokke is maklik. Op die stadium het ek 1.5m heining wat skape binne hou en is besig om dit te elektrifiseer ook.
Dankie
Bennie
Re: Aanhou van blesbokke
Posted: Fri Jul 18, 2014 5:05 pm
by johans
bennie hier as al 50jaar+ blesbokke op die plaas tussen skaap,bees en perde.nog nooit probleme gehad nie.weet nie of dit van streek verskil nie
Re: Aanhou van blesbokke
Posted: Sun Jul 20, 2014 6:00 pm
by Wayne
I have found that my stock get sore eyes when running in the camp that has blesbuck. Never knew what was causing it until i mentioned it to a friend, and he said that he has the same problems.
Re: Aanhou van blesbokke
Posted: Mon Jul 21, 2014 8:32 am
by BLOK
Die seer oe wat deur hartbeeste en blesbokke veroorsaak word is gewoonlik net vir n kort rukkie van die jaar, meeste mense wat ek weet die diere saam beeste laat loop skuif net vir die betrokke maand of so hul beeste na n ander kamp.
Re: Aanhou van blesbokke
Posted: Mon Jul 21, 2014 4:49 pm
by 222
BLOK wrote:Die seer oe wat deur hartbeeste en blesbokke veroorsaak word is gewoonlik net vir n kort rukkie van die jaar, meeste mense wat ek weet die diere saam beeste laat loop skuif net vir die betrokke maand of so hul beeste na n ander kamp.
Daai seer-oë is gewoonlik gedurende die somer-maande. Gewoonlik is die hoof oorsaak daarvan die muggies, my bees loop saam met die Blesbokke en ek he die probleem net in die somer gehad, nou rus die kamp in die somer en die bees gaan soontoe in die winter
Re: Aanhou van blesbokke
Posted: Tue Jul 22, 2014 7:45 am
by BennieO
Dankie sover aan almal. Indie mens die bokke en vee sou skei, wat se afstand tussen die twee sal voldoende wees?
Re: Aanhou van blesbokke
Posted: Tue Jul 22, 2014 9:17 am
by Dawie Malan
Bennie
Daar is 'n tesis geskryf deur iemand by Onderstepoort wat reken dat die blesbok se muggies loopoog by perde veroorsaak. Die tyd toe ek perde gehad het, het ons baie daarmee gesukkel en hulle het saam met blesbokke geloop.
Groete
Dawie Malan
Re: Aanhou van blesbokke
Posted: Tue Jul 22, 2014 9:20 am
by BennieO
Dankie Dawie.
Dan lyk dit my ek sal maar die idee van my moet los. As my bokke probleme moet veroorsaak vir my vrou se perde het ek moeilikheid.
Groete