Page 1 of 1
Nuwe 270 watter teleskoop?
Posted: Fri Jul 11, 2014 9:57 am
by Bosloper
Goeie dag manne, man wil bietjie hoor die meer gesogte jagters as ek
wat is die beste nuwe "goedkoop" telskoop vir my nuwe Marlin xl7 in 270 win
ek begroot tot op so 3500?
Wat is julle gevoel oor die Vortex Crossfire ii 4-12x50 DH-BDC?
kan hom kry vir 3300?
Enige raad sal waardeur word, is daar dalk iemand is wat kan help
met 'n lekker lading ook vir hornady se sst 150g
Baie Dankie
Re: Nuwe 270 watter teleskoop?
Posted: Fri Jul 11, 2014 10:14 am
by Ockert1992
Môre Bosloper,
Jy kan ook kyk na die Rudolph V1 3-12x 50.
Ek oorweeg hom nou vir my .270. Ek het tans n 3-9 rudolph op en baie tevrede met hom.
Vir algemene jag is 3-12 vergroting voldoende.
Groete
Ockert
Re: Nuwe 270 watter teleskoop?
Posted: Fri Jul 11, 2014 10:30 am
by Bosloper
@Ockert
Weet jy miskien wat is die prys klas en weet jy dalk of die Rudolph 'n mil dot kruishaar(of iets soortgelyk) het?
Hier by ons wei die trek springbokke op so 60km/h en kom tot stilstand op enige iets van 300 af dit is die enigste rede vir die kruishaar met mil dot?
Laai jy self vir jou 270? Kan jy miskien jou ladings met puntgewigte met my deel?
Re: Nuwe 270 watter teleskoop?
Posted: Fri Jul 11, 2014 11:11 am
by Ockert1992
Bosloper,
Mens kan hom kry vir so rondom R4000 en hy kom met die T3 of T2 kruishaar. Sien onder vir hoe die T3 lyk. Ek skiet met die TS ene.
Ek het nie ladings vir 150gr punte nie. Ek skiet tans 130 gr SST en nosler BT. Spoed is so rondom 3000fps. My lading is taamlik warm met my roer. So ek gaan nie hom vir jou gee nie. Jy kan op somchem se website gaan kyk vir 'n riglyn (
http://www.somchemreload.com/search?c=8&f=36) Dan begin jy onder en werk stadig op.
Ek hoop dit help.
Groete
Ockert
Re: Nuwe 270 watter teleskoop?
Posted: Fri Jul 11, 2014 11:25 am
by Bosloper
Dankie vir al jou raad Ockert sal def na hom kyk!
Re: Nuwe 270 watter teleskoop?
Posted: Fri Jul 11, 2014 11:34 am
by Ockert1992
Dis 'n plisier!
Re: Nuwe 270 watter teleskoop?
Posted: Fri Jul 11, 2014 8:11 pm
by Jamma
Ek het die FFII 4.5-14x42 op my 270 en sal jou se hy werk soos n droom!! Skiet gereels met hom en hy werk!!
Re: Nuwe 270 watter teleskoop?
Posted: Fri Jul 11, 2014 8:17 pm
by Rudi Fischer
Wat van die Nikon Monarch 4-16x42
R5200
Re: Nuwe 270 watter teleskoop?
Posted: Fri Jul 11, 2014 11:04 pm
by matewis
Jamma plus 1. Werk vir my ook.
Re: Nuwe 270 watter teleskoop?
Posted: Mon Jul 14, 2014 7:53 am
by Bosloper
Dankie vir al die raad manne, die Vortex is al klaar oppad het die naweek een geskiet en was baie tevrede! Sy eye relief is vir my beter as die Lynx wat ons ook geskiet, het glas laat ook meer lig in?