Page 1 of 1

Slagdop keuse.

Posted: Mon Feb 28, 2011 7:31 pm
by Pvdw
Ek het vandag weer so 'n bietjie rond gebel en met 'n skok agter gekom dat PMP se slagdoppies en 'Virgin brass" loshande die duurse is. Dis nou by die winkels wat ek gebel het.

PMP LR primers so romdom R60/100 :P :P
Win LR primers so rondom R40-45/100

Ek weet dat PMP Magnum primers is en dis wat ek wil vra.

As julle manne nou begin speel met 'n nuwe lading, hoe besluit julle op 'n slagdoppie? Standaarg of magnum ??? ???

Ek het op die net gekyk en die algemene opinie is dat alle vlokkie en staaf kruit onder 60gr standaard slagdoppies benodig en bo 60gr magnums.
Dan weer ALLE bal vormige kruit ongeag die lading moet magnum slagdoppies kry.

Maak dit vir julle sin of moet ek weer gaan surf?

My rede vir die vraag is dat ek beide my 303 en 30-30 met 341 wil laai  en dat ek die slagdoppies dieselfde wil hou. Ek wil graag Win SD gebruik want ek is sommer net vies vir PMP wat als so duur aan ons locals verkoop.

Peet

Re: Slagdop keuse.

Posted: Mon Feb 28, 2011 7:51 pm
by Arnold
Dit is belaglik. Ek kon nou Nosler custom competition koeels goedkoper kry as wat ek PMP se 155gr .308 kon kry  :-X

Jou navorsing is reg, balkruite soek 'n warmer vlam om konstant aangesteek te word. Gewone primers kan dalk hoe spreads op die spoed gee, nie dat dit seker gaan saak maak op die afstande waar jy daai kalibers gaan gebruik nie (mens soek tog steeds maar die beste).

Re: Slagdop keuse.

Posted: Mon Feb 28, 2011 8:03 pm
by Pvdw
Dankie Arnold.

So vit eers bly ek by die magnum primers.

Ek weet nie meer met PMP nie :-\ :-\ :-\ 50 303 doppe is so R450-480. Win doope kom in van oor die see, vervoer en belasting word betaal en dan kos dit so R420-450/50 ??? ???

Is hulle net besig om ons te rook of wat gaan aan?

Peet

Re: Slagdop keuse.

Posted: Tue Mar 01, 2011 7:16 am
by Stefan764
Pvdw wrote:
Is hulle net besig om ons te rook of wat gaan aan?

Peet
Peet

Ek weet ons dwaal nou eintlik seker bietjie van jou topic met die slagdoppies af, maar ek vind dieselle met PMP. n Man kan dan Winchester en Hornady ammo koop vir basies dieselle prys as PMP. En so ook herlaaikomponente, soos jy tereg se.

Ek dink PMP weet daar is ouens wat hulle produkte sal gebruik, maki saak watter prys nie. En ongelukkig is ons self baie keer ook deel van daai ouens... As jy nie doppe kry nie en jy moet NOU koop, wat vat jy? Jy vat die wat op die rak is en klaar. Jy het mos NOU die goed nodig!! En wat is gewoonlik op die rak? PMP....

Dink maar as jy by n drankwinkel instap. Of n bottel Bells r129 of r149 kos, koop sal jy hom maar koop, hoe moet n man maak?? Jy gan tog nie in jou mouter spring en na die volgende dorp toe ry nie? Selfde met PMP. Hulle pryse is so (dink ek) oor hulle beskikbaarheid...

My moerige 2c, nes joune en Arnoldus sn...

Stef

Re: Slagdop keuse.

Posted: Mon May 02, 2011 8:57 pm
by Flip Fouche
Watter slagdop vir .22 Hornet?


Flip

Re: Slagdop keuse.

Posted: Tue May 03, 2011 7:18 am
by blaser
JA DIE HARTSEER IS DAT IN DIE VSA DOPPE SPOT GOEDKOOP IS
N PEL HET VIR MY RUGER 204 DOPPE TEEN 10  DOLLAR TEEN 100 SAAMGEBRING


NOG MEER HARTSEER JY KAN PMP PRODUKTE GOEDKOPER IN VSA KOOP AS HIER

EK SAL WRAGTIG F K OL VAN HULLE KOOP NIE

Re: Slagdop keuse.

Posted: Tue May 03, 2011 10:51 pm
by erx
Hi Pvdw

Hoekom wil jy met 341 laai? Net 'n vragie.

Groete
erx

Re: Slagdop keuse.

Posted: Wed May 04, 2011 6:29 am
by Pvdw
erx ek laai reeds S341 in my 30-30 en ek skiet onder 1" met hom en trompsnelheid is mooi konstant. Die 30-30 met sy kort loop en loopbande is maar tempramenteel. Ek wil graag by dieselfde dryfmiddel bly vir beide gewere. Drukke met S341 is ook laer as jy dieselfde trompsnelheid as S335 kry.So verstaan ek. Dus laer druk selfde ft/s en ek het net 1 blik in die kas om van te kies.

My jongste(13) het Maandag 3 groeppe van 3 skote oor 100m met die 303 geskiet. 1 Lading met S335 en 2 verskillendes met S341 40.5 en 41.5gr, al 3 groeppe was onder 1".Dus is groepering vir eers nie 'n probleem met S341 nie. Trompsnelhede verskil ook baie minder met S341 as met S335.

Re: Slagdop keuse.

Posted: Wed May 04, 2011 6:51 am
by Gerhard
flip wrote: Watter slagdop vir .22 Hornet?


Flip
Flip,

Ek gebruik small rifle primers vir my Hornet.

Re: Slagdop keuse.

Posted: Wed May 04, 2011 8:16 am
by tripodmvr
Het nou onlangs Russiese slagdoppies aangekoop in Magnum grootte. (Prys R360 per 1000). Rooi pakkie met M op. Die resultate lyk baie goed sover op 3 kalibers. Gaan nog eksperimenteer.

Tripod

Re: Slagdop keuse.

Posted: Wed May 04, 2011 8:18 am
by blaser
TRIPODMVR

waar het jy gekoop

Re: Slagdop keuse.

Posted: Wed May 04, 2011 3:53 pm
by BLOK
Met so gevaarlike naan seker toe hy by famielie gaan kuier het in Rusland. ;)

Net n grap ek kon nie daai een laat verbygaan nie.

Blok

Re: Slagdop keuse.

Posted: Thu May 05, 2011 5:12 am
by tripodmvr
Plaaslik in Vereeniging by Champions Gun Shop. Die manne het hulle ook in pistole gebruik met goeie resultate.

Tripod

Re: Slagdop keuse.

Posted: Thu May 05, 2011 7:09 am
by blaser
dankie
hier in pta kry jy omtrend geen klein geweer slagdoppies nie

Re: Slagdop keuse.

Posted: Thu May 05, 2011 8:05 am
by Stefan764
remington wrote: dankie
hier in pta kry jy omtrend geen klein geweer slagdoppies nie
Toemaar daai dae is apmer verby mater....  ;)