Page 1 of 1

Leupold VX1 2-12x40

Posted: Thu Jul 17, 2014 2:00 pm
by mustangsa
Dagse almal

Ek het bietjie begin eksperimenteer met ladings en koeels op my .308 en 9.3x62 wat maak dat ek redelike verstellings op die y-as van my teleskoop moet maak (agv snelhede) tussen greinverskil koeels. Ek het tans 'n Leupold VX1 2-12x40 LR Duplex op my 9.3 maar die nadeel is dat die teleskoop se verstellings met 'n munstuk gemaak moet word (geen probleem as jy bv altyd slegs PMP 286gr gaan skiet en nie nodig het om gereeld vir elevasie hoef te stel nie), maar dit help om die clicks te kan tel en dan 15 clicks op of 20 clicks af kan stel op grond van die lading-kaart wat ek saamstel.

Ek het gedink om 'n VX2 aan te skaf wat click verstellers het en wil graag hoor of daar behoefte is aan so tweedehandse VX1 - steeds lewenslange Leupold waarborg en goeie koop vir 'n man wat boks-ammo gaan skiet :)

Wat se julle?

Groete

Re: Leupold VX1 2-12x40

Posted: Thu Jul 17, 2014 5:13 pm
by Carel Kolesky
sal belangstel?prys

Re: Leupold VX1 2-12x40

Posted: Fri Jul 18, 2014 9:46 am
by mustangsa
Dagse

Ek sien S&O se nuwe prys is nou R5150 vir die 4-12x40 Duplex.

Ek moet verskoning maak, hierdie is ook 'n 4-12 vergroting, nie 'n 2-12 vergroting nie, ek het verkeerd getik...

Hoe klink R3000? Sonder die ringe...

Re: Leupold VX1 2-12x40

Posted: Fri Jul 18, 2014 2:50 pm
by Carel Kolesky
hoe oud is scope?Stuur asb fotos van werklike scope na csk@absamail.co.za of plaas hier

Re: Leupold VX1 2-12x40

Posted: Sat Jul 19, 2014 4:48 pm
by Carel Kolesky
Nou wat nou?

Re: Leupold VX1 2-12x40

Posted: Mon Jul 21, 2014 9:51 am
by mustangsa
More manne

Die teleskoop is so 6 tot 7 jaar oud.

Re: Leupold VX1 2-12x40

Posted: Mon Jul 21, 2014 10:04 pm
by Carel Kolesky
Het jou ge-pm