Page 1 of 1

Vortex Crossfire ii 4-12x50 BDC, waarde vir geld??

Posted: Wed Jul 16, 2014 2:30 pm
by Bosloper
Het net gewonder of enige manne miskien 'n Vortex Crossfire ii 4-12x50 BDC het en my kan se hoe hy perform?
Ek gaan dat een van my vriende vir my een van die States af saambring en hy werk my relatief goedkoop uit, om eerlik te wees 2195ZAR, is dit waarde vir geld? Ek wil hom op my nuwe marlin XL7 in .270 win sit ?

Re: Vortex Crossfire ii 4-12x50 BDC, waarde vir geld??

Posted: Wed Jul 16, 2014 9:54 pm
by Trommel
Ek het 'n 3-9 x 40 op my .308 en hy werk soos n bom. Eye relief is seker die beste van alle scopes.

Re: Vortex Crossfire ii 4-12x50 BDC, waarde vir geld??

Posted: Thu Jul 17, 2014 2:34 pm
by Cobus(Cobb)
Bosloper wrote:Het net gewonder of enige manne miskien 'n Vortex Crossfire ii 4-12x50 BDC het en my kan se hoe hy perform?
Ek gaan dat een van my vriende vir my een van die States af saambring en hy werk my relatief goedkoop uit, om eerlik te wees 2195ZAR, is dit waarde vir geld? Ek wil hom op my nuwe marlin XL7 in .270 win sit ?
Ek het een op my 243, jakkals geweer, dis maar rerig 'n intree model maar ek het nie erge pyne met hom nie, hy is helder genoeg, hou sy zero(ek is maar rof met hom in die bakkie).
Hou nie van sy weerkaatsing in die oogstuk as die son laag sit nie. Paralax verstelling kan pla in die aand, ek hou hom maar net op so 150m.

Cheers

Re: Vortex Crossfire ii 4-12x50 BDC, waarde vir geld??

Posted: Sat Jul 26, 2014 7:09 pm
by Swys14
vir klein bietjie meer sal ek eerder vir die Diamondback reeks gaan.

Re: Vortex Crossfire ii 4-12x50 BDC, waarde vir geld??

Posted: Thu Sep 25, 2014 11:59 am
by Cobus(Cobb)
Net weer kom vertel oor Vortex se diens:

My sunshade het verloor iewers....bel vir prys, R700......R600+ by S&O....vir 50mm stukkie swart alluminium pyp met tread.....
Bel Vortex self, vra vir 2e handse een....hoor niks van hulle vir so week.
Kry vandag email om te sê my nuwe(brand new, in die boks) shade is in die pos, geen koste!!!!

Waar wil mens vir meer vra??

Re: Vortex Crossfire ii 4-12x50 BDC, waarde vir geld??

Posted: Thu Sep 25, 2014 5:49 pm
by henning
Cobus(Cobb) wrote:Net weer kom vertel oor Vortex se diens:

My sunshade het verloor iewers....bel vir prys, R700......R600+ by S&O....vir 50mm stukkie swart alluminium pyp met tread.....
Bel Vortex self, vra vir 2e handse een....hoor niks van hulle vir so week.
Kry vandag email om te sê my nuwe(brand new, in die boks) shade is in die pos, geen koste!!!!

Waar wil mens vir meer vra??
Hell Cobus ek is bly vir jou, dit wil gebeat word.
Ek het ook n Vortex scope en dit gee mens baie gemoedsrus.

Groete
Henning

Re: Vortex Crossfire ii 4-12x50 BDC, waarde vir geld??

Posted: Fri Sep 26, 2014 11:30 am
by GERT vd M
Niks fout met daai Diamondback scopes nie. Ek het twee en sover nog geen problem nie

Re: Vortex Crossfire ii 4-12x50 BDC, waarde vir geld??

Posted: Fri Oct 10, 2014 6:39 pm
by Reloader270
Ek het een op my .270Win gehad en dit het perfek verstel en die strepies werk fantasties.

'n Pel het my 'n skoot met sy 300win mag met Zeiss teleskoop gegee. Hy het my aangesê om op die 2de stepie onder die kruishaar te mik. Ek het gemik en die gong het geswaai.

Toe dink ek my .270Win kan dit mos ook doen. My geweer met dieselfde Crossfire was op 100m ge-zero met 150gr Hornady IB's. Ek het kans gevat en ook met die tweede strepie onder die kruishaar op die gong gemik. 1.... daar gaan die gong. 2.... daar gaan die gong. 3.... daar gaan die gong weer. Dit was so lekker en maklik.