Page 1 of 2

Verkyker

Posted: Tue Jul 08, 2014 7:57 am
by Ockert1992
Môre Manne,

Ek hoop julle kan help. Ek is in die mark vir 'n lekker verkyker vir algemene gebruik. Ek het net finaal met my laaste voorsit jag besluit ek is nou moeg vir die gesukkel om heeltyd met teleskoop die wereld te bekyk. 'n Verkyker sal net baie lekkerder werk en dis 'n handige ding om te hê.

Ek kyk tans na die Rudolph verkyker(Ek het reeds 'n Rudolph teleskoop en is baie tevrede met hom), hy het 'n baie goeie prys en die waarna ek gekyk het, was ek baie tevrede mee. My budget is so rondom R3000. Watter ander sal julle voorstel? Is hier enige iemand wat 'n Rudolph het?

Dan watter een moet 'n mens vat 8x42 of 10x42?

Ek luister na wat julle te sê het.

Groete
Ockert

Re: Verkyker

Posted: Tue Jul 08, 2014 8:01 am
by BRNO (Pierre)
Oorweeg gerus die Nikons ook. Regtig baie mooi helder glase vir hulle prys.

Re: Verkyker

Posted: Tue Jul 08, 2014 8:09 am
by Eugene
Die Vortex verkykers hoor ek ook net goeie goed van, maar kan jou ongelukkig nie help met pryse en reekse nie.

Ons plaaslike geweerwinkel het ook 'n paar Ultra Optics wat nie sleg lyk nie en wat se beeld en helderheid my nogal verbaas het!

Re: Verkyker

Posted: Tue Jul 08, 2014 8:17 am
by Dries101
Leupold acadia 8x42- as jy rondshop gaan jy hom onder R3000 kry- ek het n paar gekoop so 4 jaar terug vir R1200 nuut- regtig smart goed.

Re: Verkyker

Posted: Tue Jul 08, 2014 8:24 am
by Jaco vdW
Ek stem saam mer BRNO (Pierre) - kyk gerus na die Nikon Monarch reeks. Ek het self een, en hy werk baie goed. In terme van waarde vir geld is hy moeilik om te klop vir die optika wat jy kry.

Wat vergroting betref, sou ek sê 10x42, veral as jy hom wil gebruik tydens voorsit skiet, dan help daardie bietjie ekstra vergroting baie. Enige iets meer as 10x raak nogal moeilik om stil te hou sonder n rus.

Re: Verkyker

Posted: Tue Jul 08, 2014 9:29 am
by Ockert1992
Dankie vir die terugvoer. Ek sal bietjie rond loer en maar iewers bietjie na hulle gaan kyk en dan kyk waar ek die beste prys kry. Dalk moet ek wag tot Huntex einde September. Daar behoort weer 'n paar lekker specials te wees.

Re: Verkyker

Posted: Tue Jul 08, 2014 9:34 am
by Smitstertjies
Ockert, as jy bereid is om te gaan tot 4.5k kyk na die Steiner 10x42. Safari het hom op special nou. Sy normale prys is naby 7k.

Uitstekende verkyker.

Re: Verkyker

Posted: Tue Jul 08, 2014 9:38 am
by Hugov
Die Steiner Skyhawk Pro 10x42 teen R4400 is ongelooflike waarde vir geld, Jy sal nie n dag spyt wees nie.

Groete H

Re: Verkyker

Posted: Tue Jul 08, 2014 9:42 am
by Carl
Ockert
Ek sien jy is in die WP, so dis meestal oop wêreld jag of dan Clifton se 4de strand waar jy wil mooi kan inzoom op die teiken.
10X werk goed in so toepassing, maar jy moet onthou jou veld van sig is kleiner. Maw as die meisie 10tree van jou opstaan, gaan jy haar nie maklik in die lense kry nie. Jy moet ook besef dat die 2x meer vergroting betek jy moet die verkyker stiller hou. Die maak die oë moeg as jy lank deur 'n bewerige beeld staar - groot springbok ram 15 duim + of iets anders 34B+. Jy raak soms effe see siek.
8X is die mees algemene vergroting en selfs die voëlkykers (die met vere en vlerke) beveel dit aan. Dit is effe ligter. Natuurlik die beste opsie vir Bosveld.
Belangrikste is dat jy "Roof Prism", waterdig of bestand, Nitro filled moet insluit in jou besluit.
Ek gebruik Nikon Monarch, en is baie tevrede. Opties absoluut niks fout. Ek dink net die fokus knop se weerstand is bietjie sag.
Koop een van daai bra-strap harnasse om die VK vas te maak. Baie beter as die fabrieks band.
Nikon Sporter ook abie goeie opsie vir sy prys.

Re: Verkyker

Posted: Tue Jul 08, 2014 10:05 am
by Frederik
+100 vir dier Nikon Monrach 10x42 dit het gehelp om baie bokke in swak lig en ruigte bos te kan skat van trofees ek is al op my tweede een.

Re: Verkyker

Posted: Tue Jul 08, 2014 10:09 am
by kopskoot
Hugov wrote:Die Steiner Skyhawk Pro 10x42 teen R4400 is ongelooflike waarde vir geld, Jy sal nie n dag spyt wees nie.

Groete H

Hi Hugo

Weet jy dalk waar mens een kan kry?

Re: Verkyker

Posted: Tue Jul 08, 2014 10:18 am
by Hugov
kopskoot wrote:
Hugov wrote:Die Steiner Skyhawk Pro 10x42 teen R4400 is ongelooflike waarde vir geld, Jy sal nie n dag spyt wees nie.

Groete H

Hi Hugo

Weet jy dalk waar mens een kan kry?
Ek sal dubbel moet seker maak Mnr Headspace....... maar ek dink Safari and Outdoor het nog so paar.....

Groete H

Re: Verkyker

Posted: Tue Jul 08, 2014 10:24 am
by Ockert1992
Carl wrote:Ockert
Ek sien jy is in die WP, so dis meestal oop wêreld jag of dan Clifton se 4de strand waar jy wil mooi kan inzoom op die teiken.
10X werk goed in so toepassing, maar jy moet onthou jou veld van sig is kleiner. Maw as die meisie 10tree van jou opstaan, gaan jy haar nie maklik in die lense kry nie. Jy moet ook besef dat die 2x meer vergroting betek jy moet die verkyker stiller hou. Die maak die oë moeg as jy lank deur 'n bewerige beeld staar - groot springbok ram 15 duim + of iets anders 34B+. Jy raak soms effe see siek.
8X is die mees algemene vergroting en selfs die voëlkykers (die met vere en vlerke) beveel dit aan. Dit is effe ligter. Natuurlik die beste opsie vir Bosveld.
Belangrikste is dat jy "Roof Prism", waterdig of bestand, Nitro filled moet insluit in jou besluit.
Ek gebruik Nikon Monarch, en is baie tevrede. Opties absoluut niks fout. Ek dink net die fokus knop se weerstand is bietjie sag.
Koop een van daai bra-strap harnasse om die VK vas te maak. Baie beter as die fabrieks band.
Nikon Sporter ook abie goeie opsie vir sy prys.
Carl, haha ja dis nou weer n ander aspek wat mens ook moet oorweeg. Ek juis iets met 'n lekker field of view, net om bokke te soek en te sien aankom. As hulle naby is skakel ek oor na teleskoop.

Maar die beste sal maar wees om na 'n paar te gaan kyk.

Re: Verkyker

Posted: Fri Jul 11, 2014 4:53 am
by JR68
Redfield 8x42. Baie goeie koop vir sy prys.

Re: Verkyker

Posted: Fri Jul 11, 2014 6:02 am
by Piet Breedt
Van almal hierbo genoem is die Steiner absoluut in n klas van sy eie, en soos gese is, is die special wat S & O nou op hulle bied, pryse van jare gelede en verreweg die beste verkyker wat jy vir daai geld kan koop.

Myne, n 8 x 42 is reeds oppad, en ek het n Nikon en Vortex ook.

Re: Verkyker

Posted: Fri Jul 11, 2014 7:27 am
by JTM
Ek sal uit my ondervinding ook die Bushnell Excursion 8x42 aanbeveel en ook die Vortex 8x42 as jy kan. Beide is "Roof Prism" tipes en as dit kom by die ontwerp moet ou maar daai effe extra betaal om die "Phase correction" lens bedekkings te kry saam met al die ander ten volle of multi bedekkings.

As jy uit die hand staan em kyk met 'n verkyker is die 8x 'n beter keuse. Ek persoonlik vind dit meer stabiel. Die 10x en groter wys daai effe bewetjie baie makliker uit.

Ek sien Zeis het nou die Terra reeks vêrkykers uit en dan die Steiners by S&O lyk na goeie kope.

Re: Verkyker

Posted: Fri Jul 11, 2014 8:38 am
by Ockert1992
Manne dankie vir al die waardevolle raad wat ek hier kry. Dit help sommer baie. Ek sal nou net iewers 'n plan moet maak om bietjie na hulle te gaan kyk.

Re: Verkyker

Posted: Sat Jul 12, 2014 2:48 pm
by Gawie(13mm)
Manne, ek is nou hoog ontsteld. Ek lees op hierdie draad van die Steiner verkykers wat op spesiale aanbieding is by die winkel op die hoek daar naby Stellenbosch. Ek spaar nou al 3 jaar lank al my verjaarsdag geldjies en ander meevallertjies vir so 'n "kom-kyk" stelletjie glase. Ek bel gister syntoe en die sentrale sit my deur na 'n man met 'n van vir 'n naam. Hy is heel behulpsaam en verstaan dadelik my behoeftes, maar nadat hy sy komper geraadpleeg het, deel hy my die slegte nuus mee dat die spesifieke stelletjie glase met die groen omhulsel wat ek soek al almal huis gekry het.

Hy verseker my egter dat die volgende modelreeks, wat so 'n effe hoor op sy pryslys is, nog beskikbaar is. Jou waarlik val dit nog binne my begroting en ek gee my besonderhede deur. Ek is nog nie halfpad met my lugfoon se nommer nie, toe vertel die man my waar ek woon en werk. Hy sê , die komper sê, ek is 'n "silent partner" by daai plek.Verbeel jou, ek met my groot bek: "silent". Ek laat dit maar gaan, want netnou is daai glase ook "uit voorraad".

Hy verseker my dat die pampiere klaar gedruk is en die glase onder die toonbank weggesteek is. Al wat ek moet dien is om die pers Mandellas te bring en my glase te vat.

Kyk ek is so opgewonde dat ek selfs my vrou in die mouter laai en oppad soontoe "stick" vir ontbyt. Net na nege stap ek en vroutjie daai kluis binne. Ek kyk nie links of regs nie. Ek beur net op met die trappe om by daai man met die van vir 'n naam uit te kom. Die man groet met die hand en ek is half skugter, want vroutjie moet nie agterkom van die aandele storie nie.

My nuwe glase word uit sy verpakking gehaal en ek word mooi verduidelik hoe alles werk en watter kant voor is. Vroutjie vra of dit die een is waarvoor ek so lank gespaar het. Ek sê nee, die is 'n beter een vir 'n goeie prys. Die man met die van vir 'n naam beduie ewe voorbarig dat hy 'n nog duurder model voorgestel het maar dat ek nie wou byt nie. Vroutjie vra of die model sal hou , want volgens haar trek ek alles deur my gat. As ek nie daarop trap nie, ry ek met die 4x4 daaroor. Ek verduidelik mooi vir haar dat ek met die 4x4 oor die een sal kan ry en dat ek oor die duurder een ook sal kan ry en dan oor hom kan terugstoot ook, maar dat ek nie daai funksie benodig nie.

Sy wil sien en kyk soos 'n wafferse skeepskaptein deur albei modelle. Ek maak ook of ek iets weet van verkykers en beloer ook die paklate teen die mure. Ek skrik my amper buite weste toe ek op 'n leeu op die oorkantse muur fokus. Die man met die van vir 'n naam raak nou voorbarig en wys vir vroutjie een van daai R24 000.00 modelle waarvan Oom Koos so baie hou. Ek vies my sommer, want sy vra of ek nie nog wil spaar vir die model nie. Ek vertel haar toe baie mooi dat teen die tyd wat ek klaar vir so een gespaar het, ek 'n mikroskoop sal moet gebruik net om te kan lees.

Ek loer weer deur my nuwe verkykerna die plakate en sien dat Rudolph 'n gawe swartwitpens platgetrek het op 'n prentjie teen die muur. Vroutjie bekyk die pampiere wat die man met die van vir 'n naam klaar gedruk het en vra ewe verbaas of ek weet wat die ding kos? Ek kyk nou na die bakstene teen die oorkantste muur en sê ewe kordaat R4 700.00. Daar wag 'n "moewiese serprise" vir jou, sê sy. Ek toets amper die glase en die toonbank se robuustheid met die neersit van die verkyker om die pampiere onder oë te kry.

WRAGTIES! Die pampiere sê R4 400.00.

Ek gryp die verkyker en vroutjie se hand en maak dat ek by die "till" kom voor die man met die van vir 'n naam sy fout agter kom. Ek gee die pers Mandellas vir vroutjie om te tel terwyl ek die verkyker in die boks probeer inkry. Sy tel en betaal en ons is by die trappe af en by die deur uit. Ek stoot aan na die mouter, maar besef tot my skok dat vroutjie nie op my hakke is nie.

O vrek! Die man met die van vir 'n naam het haar gevang. Ek oorweeg dit eers om aan te beur en telefonies vir haar losprys te onderhandel, maar my moed begewe my en ek draai terug. Jou werklik, daar staan vroutjie in die Indonisiese winkel besig om my kleingeld te spandeer. Ek "strip" heeltemal, maar besef gou dat ek daai geld in elke geval op die verkyker sou spandeer.

Dankie vroulief. Dankie S&O en dankie Nel vir jou vriendelike diens en goeie raad.
IMG-20140712-WA0000.jpg

Re: Verkyker

Posted: Sat Jul 12, 2014 3:21 pm
by Ockert1992
Gawie dit lyk sommer na 'n gawe verkyker. Watse model is dit?

Re: Verkyker

Posted: Sat Jul 12, 2014 3:40 pm
by Gawie(13mm)
Steiner, Cobra 8x42.
Hy is duidelik O0

Re: Verkyker

Posted: Sat Jul 12, 2014 4:09 pm
by douw
Gawie, nou het ek lekker gelag! Geluk met die verkyker!

Re: Verkyker

Posted: Sat Jul 12, 2014 4:24 pm
by Plaashaas
7mil

Lekker lag ek nou! Jy het guts om jou vrou S&O toe te vat.

Ockert1992

Gaan kyk gerus na die Bushnell Natureview reeks. Ek het die Elite en die Natureview getoets en daar is weinig verskil in specs of clarity tussen die twee. Die Elite kos egter oor die 10k.

Die Natureview het al die bells & whistles = Fully coated optics, BAK 4 roof prisms, N filled, Waterproof, ens. Hul focus baie maklik en die field of view is great. Hul is so R3500

Ek sal verseker die 8x bo die 10x aanbeveel maar kyk maar vir `n rukkie deur al twee oor `n lang afstand, nie net binne die winkel nie.

Ek het myne by Cape Union Mart gekoop want hul aftersales service is die BESTE.

Groete
3004605001000.jpg

Re: Verkyker

Posted: Sat Jul 12, 2014 8:10 pm
by Kubus
Kerels, ek wil die gesprek in n goedkoper rigting stuur. ek praat nou nie van ouens met onbeperkte buersies nie. Jou gewone man, wat nog eers by vroulief ook moet verbykom. Die tipiese vrou wat baie lief is vir wildsvleis en biltong, maar ook liewer is vir lewendige diere. Die een wat jy sagkens moet aanraak as jy n naweekjag wil beplan. Speel sommer!!!!
Ernstig, ek was in die mark vir n nuwe verkyker. Met die ouderdom het die nodigheid van n bril ingetree, en ek kon net nie n verkyker kry wat nie swart kolle maak nie. Vra ons brildraers, ons ken dit. Ek het baie verkykers voor my oe gehad, van die duurstes tot goedkoperes.
Loop toe eendag n Ranger 8x42 raak (lynx maak as ek dit reg het) sit hom voor my oe en waaragtig, geen kolle nie, helder ens,ens,ens.
Vir R1600.00 die beste verkyker waardeur ek nog gekyk het, geskik vir die man met n budget. Twee van my brildraende pelle het na hul eerste kykslag, vir hulle ook gaan koop.
Dag maar net ek plaas dit, en kan dalk ander ou help.

Re: Verkyker

Posted: Mon Jul 14, 2014 12:45 pm
by PWV
Wragtag, ek het vanoggend die voorreg gehad om deur daai Steiner van Gawie te kyk. Natuurlik nie voordat ek die chirugiese handskoene moes aantrek om nie die apparaat vuil te smeer nie.
As Fanta my nou nie so gerook het met daai koeëls wat ek by hom gekoop het nie, sou ek ook een kon bekostig! ;)

Geluk, Gawie. Geen verskoning as jy nou soos 'n blinde mol deur die veld struikel nie!

Re: Verkyker

Posted: Mon Jul 14, 2014 12:48 pm
by Ockert1992
Gawie ek sien op S&O se website daardie model wat jy gekoop het kos R4400. Lyk my dis die 10x42 model wat R4700 kos.