Page 1 of 1

Vortex

Posted: Sat Jul 12, 2014 11:14 am
by Speelmansjagter
Middag.
Kan julle wat weet dalk met my deel: Hoe is die vortex scopes se ''tracking''. Is die turrets staal op staal en baie vertroubaar?

Re: Vortex

Posted: Sat Jul 12, 2014 6:13 pm
by Hein22
Ek het die pst reeks en hy track 100% Die turrets click ook lekker duidelik.

Re: Vortex

Posted: Mon Jul 14, 2014 6:28 pm
by archer
+1 vortex werk en stel lekker.

Re: Vortex

Posted: Tue Jul 15, 2014 7:52 am
by william007
Ek het ook n Vortex hy is super sal nie fout maak nie

Re: Vortex

Posted: Fri Jul 18, 2014 12:06 pm
by Reghardt
Ek het ook een in die PST reeks. Baie tevrede!!!! Ek gaan ook binnekort my lynx op die 308 vervang met die 6-24x50 PST. Tracking is 100% en ek het die MRAD verstelling.

Groete

Re: Vortex

Posted: Fri Jul 18, 2014 12:18 pm
by Louis Kriel
Ek het n Viper HS 4-16x44. Hy verstel presies en lyk of hy sy zero hou.

Re: Vortex

Posted: Fri Jul 18, 2014 12:22 pm
by dawiec
ek het die Vortex Viper 6.5-20 x44 BDC....stunning scope...en verstel op 'n tikkie...jy kan maar koop!

Re: Vortex

Posted: Fri Jul 18, 2014 3:17 pm
by Louis Kriel
Ek ruil jou Dawie!

Re: Vortex

Posted: Fri Jul 18, 2014 3:32 pm
by dawiec
Louis Kriel wrote:Ek ruil jou Dawie!
Louis jy sal dit baie like ne! lol!

Re: Vortex

Posted: Mon Jul 21, 2014 8:18 pm
by Speelmansjagter
Dankie manne. Help baie

Re: Vortex

Posted: Tue Aug 19, 2014 1:11 pm
by johan1
jag ook nou scope en dink al hou meer en moet die vortex ding doen, ek het nou my 243 laat Ackley en wil die bushneel met daai dik kruishare afhaal.

Re: Vortex

Posted: Tue Aug 19, 2014 3:07 pm
by Skywalker
Ek het die Vortex Viper HS LR 4-16x50 baie tevrede. Ek het 2 naweke terug self oor die tracking gewonder en van waar my scope op 100m gezero is het ek hom 4 clicks regs gegee en n skoot geskiet en toe 2 clicks op (windage 1/4''@100y en elevation 1/2''@100y) en n skoot geskiet toe weer 4 clicks links toe weer 2 clicks af. Hy het presies weer gezero en ek het n mooi blokkie geskiet, en dit was sommer pmp patrone gewees.

Re: Vortex

Posted: Tue Aug 19, 2014 5:41 pm
by GERT vd M
Ek het 2 Vortex Diamond back scopes. Dit is nou wel seker maar die intree vlak modelle maar prysgewys gaan min hulle klop
Groetnis
Gert

Re: Vortex

Posted: Wed Aug 20, 2014 2:49 pm
by Swys14
Ek het self onlangs ook my arsenaal toegerus met Vortex Vipers (PA 6.5-20x50, HS 4-16x50 en PST 4-16x50). Dis werklik gehalte produke. Dis PST is my gunsteling.

Re: Vortex

Posted: Wed Aug 20, 2014 2:50 pm
by Swys14
GERT vd M wrote:Ek het 2 Vortex Diamond back scopes. Dit is nou wel seker maar die intree vlak modelle maar prysgewys gaan min hulle klop
Groetnis
Gert
niks fout met daai diamondback scope nie, ongelooflike waarde vir geld. ek het self so ene op my 7x57 maar hy gaan binnekort verkoop word op plek te maak vir die Viper.