Nuwe lid
Posted: Fri Jul 11, 2014 1:59 pm
Goeie dag jagtersvriende! Nuut op die forum en hoop om baie uit hierdie forum te ontvang en van myself te gee. Ek is vanjaar 50 jaar oud, kom van Namakwaland (Kleinzee se wereld, daar naby Springbok), ondersteun my plaaslike skiettak hier op Vredendal en is lief vir skiet en jag (veldmens soos hulle mos se).
Skiet met .308 (Musgrave) en .243 (Savage) kalibers my groot en my klein bokke. Hier in Namakwaland en die Boesmanland waar ek gewoonlik jag is dit gewoonlik oop vlaktes, so ek is gewoond ver skiet.
Tans is my jagplekke uitgedun, so ek sal bly wees as iemand wat weet van jagplekke in Namakwaland of die Boesmanland my sal laat weet van iemand wat laat jag sodat ek die persoon kan kontak. Ek kan gekontak word op 084 517 0161 of e-pos my by johan.muller@za.tronox.com
Hoop om net die interressante van jag en skiet uit te leef .