Page 1 of 1
Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Wed Mar 02, 2011 4:47 pm
by Arnold
Ludwig wrote:
Het enige iemand dalk vir my data vir Rhino koeels vir Quickload. Ek het nog weergawe 3.2 van Quickload en ek verneem dat die nuwe weergawe, 3.6, Rhino koeels se data bevat? Dit sal baie gaaf wees as iemand dalk vir my die Rhino.bul file kan email groot asseblief. Dis so lekker om van Arnold en Wout se Black Magic metode gebruik te maak om ladings uit te werk, maar dis baie frustrerend as mens nie die koeels se regte data het nie ???
Email sommer vir Rhino en vra, as jy dit gekry het kan jy dit sommer vir aanstuur asb ;)
(Wouter, het dit dan seker?)
Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Wed Mar 02, 2011 9:02 pm
by Stefan764
Manne ek weti of ek skeel kyk nie, maar my QuickLoad 3.6 het ook nie die Rhino data op nie??
Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Wed Mar 02, 2011 9:36 pm
by Jagtersdok
Dit is nie daar op nie stef
Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Thu Mar 03, 2011 8:10 am
by Geno
Is die Trophy Bonded Bearclaw nie dieselfde of naby aan Rhino nie?
Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Thu Mar 03, 2011 8:48 am
by Stefan764
Hys ooki op QL nie....
Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Thu Mar 03, 2011 5:14 pm
by Jagtersdok
Ludwig jy kan daai data gaan uitwerk deur die koeel op allerande plekke te gaan meet
Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Thu Mar 03, 2011 7:12 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne
Ja dit is reg version 3.6 het dit ook nie. Ek gebruik Swift A Frame en beskou dit die naaste aan Rhino. Dit is jammer dat Rhino nie op is nie aangesien hulle dalk die grootste Suid Afrikaanse vervaardiger is. Sal so bietjie naforsing doen en terug laat weet.
Groetnis
Wout
Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Thu Mar 03, 2011 7:50 pm
by Jagtersdok
Dankie Baas Wout
Mens kan ook altyd op jou staat maak

Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Fri Mar 04, 2011 9:09 am
by Stefan764
Moet ons nie sommer die Rhinos toets ook nie??

Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Fri Mar 04, 2011 9:16 am
by 300Winmag

Gooi !!
Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Fri Mar 04, 2011 9:41 am
by Wouter Roets
Ludwig
Wat se Kobus hoekom verskyn sy goed nie op QL nie? Sal interessant wees om die uitslae te hoor!
Lekker toets kerels, ek wens ek was daar.
Groete
Wout
Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Fri Mar 04, 2011 9:44 am
by Stefan764
Nou ry maar so deur! Jou gastekamer is hoeka reggemaak!

Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Fri Mar 04, 2011 9:52 am
by Frederik
Hoeveel kos die Quickload program klink of dit handig te pas sal kom.
Hoop julle kom reg met die rhinos en kry lekker lading met die 180's ek weet van iemand wat so lading baie sal waardeer.
Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Fri Mar 04, 2011 11:27 am
by Arnold
Ludwig wrote:
Dankie Wout, Kobus van Rhino het toe teruggekom na my toe met die BC wat volgens hom "omtrent .300 is" vir die 180gr 308 Solid Shank. Die enigste ander worry is daai "Initial Pressure waarde" wat Quickload soek. Ek het maar vir die Standaard Moly Jacketed koeel gegaan met Quickload se aanbevole waarde, maar die Rhino is nie regtig een van die 3 moly opsies nie. Dis nie 'n "Moly Jacketed" koeel nie, ook nie 'n "Soft Solid Brass" nie ook nie "Solid Copper" nie. Ek gaan vanmiddag die Rhino koeels toets saam met Stefan en sal dan seker sien hoe akuraat my duimsuigery waardes vir die Rhino koeels was.
Ek sou vir die Rhino eerder die waarde vir solid copper gebruik ...
Re: Quickload data vir Rhino koeels
Posted: Fri Mar 04, 2011 4:28 pm
by Jagtersdok
Vir my 500ste post as ek dit nie mis het nie.
Quickload gee vir jou aan omtrent watse snelheid jy moet kry om daai node te slaan en jy moet gaan aanpas wat die bullet travel distance is en al die ander dinge.
Tog moet jy jou geweer eers opwerk. Vat 10 rondtes begin by min gegewe lading volgens die boek. Laai dan 0.5gr uitmekaar uit in elke rondte tot jy 0.5 van max af is wat die boek s? en nou begin jy 0.3 laai. Jy laai die TPL wat jy wil gebruik met jou uiteindelike lading
Sit die rondtes nou in klein koeler box met niks anders in nie, gebruik dit net as isolasie om die elemente uit te hou. Gaan skiet hulle oor chrono en kyk wat maak jou geweer met daai spesifieke batch kruit en koeels SKRYF DIT NEER
Nou kan jy sien watse gewig kryt jou max is en ook by watter kryt gewig jy die Node sal slaan soos QL dit uitgewerk het.
Nou het jy VEILIG 'n lading OPGEWERK