Page 1 of 1

22-250 watter maak

Posted: Tue Mar 01, 2011 4:55 pm
by Hunter xxx
Manne

Ek en Bradley is amper in die self te bootjie. Ek het wel besluit wat ek gaan koop maar watter fabrikaat.
Howa; Ruger, Tikka; Rem

Gee julle 2c

Hoekom en Waarom.
Image

Image

Re: 22-250 watter maak

Posted: Tue Mar 01, 2011 5:05 pm
by Monrique (SJ)
Ek sal gaan vir die Howa, baie goeie waarde vir geld en staan geensins terug vir die ander roere nie! ;)

Groetnis

Re: 22-250 watter maak

Posted: Tue Mar 01, 2011 5:13 pm
by DSBW
Ian

Koop 'n GWG, chinese behoort so iets te maak, as hulle 'n GWM kan maak.

Re: 22-250 watter maak

Posted: Tue Mar 01, 2011 5:27 pm
by JOHANNIC
Wel almal is goed die vraag is seker waarvan jy die meeste hou?
Dis mos maar n persoonlike ding,al daardie fabrikate skiet akkuraat :angel:

Re: 22-250 watter maak

Posted: Tue Mar 01, 2011 6:09 pm
by Francois Marais
Ian

Koop n Howa, beste waarde vir geld.......

Mooi loop
Francois

Re: 22-250 watter maak

Posted: Tue Mar 01, 2011 6:15 pm
by Ponkie
Hunter

Uit 'n student se oogpunt sal ek Oom ook die Howa aanbeveel! Dis in my oe 'n baie goeie aksie vir die prys wat mens betaal!

Sodra my bevoegdheid goedgekeur is gaan ek vir my 'n 260Rem koop in die Howa maak!

Groetnis
Ponkie

Re: 22-250 watter maak

Posted: Tue Mar 01, 2011 7:59 pm
by Kalahari
Hunter xxx

Nou sal ek seker maar vir my roer moet opstaan ;). Ek het nie van die ander make ondervinding nie, so my aanbeveling sal seker bevooroordeeld wees, maar ek kan regtig nie kla van tikka nie, swaar geweer om mee rond te loop, maar is gekoop vir stoelskiet en hier in die kalahari jag man maar van die bakkie af, die asem en tyd raak te min vir die loopjag, so die gewig pla nie. Akuraatheid is goed genoeg vir my, sommer oor bakkie se bonnet met gekoopte norma ammo 'n 15mm groep gekry op 100m.

Maar die besluit en die budget is joune, jy is die man wat die roer ga mee skiet.

Sterkte met die besluit en ek glo jy sal op die einde met JOU keuse tevrede wees.

Voorspoed

Kalahari

Re: 22-250 watter maak

Posted: Tue Mar 01, 2011 8:06 pm
by Dawie
Savage?

Re: 22-250 watter maak

Posted: Tue Mar 01, 2011 9:18 pm
by fanie17
Die duurste wat jy kan bekostig

Re: 22-250 watter maak

Posted: Wed Mar 02, 2011 8:05 am
by herley
Hunter xxx

Ek het toe ook maar besluit op die Tikka 22-250 want ek het gister met Hentu van die Gun Shop gepraat en hulle het toe nie .243 geship nie dus vat ek die 22-250 maar baie manne het gese ek sal glo nie spuit wees nie. As ek kan se sal ek se gaan vir die Tikka.

Bradley

Re: 22-250 watter maak

Posted: Wed Mar 02, 2011 8:26 am
by Raven
Manne,

Howa is goed, maar ek is mal oor Tikka, en as jy nagjag, worry jy nie veel oor druppeltjies of nattigheid op jou kolf.

Howa is net so swaar, as dit nie dalk swaarder is as Tikka nie, en Tikka het die gladste aksie wat ek in 'n lang tyd gevoel het.

Howa sien ek meer as 'n bakkie geweer - min fieterjasies en skiet reguit. Maar ons almal pas mos ons gewere op, so as jy mooi kyk na jou Tikka....

Gaan na die geweer winkel en houvas die geweer, voel hom, bekyk hom, en die een wat die lekkerste voel, koop hom.

Re: 22-250 watter maak

Posted: Wed Mar 02, 2011 8:44 am
by Jeagermeister
Ian,

Mos darem ander aand my opinie gelig, net om dit offisieel hier te stel.. Die Howa met die dik loop.. vir die reentjie sit jy hom die sintetiese kolf op..

Ek kan net met lof van my 243 praat..

My stuiwer in die armbeurs..

JM

Re: 22-250 watter maak

Posted: Wed Mar 02, 2011 9:05 am
by Wouter Roets
Hallo Manne

Die meeste roere hier onder bespreking is goeie gewere wat hul self al bewys het deur die tyd, selfs die Howa al was dit onder n ander fabrikaat se naam. Iemand het vinnig iets daaroor gese en dit is seker die belangrikste as dit by skiet kom en dit is; Die een wat vir jou die beste pas! Ja jy kan vir enige geweer n ander kolf laat opsit om n pasprobleem op te los maar dit veroorsaak ekstra onkostes. Jy koop mos juis die kaliber vir verder skote en om die kaliber se potensiaal ten volle te laat realiseer. n Geweer wat jou soos n handskoen pas veroorsaak dat jy net stukke beter skiet!

Groete
Wouter

Re: 22-250 watter maak

Posted: Wed Mar 02, 2011 9:45 am
by DSBW
Ian

Onthou net, die nuwe geweer gaan nie help om die springbok kompetisie in die Namib te wen wat jy laas so sleg verloor het nie.

Jou Vriend

Re: 22-250 watter maak

Posted: Wed Mar 02, 2011 1:27 pm
by Bonzai
Hunter,

ek skiet nou al vir meer as 'n jaar met 'n 243 Howa swaarloop....ek waarborg jou hy is baie akkuraat....ek het Saterdag weer 'n 25mm groepering op 200 meter geskiet...ek het intussen hom verander na 'n 243 Ackley wat nog meer voordele het as die 243Win.

Sterkte

Nauta

Re: 22-250 watter maak

Posted: Wed Mar 02, 2011 7:12 pm
by KSV
Dawie,

Skerp mater skerp!

GWM - gay white men
GWG - g  w    gun

Ian,

Wil ook so paar Z$ gooi vir wat dit mag werd wees?

Gaan toets almal wat jy kan kry as die dollars nie 'n opsie is nie. Belangrikste is jou teleskoop. Hy is veronderstel om meer as die roer te kos. "As jy nie kan sien nie, kan jy nie skiet nie" Oom Hein se eie woorde.

Maak mooi!
Hein

Re: 22-250 watter maak

Posted: Wed Mar 02, 2011 11:23 pm
by erx
Daar is net 1, Ruger No.1

Re: 22-250 watter maak

Posted: Thu Mar 03, 2011 8:21 am
by Hunter xxx
Dawie Blaauw wrote: Ian

Koop 'n GWG, chinese behoort so iets te maak, as hulle 'n GWM kan maak.
Baie dankie MR Blaauw jy is seker n Suide Boer. ;D ;D

Re: 22-250 watter maak

Posted: Thu Mar 03, 2011 8:40 am
by Hunter xxx
Dawie Blaauw wrote: Ian

Onthou net, die nuwe geweer gaan nie help om die springbok kompetisie in die Namib te wen wat jy laas so sleg verloor het nie.

Jou Vriend
Dawie jy is reg die beker staan nog by my huis. HaHaHa :D :D
Ons sal dit seker hierdie jaar moet weer doen.
Groete
Ian

Re: 22-250 watter maak

Posted: Thu Mar 03, 2011 8:56 am
by Hunter xxx
Manne

Dankie vir insae ek sal maar vandag weer gaan kyk. Dit gaan net n jakkals geweer wees so hoop ek :angel:.

Want ons almal hou van verskillend goed, soos (Dawie hou van Swart [glow=red,2,300]toffie[/[/glow]b])  vir my gaan dit oor hy moet kan skiet,

Dink n paar jaar trug toe hulle die nuwe Hilux uit gebring het, dink ekdit was die lelikste bakkie op die mark en baie mense het ook so gese maar hy ry.



n mens raak lief vir hom later.

Groete
Ian

Re: 22-250 watter maak

Posted: Wed Mar 09, 2011 7:04 am
by Piet Breedt
Hunter, ek is bevoorreg om altwee te h?, in verskillende kalibers (.22 250 Howa, en .25 06 Tikka). Hulle het altwee n hond uit n bos geskiet van die rak af. Hulle het al 2 n heeltemal verskillende gevoel en daarom sal ek aanbeveel dat jy maar hulle in die hand moet vat en voel watter een pas by jou. Die Tikka se kolf is nog die oorspronklikke sintetiese een wat my baie goed pas, en die Howa se plastiese kolf doen lankal diens as krieket bat ?rens anders.

Ek het een van die heel eerste Howas gewen in n kompetisie, en het maar gedink dit is n "Jap scrap" geweer, totdat ek met hom geskiet het. Watter "eye opener" was dit nie. Behalwe vir die kolf, is dit regtig n goeie waarde vir geld geweer. Ek moet s? dat die Howas wat vandag beskikbaar is, baie beter kolwe het as die een waarmee myne uitgekom het.

Altwee my gewere het nou ook Jewel snellers op, nie omdat die fabrieks snellers sleg was nie, maar omdat die Jewel so lig gestel kan word soos wat ek wil. Ek hou maar van n ligte sneller.

Die Remington gewere is deur die jare al bewys as goeie akkurate gewere, en wat ek baie van hulle hou, is dat ek n Jewel sneller sommer self kan insit, sonder enige geweersmit kostes. Dit neem ongeveer 10min om dit te doen.

So daars hy, nou het ek jou nog meer deurmekaar.

My aanbeveeling sal wees, Koop wat jou hart vir jou s?, anders gaan jy altyd wonder. Nie een van hulle sal jou terleur stel nie.

Re: 22-250 watter maak

Posted: Wed Mar 16, 2011 8:01 am
by D4D
Hunter
Ek het my .22-250 Howa so `n paar dae terug gekry en het hom gister gaan toets en moet se dat hy baie akkuraat is moet nog net vir hom `n ordentlike lading kry dan sal hy loop soos stroop.

Re: 22-250 watter maak

Posted: Thu Mar 17, 2011 4:40 pm
by Hunter xxx
Manne Baie Dankie vir jul insette.
Ek het toe die 22-250 Ruger gekoop die pryse was goed.
En hulle se ek sal +- 6weke wag vir n nuwe loop vir hom as hy uit geskiet is.
Dit tel ook seker punte.
Ruger se dien naverkoop dien is baie goed.
As iemand verkil taal my weet.
Groete
Hunter ;D

Re: 22-250 watter maak

Posted: Thu Mar 17, 2011 6:01 pm
by Dawie
Hunter xxx wrote: Ek het toe die 22-250 Ruger gekoop die pryse was goed.
En hulle se ek sal +- 6weke wag vir n nuwe loop vir hom as hy uit geskiet is.
Ek skiet van 2004 af met een,  dieselfde loop,  en hy skiet nou nog reg,  hou net die stof uit sy sneller meganisme ;)

Cheers

kojak